This is where it all starts...

Friday, 30 December 2011

Why are people trying to assassinate your baby?

Hey, Hi! Jis...daar is so baie om te vertel en so baie tyd om dit te vertel! Het julle geweet dat regtige WIT mense kan nie tan nie. FYI...Daai is nie 'n racist comment nie. Ek le nou al die afgelope week en 'n half elke dag in die son en al wat tan is my bolyf. My onderlyf is nog altyd snow white. Ek lyk soos twee verskillende mense.

True story.

Anycase...so paar weke terug staan ek in Checkeers se ry en daar staan twee tannies voor my met een MAL trollie. En hulle staan en klets vir 'n vale en die tannie haal amper my oog uit soos sy beduie! En mens wil mos nou nie luister nie, maar die tannie praat so hard dat my ore outomaties luister. En die een tannie begin toe praat oor hoe ongelooflik lief sy haar kind het...ek het maar aangeneem dis 'n nuwe kind. En wat toe my oor vang is to sy beginne praat oor hoe sy enige iets al doen vir haar kind, en as enige iemand haar kind seermaak sal sy nie verantwoordelik gehou word vir haar dade nie. Sy sal hulle doodmaak!

 Dis verskriklik!

Toe gaan sy verder om te beduie dat sy voor 'n kar sal inspring om haar kind te red. Toe strike dit my net...hoekom probeer almal die vrou se kind assassinate? Is die kind baie belangrik? Wat wat? Het amper die tannie huistoe agtervolg om die kind te bekyk.

Het gefigure dis bietjie creepy.

Julle moet 'n amazing sonskyn dag beleef!

Spread the gospel! Jesus loves you!

Be kind!

Smile!

=> 

Wednesday, 23 November 2011

Name tags...

Jis...as ek nou daaraan dink het ek mos lanklaas iets kom post! Ekt nou die dag so gery, en petrol is nogal belaglik duur, so ekt maar meeste van die tyd net gefree en net wanneer ek regtig moes, petrol getrek. Nou wanneer ek bored is like ek dit om draaie te gaan ry. Nou dis aansienlikk beter om in die Kaap draaie te ry as in Vredendal, want hier is meer as 3 strate. Toe ry ek so verby daai open house bordjies, en dit tref my. Ek MOET gaan kyk na die huis. Hulle het mos gewoonlik free food daar. En ek gaan kyk toe.

En weet julle wat is duurder as petrol? Eiendomsagente. I think it is safe to say hulle is rowers. Elkgeval ek spin toe 'n lekker storie, kry die laaste happie kos en daar skiet ek weer. Gaan stap toe in Tygervallei rond, op my eie, gaan daar by Cardies in en ek sien daai sleutelhouertjies wat mense se name op het . En ek kyk altyd na daai goedjies, want my naam is nooit daar nie. Toe wonder ek, wie besluit wie se name gaan op sleutelhouertjies geprint word en hoekom is Bertha NOOIT OOIT op daai lys nie. Nie dat ek een wil koop nie. Ek wil ook net vir 'n slag my naam daar sien.

En toe die ander dag kyk ek vir Cow and Chicken. Hoekom wys hulle nooit die ma en pa se gesigte nie? Toe dink ek daaraan, julle weet daai road runner mannetjie...wat de hel praat hy? Dis heeltyd beep, beep. Nooit sense nie. En hoekom het Tarzan nie 'n baard nie. Daai brother is al 300 en het nog nie eers puberty bereik nie. Dis bad people, waarheen gaan die nasie?

En ekt so gewonder oor daai rock, paper, scissors game. Waar in jou lewe gaan 'n papier 'n klip wen? Kom ek gooi jou met 'n klip dan keer jy met 'n papier en dan kyk ons wie wen...

Daai was net random thoughts. Ek dink nog altyd dat renosters is overweight unicorns. Watch. Its gonna be a thing!

Ok, lekker dag!

Be kind en gee soveel liefde uit as moontlik. Dis goed vir die siel!

Later.

=>


Tuesday, 4 October 2011

In case of an emergency...

Wat 'n LEKKER vakansie. Vredendal is die enigste plek in die wêreld waar jy jou eie kop kan eet van boredom. Dis verskriklik. En die mense is enig in hulle soort. Ek staan gister in Shoprite. Daar staan 'n man agter my tik aan my skouer en vra my hoeveel is Labola. Nou ek is speachless, sê net eksuus? Hy sê ja, hy wil weet, want hy wil my koop. Ja, so asof mens net kan om gaan en mense koop so vir die lekkerte.

Hahahaha! Gister ook, sit ek so in die tandarts se kantoor en speel met die stoel se knoppies, is nogal fun om so op en af te sit en gaan. Wonder hoeveel so stoel kos...Mens sal lekker sit en movie kyk op hom. Al wat kort is daai massage function wat in daai fancy swart stoel by Game is. Jis daai stoel is legendaries! Making lazy people even more lazy...  

Jis...en ek sit so en dink. Daar op die vorms wat mens moet invul vir die hospitaal dinge. Daar staan "In case of an emergency contact..." En dan sit mense hulle ma's se name daar in. Waaaar wil jy wees? Ekt gefigure as daar 'n emergency is sou ek graag wou hê dat hulle die dokter moet bel. Wat gaan my ma doen? Langs my staan en vra of ek 'n pilletjie wil hê? Nee, bel die dokter...Nou fair enough as jou ma 'n dokter is dan is dit twee vlieë met een klap.  Ekt nogal gedink as jou ma naaldwerk skills het kan sy jou toewerk op 'n manier. Dis nou net as jy sou oop gaan op 'n manier. Sal nogal interessant wees.

Just saying.

Be kind! Love makes the world go round! Hahahaha!

=>




 

Friday, 2 September 2011

Intoxicated Miere en Lumberjack Noises...

Lees iewers dat 'n mier, wanneer dit dronk sal altyd omval op sy regterkant. Weird hé? Hoe weet "hulle" dit? Wie het dit bepaal? Hoe maak jy 'n mier dronk? En hoekom sal jy 'n mier dronk maak? Is dit diere mishandeling? Ek weet nie...

Mense is interessante wesens. Spandeer duisende rande om hulle huise insect-proof te maak, air-conditioning te install en al daai dinge en dan eet hulle in die tuin. Why? Dis altyd vir my cool om te sien hoe mense verander om by hulle tjommies in te pas. Dis vir my super lekker om in die mall te sit en na mense te kyk. Imagine hoe hulle sal lyk sonder neuse, party sonder ore. En ek moet sê party mense sal nogal daai looks af pull. Wil nog sien hoe lyk iemand met super elastic lippe. Just think. Dis hoekom ek giraffes love! Hulle het sulke lekker lippe! Ek sou graag wou weet hoe die skêr ontdek is...dit moes 'n interessante thought process gewees het. Lê en wonder nou...mense praat altyd van kamer temperatuur. Nou figure ek dit maak nie saak watter temperatuur die kamer is nie, dis kamer temperatuur. Né? Want dis 'n kamer en dis sy temperatuur. Dis mos nie die kamer se skuld as hy nie dieselfde temperatuur is al die ander kamers nie. Ons word dan altyd geleer van uniekheid en daai dinge. Kamer is nogal 'n weird woord. Sê dit baie namekaar. Insane.

Ek love taal. Gee mens iets om oor te praat. En die means om te praat. Anders het ons net heeltyd lumberjack en grotman noises gemaak. Dink net hoeveel misverstande sou daar gewees het...joh.

Anyway...happy days!

Be kind. Keep praying. The Lord knows your heart and what makes you tick.

Much love.

Tadala.

=>

Tuesday, 30 August 2011

A Simpler Time...And we Turned Ok. I Think.

Jis...sit en surf nou so deur die channels. Daar is absoluut niks op TV nie. DSTV is 'n flippen rip-off. Ek onthou 'n eenvoudiger tyd van net 4 kanale hê SABC 1-4. Daai was goeie tye. Die dae van Yo-Tv, met Sipho, Carly en Sadé. Toe hulle Teletubies, Sneeuwytjie en Heidi na mekaar gewys het. Amazing tye. Waar ons reg voor die TV op die mat gesit het met ons bo-lippies wat rooi is van te veel rooi koeldrank drink. Jaaa...those were the days. Die dae van video tapes en kassette in die radio. Powerangers en Ninja Turtles. Oh yes...

Nou sit en dink ek...daai was die legit superheroes. Kyk waarna moet die kinders nou kyk. Ben 10, Pokémon, Dragon Ball flippen Z. Nie eers Barbie is meer cool nie. Haha. Ek onthou toe ek klein was het ons Tazo's versamel. Wie onthou nog Tazo's? Die grootmense het gesê dis duiwels en die seuntjie in my graad 3 klas het Ash se oë uitgekrap, hom in sy space case gesit en was oortuig daarvan Ash klop aan sy deksel. Jis ek love kinders! Blerrie gullible! But so sweet...

En dan sonder waarskuwing...bam...verander hulle in hormonal moody little adults en innocence verdwyn soos mis voor die son. Ek dink as almal net terugkeer na daai klein mensie, even die president sal die nogal 'n cool plek wees. Just my thought.

Water is darem verskriklik nat.

Ek is op 'n 90 dag dieet sover het ek al 45 dae verloor. Yes.

Have a happy day! Be kind.

Glo soos 'n kind. Keep praying.

=>

Tuesday, 23 August 2011

I Was Thinking...

I was thinking...en dit gebeur nie te baie nie, want dis gevaarlik om te dink. Vra net vir Amerika wat gebeur het toe George Bush gedink het. Onnodige oorlog. People died. Not smooth.

Anycase...ekt hieraan gedink. Daar is mos deesdae ongelooflik baie verslawings. En mense raak verslaaf aan belaglike goed. Daar was 'n poppie op die Tyra show wat verslaaf is aan baba poeier...nie om dit te gebruik nie, maar te eet! Ek meen...waar wil jy wees?! So...toe kom ek tot die conclusion as iemand verslaaf is aan iets het hulle gewoonlik terapie nodig. Nou wat gebeur as mens verslaaf raak aan terapie? Wat maak jy dan? Word jy in 'n padded room gesit? I don't know! Maar ek sou graag wou weet. Het iemand al ooit gewonder hoe taal ontdek is? Dis so cool om hieraan te dink. Almal praat iets en daar is iemand wat die taal uitgedink het. Wonder hoe sou dit werk om 'n nuwe taal te stig. Is daar 'n komitee waarnatoe ek moet gaan? Jis...dit sal exciting wees. My eie taal. Imagine that! Taal is 'n weird woord. Sê dit baie na mekaar. En skema...skema is ook 'n weird woord.

Have a nice day!

Be kind. Keep praying and spread the Gospel.

=>

Friday, 19 August 2011

Observing in Checkers...gooi 'n oog daar!

Deesdae stap ek so in Checkers rond vir fun...ja my lewe is vol. Ek hou daarvan om die mense te observe en te sien hoe hulle die ervaring ervaar op hulle gesig. Daar stap so ou tannie met haar trollietjie en sy clutch haar handsak onder haar arm asof iemand haar geldjies gaan vat en sy strole op haar tyd...daar kom 'n antie agter haar ingestap wat haastig is en die kind wat aan haar hand vashou vlieg omtrent soos 'n ragdoll deur die lug soos haar ma haar trek. Daai vrou sug so toe sy agter die tannie kom dat sy die tannie se hele blomkool perm opmors. Haha...lag so in my mou.

Die interessantste ding is seker die mense wat staan by die toiletries rak. Daai mense staan en staar na die shower gels asof dit 'n election is. En dan, in slow-mo, reach hulle na die een wat hulle oog vang. En dan...man is dit 'n glorious union! Die smiles breek so een vir een uit. Dan dink ek...is dit wat jou gelukkig maak? R40 seep? En die bubblebath...daar is nogal 'n verskeidenheid. En hulle staan so voor dit, nederig, so as hulle die verkeerde een kies gaan die wêreld tot stilstand kom en almal gaan groen rokke dra. En dan cross die thought my mind...dit maak nie saak watter kleur jy koop nie, die bubbles gaan WIT wees. Lyk my nie hulle besef dit nie. En moet dit ook nie sê nie...jy sal doodgekyk word. True story.

Just a simple observation. Have a great day!

Be kind. Spread the gospel. You know you want to!

Tadala.

=>

Monday, 15 August 2011

Mense gaan as matrasse...

I was wondering. En die was al my Facebook status ook. Dis 'n snaakse ding, want ek kry nooit die antwoorde op my vrae nie. Ek sou dink dis oordat mense nie hou daarvan om oor kontroversiële goed te dink en praat nie. Ek kan aflei in statusse waarmee mense gemaklik is. Het ook al opgelet dat op Vrydae is almal statusse: "Dis Vrydag." of "It's Friday." Natuurlik. Daar's elke week 'n Vrydag. Die dag na Donderdag wat die dag na Woensdag is... Elke week. Letterlik. Is so. Snaaks genoeg niemand sê ooit: "Dis Dinsdag." nie. Vreemd...

But I was wondering mense wat lakens oor hulle trek...nou die normale notion is die mense gaan as spoke. Miskien, is nogal vir my weird, want dis mos presies hoe 'n spook lyk. Soos 'n laken. Dis moeilik om sarkasme in teks oor te dra. Baie. Maar kan dit wees dat die laken mense nie wil gaan as spoke nie, maar wel as matrasse? Dis tog normaal, want waar ek grootgeword het, en ek weet nie of dit oral so is nie, maar daar trek ons lakens oor matrasse. En die is nou net spekulasie. Gooi bloot 'n klip in die bos. Iewers moet die mense gehelp word. Get it right.

That's all folks.

Be kind. Keep praying. Spread the joy!

Tadala.

=>

Thursday, 11 August 2011

Multiple Personalities.

Ek kyk die nuus. Ja ek doen. Dit maak my nie 'n ou mens nie. Elkgeval...dis erg wat in Londen gebeur né? Die mense is besig om dit te verloor. Dan staan daar, Cameron gryp in...wat wil hy doen? Hy's nie in gevaar nie. Hy't 10 000 bodyguards om hom en 'n huis met 'n heining om wat groter as 'n tronk s'n is. Pff. Leef lekker in weelde né! Poli beteken "many" en tics beteken "blood sucking creatures"...think about it.

Buuut anyway...ek sit en dink die ander dag so oor multiple personalities. Nou ekt altyd gedink ekt meer as 1 persoonlikheid, want g'n mens kan so baie moodswings hê nie. Toe nie. Turns out, my siel moet net onderdanig wees aan my gees dan is ek gewax. It works i tell you! Maar ok, multiple personalities...ekt gedink as 'n persoon met meer as 1 persoonlikheid dreig om selfmoord te pleeg is dit dan nie 'n hostage situation nie? Of as so 'n persoon 'n bank beroof wie word aangekla? Ekt 'n stuk op Oprah gekyk, ja i know die Nuus en Oprah...belaglik. Daar was 'n vrou op wat 96 verskillende persoonlikhede gehad het! Dis crazy! Hoe hou jy kop? Ekt moeilikheid om net die een wat ek het te handle. En toe wonder ek ook, hoekom moet psychics jou naam vra? Think about it...en dis ook nie moontlik om 'n civil war te hê nie. Jy kan nie fight vir peace nie. Dit maak nie sin nie.

My brein gaan ontplof.

Curiosity makes the world go round. En die feit dat hy moet draai sodat ons dag en nag kan hê.

Have a nice day! Be kind! En glo soos 'n kind. En behou die kind in jou! Spread the joy.

Tadala.

=>

Tuesday, 9 August 2011

Gewaarborgde Messe en GewaarborgdeTupperware...Hoe nou?

Ek sit en dink nou so terwyl ek my lampie bou...ok, 1ste reël: moet nooit te ingedagte raak as jy met sharp objects werk nie en moet nooit met 'n broodmes deur staal probeer sny nie. You will get injured. Dit het gewerk though. Was seker nie legit staal nie. Wie weet...nie ek nie. Hoekom nie? Want eks nie 'n staalvervaardiger nie. Nog 'n ding, moet nooit koffie drink en 5 sente tel tergelyke tyd nie, die koffie gaan omval en deur die geld syfer en die reuk van koffie gemeng met koper is vieslik. Ek dink dis koper. Sal dit gaan Google.

Ok...maar dis off-topic. Terwyl ek so sit en sny dink ek aan daai Verimark ads. Ja i know...daai ou met die pan kop wat panne adverteer. Quite ironic. Soos as 'n ambulans jou omry. Anyway, so sit en figure ek. Dit mes is gewaarborg om deur ALLES te sny. Nou Tupperware is gewaarborg om NOOIT te breek nie. Nou...wat gebeur as ek die mes vat wat deur alles kan sny en die Tupperware sny? Ok, as die mes nie succeed nie dan is dit money back. Maar as hy die Tupperware breek dan kry ek money back op dit. Né? Think about it. As ek ook weer 'n tekort aan geld het sal ek dit oorweeg. Last resort. Daar is iets wat my ongelooflik pla met daai Verimark ads. Hulle sê altyd: "New and Improved!" as iets nuut is, dan is dit die heel eerste keer wat dit iewers verskyn. Dis nou so goed ek sê dis 'n nuwe ou mens. Vang julle? En as iets improved is dan dit nie meer nuut nie. Net miskien bietjie beter, want daar is lankal so iets in die openbaar. Get your story straight.

Dis wat my brein kielie vandag.

Ok! Have a good one!

Be kind en wees die lig in iemand anders se donker!

Spread the joy!

=>

Tuesday, 2 August 2011

Kreun soos 'n ouhout deur...

Ok ok...so ekt gisteraand hierdie fiksheidsklas bygewoon, of in my geval die lack of fitness klas. Die heeltyd wat ek soontoe ry is daai liedjie van Fergie in my kop. Fergalicious. Haha. Belaglik. En eks amped hoor, reg vir die ding.

Oh my soul...het iemand al verkeerdom hande 4 voet gedoen? Ekt dit al op die tv gesien en so, maar ekt gedink dis vir double jointed mense. Toe nie...ekt nie geweet my lyf kan sulke toertjies doen nie! Dis insane. Nou moet ek al die oefeninge doen, my maag intrek...wat elkgeval nie ingetrek lyk nie al is hy...en ek moet onthou om asem te haal. Later staan die aar in my nek so dat dit vir my voel daar gaan nog 'n mens uitspring en my gesig is ROOI, hy was 2 ure na die klas nogsteeds rooi. Seker die coolste ding van oefening doen is hoe mens voel die volgende oggend...ja...alles kreun en steun en dit klink soos 'n klomp ouhout deure wat gelyke tyd oop en toe gaan. Nes daai deure in die cowboy movies. Ek hou van cowboy movies...die hoedens, die bootse en die belaglike buckels. Nogal cool. Woody is die coolste cowboy...anyway even in my slaap ek kon nie myself sover kry om om te draai nie. Ekt heelaand met my gesig in die kussing gelê.

But in the end its all worth it. Ek sal een van die dae my voete kan sien. Hahahaha. Jokes. Ten minste het ek spiere wat kan seer wees. Yay.

Eat well, exercise and die away...hahaha.

Dink so daaraan. Dis nie vet nie, dis 'n potensiële spier. Ja I know...

Ok lekker dag. Hop, skip en jump. Be kind to strangers and keep on praying.

Tadala.

=>

Monday, 1 August 2011

Chonkies en Toothpicks.

Gisteroggend maak my brein my wakker. Het nogal lekker geslaap. Hy doen dit gereeld skree in my ore dan skrik ek groot hoor. Maar OK...ek lê en dis net oor China en Chinese mense en ek moet aan hulle dink en dis rys wat vlieg en dragons wat verby stap...Nogal crazy.

En ek weet die is 'n insane notion maar ek begin dink aan chopsticks. Jy weet, die gebruik daarvan en hoe ek dit nie kan gebruik nie. En hoekom hulle, al is daar al oerjare terug messe en vurke ontdek, nog altyd met houtstokkies wil sukkel...en dan kom die saying by my op, whatever floats your boat. En dan float daai gedagte ook weg.

Dan tref die gedagte my...kyk nou en hang vir 'n tydjie met my op die vraag. Ons ma's en pa's, maar hoofsaaklik ma's, het altyd vir ons gevoer met mini lepeltjies en vurkies en so. Dink dis vrek oulik dat ALLES van babatjies mini is. Van die mensie tot by die bedjie. VREK OULIK. Ja...

Elkgeval, ons was gevoer met mini lepels. Nou as 'n chinese ma haar chinese kind voer, wat gebruik sy? Toothpicks? Dit lyk tog soos klein chopsticks. En op watter stadium, maar meer belangrik HOE leer hulle daai klein chonkie om self daai stokkies vas te hou? Dit vat nogal skill ek moet sê. Ek haal my imaginary hoed af vir hulle.

Pondering...

Ek mis vir Pinky and the Brain.

Stukkie wisdom...jyt nie 'n parachute nodig om te skidive nie. Jyt wel 'n parachute nodig om twee keer te skidive.

Geniet die dag. Be kind. Spread the gospel.

=>

Friday, 29 July 2011

Swart en wit en grys met base.

Ek kyk vanmiddag vir Days Of Our Lives...ja i know shocking...vir 1 of ander rede, en ek weet nou nog nie wat die rede is nie, is die hele episode in swart en wit en grys. Die ouens se hare is in middelpadjies gekam...nie alle ouens kan daai look pull nie. Die ou wat Phillip speel looks like a lesbian in the navy, met kruisbande. Die vroutjies se hare is so mooi wavy soos wat Marilyn haar hare gehad het toe sy oor die vent gestaan het met haar wit rokkie. Persoonlik dink ek daai is weird. Why?

But anyway...soos ek nou die belaglike storie sit en kyk wonder my brein, why in the world would they have make-up on? Ek weet, ek weet...julle dink nou hoekom dink my brein in engels? Ek wonder ook daaroor. Maar ek dink daai is 'n legit vraag. Want vir 'n swart en wit en grys stuk vir die mense om make-up aan te hê is stupid...want dis swart en wit en grys. Niemand gaan dit sien nie. Ek dink nie dis goed dat mense sommer so in die lig op skiet nie, hulle kan 'n voël doodskiet. Behalwe base dis ok as die swart en wit en grys storie mense base aansit dan hou dit die vel mooi smooth. But otherwise...not so smooth.

Time to chill. Is baie lus om 'n boomhuis te bou.

Wil weer 5 wees.

Be kind!

=>

Wednesday, 27 July 2011

Die stemme in my kop mag dalk nie rêrig wees nie, maar hulle het 'n hele paar goeie idees.

Altyd in die magazines staan daar get your free gift. Dan laat dit my wonder van wanneer af is 'n gift nie free nie? Dis presies dieselfde as 'n ronde sirkel, van wanneer af is 'n sirkel nie rond nie?

En toe wonder ek verder kan mens gecorner word in 'n ronde kamer? Hoe sal dit moontlik wees? Haha. Het gisteraand gedroom 'n ninja en 'n pirate baklei. Nou eks all for ninjas. Hulle is tonne beter as pirates, those of you that disagree, 'n ninja is capable om 'n undercover pirate te wees, maar 'n pirate kan NIE 'n undercover ninja wees nie. Hy's te vuil. Maar elkgeval in die droom jaag die pirate die ninja en hulle eindig op in 'n ronde huis. Díe dat ek nou wonder oor die corner ding. Het julle al julleself wakker gelag? Dis so lekker, die mense in my onderbewussyn is belaglik snaaks. Hulle ken goeie jokes en vra altyd legit vrae wat mens lekker aan die dink sit. Soos die ander dag raak ek wakker en die een mannetjie in my slaap het gepraat hiervan. Om idees van 1 persoon te steel is plagiaat, maar om idees van baie persone te steel is navorsing. Né? Dit maak tog sin. Daai klein cowboy het 'n punt beet.

So...dit bring my by die conclusion. Stemme in jou kop mag dalk raas en aangaan, maar hulle verskaf beslis entertainment aan die vervelige deel van my brein.

Have a nice day. Be kind. Keep on praying...He's listening.

=>

King Kong se Edgars snuif...

Stap die ander dag in Edgars besig om 'n broek te soek. Almal wat my ken weet ek haat shopping. Eerstens is dit in 'n stowwerige mall met 'n gekappery wat deur my brein gaan en dan staan die siel wat mens moet help daar en snuif so dat King Kong sal skaam kry. En die 2 agter die till staan en klets vir 'n vale so asof die wêreld gaan eindig as sy nie nou die storie gaan klaarmaak nie. Oh ja...net 'n voetnota, moet nooit vir die till ladies vra of hulle tee saam die klets wil hê nie. If looks could kill...

Maar elkgeval, ek loop so en in elke mall is daar aanmekaar iemand wat my hande wil was of my naels wil buff. En hulle gaan altyd aan oor mens se vel. Probeer altyd die mense dodge...but they hunt you down. En hulle is soos Jack Russelltjies kêf, kêf die heeltyd hier om mens ekt so spesmaas hulle sal enkels ook begin byt as hulle desperaat raak. En daai buisie room wat R600 kos. Rêrig? Dit word blykbaar uit die dooie see gehaal en dan praat die vroutjie met haar aksent en goue bril my so deurmekaar dat ek heel confused is. Het gevoel ek wil die pen in haar oor druk.

Die hele bank vibreer as hier 'n kar verby ry. Dis weird.

Hoekom as 'n deur oop is dan is dit ajar, maar as 'n jar oop is dan is dit nie adoor nie? En hoekom beteken fat chance en slim chance dieselfde ding?

Mmmmm...

Be kind!

=>

Saturday, 23 July 2011

Die Woordfabriek en Microsoft is in Cahoots!

Sit en kyk so lekker deur die woordeboek...ja. Daar is belaglik baie woorde wat mens kan gebruik om slim te klink. En so paar om minder intelligent te klink. Die hele ding is, mens het nou al die duisende woorde, maar ons gebruik soos, as my kalkulasies korrek is, 50 van hulle...dis 'n rowwe skatting. Daar is baie goed wat 'n rol speel soos in watter dorp jy grootword, wie jou grootmaak, omring jy jouself met mense wat die woordeboek lees ensovoorts, en so aan.

But all that put aside...ekt so gesit en dink. As 'n woord in die woordeboek verkeerd gespel is, is dit dan verkeerd? En as dit verkeerd is, hoe sal ons weet? Ek dink dit is 'n geldige vraag! Die mense by die woordfabriek kan besig wees om HAT verbruikers vir 'n moewiese ride te vat. Ons dink ons spel reg, want dit staan so in die groot vet boek van woorde. Dan sit die mense by die woordfabriek en lag in hulle mou vir ons wat blog en ons statusse update. Hulle het 10 to 1 lankal Microsoft se spellchecker gehack en hulle settings verander sodat ons dink dit help ons om reg te spel. Daar is ook die moontlikheid dat die woordfabriek en Microsoft in cahoots is. Hulle wil die wêreld oorneem met hulle reg gespelde woorde. Ekt nog altyd so spesmaas gehad dat Bill Gates en sy brille het 'n verskuilde agenda.

Maar ek gooi nou maar net 'n klip in die bos. Dit kan als onskuldig wees. Or is it...? Hier is 'n slang in die gras!

Ok...geseënde dag! Have a good one!

Lekker dag vir boomklim en garage deure verf.

Spread the Gospel! Be kind to one another!

=>

Sunday, 17 July 2011

Hoe...Hoe...Hoekom? Just asking.

Daar is baie vrae wat rondwaal in my kop. Soos hoekom moet die drom eers oorloop voor hy uitgevat word? Hoekom druk mense die remote se knoppies harder al weet hulle die batterye is pap? Hoekom sê mense altyd as hulle iets soek: "Dis altyd die laaste plek waar mens kyk." hoekom sal jy verder soek as jy dit klaar gekry het?

Hoekom sal mense opstaan die hele huis deursoek vir die remote terwyl hulle net die kanaal kan oorsit op die tv? Hoekom is daar niks in die treasure chest onder die tv nie? Het hulle 'n naam vir die weefsel waarvan gras gemaak word? As iets fake leer is dan is dit mos nie leer nie...Hoekom is die kleur vir gevaar en liefde rooi? Is dit dan gevaarlike liefde?

Ok...het hieraan gedink. By 'n busstasie stop 'n bus, by 'n treinstasie stop 'n trein. Ek het 'n werkstasie...hoe nou? Is motte regtig van stof, want ek weet nie. Hoekom het die nuwe Shield ad opera musiek by? En waar kom die idiome: 'eks van my sinne beroof' en 'jys voor op die wa vandaan'? Hoekom is kinders nie meer kinders nie?

These are the questions that haunt me...

Spread the joy!

=>

Friday, 8 July 2011

When I grow up, I want to be a acupuncture therapist. Then I'll have a degree in poking people.

Weet julle wat dink ek aan? Acupuncture. Nie om dit te laat doen nie, maar die actual ding. So gaan lees ek toe bietjie op daaroor...ekt 'n brein wat heeltyd gestimuleer moet word...anders dwaal hy rond. Gelukkig het mens 'n skull en vel. Anders het ek constantly vir Pokkels gesoek. Pokkels is my brein se naam. Jap...i know. She insisted.

Anyway...soos ek lees kom ek agter moet jy blykbaar swot vir dit en al sulke dinge, want mens moet mos leer van senuwees en sulke goed. So val dit my by...as ek nou dit gaan swot, wat ek nou miskien oorweeg...highly unlikely...dan het ek 'n graad daarin om mense te poke! NÉ! Hoe awesomely fantastic sal dit nie wees nie?! Poking people with a stick is een van my hobbies, en wat beter as om 'n hobby in 'n career te verander? Almal sê dis die ideale ding om te doen, want dan hoef jy nooit weer te werk nie.

Maar waaroor gaan ek dan moan? Hahaha. Nee...trek net my been. Waar gaan swot mens vir die acupuncture goed?

Mmmm...

Oh ja...jy weet jys gestress wanneer jy mimes kan hoor.

Laat weet my as die stemme in my kop julle pla.

Be kind to one another!

Word.

Hahahahaha...nee dis net verkeerd.

=>.

Thursday, 7 July 2011

Never drink water. If it can rust iron, imagine what it can do to your stomach...

Drink nou net 'n slukkie water...nou almal sê dis goed vir jou. Blykbaar. Weet hulle watse goeters dryf rond in daai blink goed?

Nou ekt nog altyd die theory. Water bring kinders...het julle al opgelet hoeveel vrouens is swanger? Dit moet baie beslis iets in die water wees! Almal sê daai groot voël met die sak bring die kindertjies...weet nie wat is sy naam nie. Die Stork. Ja die Stork. Wats dit in my moedertaal? Wel...die persoon wat daai storie begin versprei het, het nie opgelet in die voorligting klas nie. Buuuut anyway...

Terug by die water...terwyl ek in die helfte van die sluk is begin my brein hardloop met my...en hy race vir 'n vale. Try hom stop, but its just going and going...en hy maak die conclusion, en dit maak nogal sin vir my...As water yster kan roes, imagine net wat dit aan jou maag kan doen...dis freakin scary stuff. En mense kan nou maar sê eks kens. Maar party goed is nou maar so. En as ek kyk na hoe die kanaal lyk verstaan hoekom die yster roes.

Jaa...julle moet op julle hoede wees. Die water vat oor. Staan oopmond in die reën! Lekker lekker!

Doen 'n awesome toertjie in die reën. Maar as jy val en altwee jou bene breek moenie na my toe kom hardloop nie!

Wees open minded, maar ook nie te veel nie, dan gaan jou brein uitval.

Ok...catch you on the flipside.

Be kind to one another and help a stranger in need. Even if its just a smile!

=>

Monday, 4 July 2011

Winnie the Pooh, Starfish Vriende en Braai Onder die Water. I Say Yesss!

Ek wil 'n technicolor dreamcoat hê soos Joseph! Dit moes awesome gewees het om in die oggende so 'n jas te kon aantrek, want bright kleure cheer mens op! Dit maak die wêreld 'n baie beter plek! Hoekom dink julle is 'n reënboog so awesomely glorious?! Daar niks so cool soos 'n reënboog nie. Shows the amazing glory of God!

Hoe mal sou dit gewees het om 'n cartoon character wees? Ek meen nou nie iets stupid soos Ben 10 nie...Kevin eleven gaan beter wees, maar anyway...ek praat nou van die legendary cartoon characters soos Dexter en Dee-Dee? Daai chicky is irritating. Of as mens Winnie kon wees...nie Winnie Mandela nie, Winnie the Pooh the honey eating yellow bear! Daar beertjie sal geweldig cuddly wees! Wens ek kon hom duik! Die beste cartoon character is baie beslis Spongebob nie net is hy 'n spons wat onder die see bly nie, hyt 'n starfish vir 'n vriend, hy bly in 'n pynappel, hyt 'n slak vir 'n pet...wat miaauw...hy is altyd positief, maar die beste is sekerlik die BROTHER KAN BRAAI ONDER DIE WATER!! Chuck Norris het niks op Spongebob nie! Net oor daai feit moet hy president word. Die wêreld sal 'n awesome plek wees. Baie kinderlik, maar wie het nie 'n klein bietjie kind in hulle nie?

Dis die wêreld waarheen ek escape. 'n Wêreld waar Spongebob president is, waar ek jelly visse met 'n net kan vang, en kan braai onder die water.

Klink idillies.

Keep some innocence, en glo soos 'n kind.

Tadala.

=>

Friday, 1 July 2011

Mak Giraffes, Giant Kiwi's en Disturbing Piesangs...Oolala!

Wens ek het 'n mak giraffe gehad. Jissie niemand sal met my gesukkel het nie! Daai ding sal jou op jou kop gepik het. Wonder hoe 'n hoender gekruis met 'n giraffe sal lyk...mmm interesting!

Hoe freaky is mense in costumes? Ek praat nou van nar costumes en Barney en Teletubbies en daai stukke...nou die dag in Fruit & Veg stap ek, minding my own business, en daar's 'n person dressed like a massive Kiwi. Nou ekt altyd gedink kiwi's is relatively harmless tensy jy choke en al daai lekker dinge. Nou soos ek loop, loop ek draaie om die ding, trying to avoid it, want wie wil nou met 'n giant kiwi gesels? En eks bang vir goed in costumes. En wat doen die freakin vrug? Hy agtervolg my! Jaa, die kiwi met die massive voete...'n size 25 minimum. Wat belaglik is tensy jy die statue of liberty is. En 'n kiwi moet so by the way nie bene hé nie! Dis disturbing. Dis soos om vir 'n piesang 'n neus te gee...ek weet...disturbing. Oh ja die kiwi...hyt anyway te veel ooghare gehad. Wonder of mens 'n giant tweazer kry. Moet gaan kyk by Crazy Store. Can anyone say unibrow? UNIBROW! This what its all about...in a scottish accent.

Hoe cute is scottish en irish accents? Flippen cute! Maar dit sou freaky gewees het as die teletubbies scottish accents gehad het.

Wonder hoe lank sou Barney vat om sy hare te straight...laaaaank.

Alright, bless julle!

Kry 'n hoola-hoop en teken groot sirkels vir die fun!

Be kind to one another!

=>

Wednesday, 22 June 2011

From the womb to the room! Hehehe...

Daar is iets in die lug, dis blou en die wind waai en dis freakin fantasties! Wens ek was 'n boom...hoe awesome sal dit nie wees nie? 'n Groot bloekom boom, met 'n dik stam en groot blare wat majestically waai in die wind! Oh how wonderful it would be...wonder hoe voel dit om 'n klip te wees. Ek meen jy lê jou lewe lank op 1 plek, tensy 'n mens jou gooi. Interessant.

Maaaaar...dis nie waaroor ek wil praat nie, sien nou net 'n baba indaba advertensie en hulle sê so stukkie..."From the womb to the room"...catchy line daai, baie oulik. Toe dink my brein, hoe oulik sal dit wees as die womb aan die binnekant lyk soos 'n babakamer! Né! Mooi pastel kleure, lyne en blokkies en sulke goedjies. Die mense in die "koshuis" dink ek is kens but think about it. As die womb so gelyk het sal die baba ongelooflik at home gevoel het en minder freakin geskop het. Nou ek weet nou nie hoe dit voel nie want, ek was nog nie swanger nie. Maar ek weet hoe voel dit as iemand jou skop en dis nie te vars nie. Nou kan ek net dink hoe dit moet voel om van die binnekant af geskop te word. Joh. Nee...I don't think so. Hahaha...mens moet 'n flubber sit daar waar die kind skop...daai ding sal weg hop! Lyk of jou maag 'n twitch het.

Nee wag...off topic. Dink net die kind sal rustiger wees as hy/sy in 'n meer homey ding grootword vir die eerste 9 maande van sy/haar lewe.

Is vandag ongelooflik lus vir trekker ry!

Lekker dag vir boomklim.

Moet weer maskers maak. Urgently.

Ok...be kind to one another!

=>

Tuesday, 21 June 2011

Check daai Poedel se perm!

Hehe. Het julle al ooit gedink aan diere taal? Nee, rêrig...behalwe nou vir die feit dat honde blaf, katte miaauw en so aan ensovoorts...dink rêrig daaroor. As mens dit kan ontleed en agterkom wat elke geluid beteken kan mens mos lekker chat met jou hond. Of hoe?

Maar ek het recently begin wonder of daar verskillende soorte blaf metodes is...follow me here...ok om dit so bietjie makliker te maak ons in SA praat afrikaans, en nog 'n klomp ander klap tong tale, in China praat hulle Chinese, in Frankryk praat hulle frans en yadi yadi yada...you get the picture.

Nou...ek dink, en die is net spekulasie, gooi net 'n klip in die bos...dat daar is verskillende soorte blaf tale. So honde in SA blaf in afrikaans of, you know, een van die ander miljoen tale in die land...hoe cool sal dit wees as 'n hond met 'n klap tong geblaf het...hahahaaaaa! En 'n indiese hond blaf met daai kwaai aksent van hulle, met 'n turban op die kop. Of is dit dat sekere spesie honde dieselfde taal blaf. Poedels sal die snobs wees. Hahaha...'n Poedel is 'n hond met 'n perm. Funny stuff. Perm op jou voete. Hahahaha!

Die goed sal interessant wees om te weet, né?

Geniet die lighter side of life!

Wees nice met mekaar né! Jy weet nooit wie jou lewe gaan verander nie!

Smile!

=>

Tuesday, 14 June 2011

Blou Ice-Cream en Mak Renosters...

Oh snap! Whats up? Wie het al MasterChef Australia gekyk? Ekt altyd gedink kook shows is mal cool...maar die show hou nou al langer as tyd aan. Dis erger as aanmaak koeldrank...daai 11-in-1 treffer. Daai koeldrank met die baie energie. Eks verbaas die bottel spring nie van dakke af nie...

The reason I'm here...well ekt baie lanklaas geblog jammer julle 2. Hehe...weird konsep hierdie geblogery. Hier kom elke Jan, Piet en Kosie en kom share hulle thoughts. But I guess its theraputic. Hoe interessant sal blou ice-cream wees? Jaja I know daar is bubblegum milkshake en al daai oulike pastel kleur shakes...maar dit sou mal wees as mens by 'n winkel kon instap en 'n bak blou roomys koop. Sug. En dan by die huis die thunder stick vat en 'n groot vet blou shake maak!

Die vieslikste drink wat mense kon uitdink is floats...waar in jou lewe? Jy spoil perfectly good ice-cream en 'n perfectly good drink. Hou dit apart. Dis dieselfde met turkish delight...HOEKOM? En daai lemoen Flake...once again...HOEKOM?

Hoekom is dit so moeilik om te leer? Behalwe dat dit ongelooflik boring is...dit sal beter wees om met 'n Shoprite trollie in Pep rond te loop...kan ek nie fisies vir 'n halfuur gaan sit en konsentreer nie. Imfreakinpossible. Kaste regpak is ook lekkerder.

Renosters is oorgewig unicorns...think about it.

Die lewe is fantasties! Yes!

Spread the joy!

Wees nice met mekaar en maak 'n renoster mak.

Tadala!

=>

Saturday, 4 June 2011

Oh My Word...just asking...

Speedo's regtig? Dis degrading aan die human race! Niemand lyk goed daarin nie. Ek gee nie om of jy David Beckham is nie!

Daai stukkie swemlap beteken niks! Nothing I tell YOU! With my finger in the air...not the middle one though, that would just be rude. Die ou se sonbril is groter as die Speedo. It a shame. Mense noem dit die human race omdat almal altyd so haastig is. Partykeer moet mens net bietjie rustig raak en dink oor die dieper dinge in die lewe...soos HOEKOM MAAK HULLE SPEEDO'S?? Of wat om te maak vir aandete en hoekom party mense kaalvoet in Bellville-Wes stap...het julle al die plek se strate beleef? Het julle al die plek beleef? Dis ongeflippenlooflik! Dit sal nie 'n skok wees as hier nou 'n ou met 'n Speedo verby die "koshuis" loop nie. Die mense snuif belaglik baie petrol hier oorkant die straat...weet hulle nie hoe duur brandstof is nie? Het julle al opgelet hoe mors polka dots met mens se oë? Die arme goed weet nie waar om te fokus nie. Dit kan blykbaar seizures veroorsaak.

Het julle geweet in 10 jaar het Amerika $290 biljoen aan advertising vir die fashion industry spandeer! Dis belaglik...imagine, met daai geld kan hulle Zimbabwe uit 'n krisis help. Hulle kan die hele Etihopieë vier keer kos gee en nog change oor hê. Hulle kan vir Donald Trump 'n nuwe hairstyle kry en asseblief vir Janice op Friends 'n nuwe stem!
Wie het die afdrooglap uitgedink?

En hoekom is die mense by Checkers so nors?

Stop this madness!

Die vrae gaan soos 'n stoomtrein deur my kop. Its bound to explode soon.

Dankie aan die 3 en 'n half van julle wat die blog lees. Hehe.

Wees nice met vreemdelinge. Make a new friend.

=>

Monday, 30 May 2011

The only constant is Riaan Cruywagen...yes it is.

Joh! Dis dik koud! Mens kan die kouete met 'n mes sny! Hoe awesome sou dit nie wees nie? Dan kon mens 'n stukkie winter preserve vir die erg somer dae...sou cool wees. Soos daai Ys Hotel in daai ander koue land...

Die hele kouete storie maak my nogal huistoe verlang...na my ma se kos en hot chocolate laat in die aand. Nog 'n ding wat my laat verlang is die erg mooi bome hier buite en SABC 2...dis weird. Seker omdat hulle slogan "Feel At Home" is en die "koshuis" is nie baie homey nie, dis koud en die hek bo by die trappe keer nie die wind nie. En hiers net teëls...en OMW die mense is LOUD! But thats besides the point...a valid one in any case.

Die programming op SABC 2 is belaglik! Al die shows het subtitles behalwe die nuus om 7 met Riaan Cruywagen...Mense sê the only constant is change maar, the only constant is Riaan Cruywagen. Daai brother is al van die begin van tyd af lewendig en die mat op sy kop ook. Hy lees baie goed though...

Maar hoe kwaai sou dit gewees het as mens 'n teleporter gehad het en super vinnig gou 'n draai by die huis kon maak en mamma se gebakte hoender, macaroni, AATRAPPELS, soetpampoen, soetpatats en roomys met baie chocolate sous! Dis waarvan drome gemaak word! Dit en 'n lekker uitrek in die oggend! Net voor mens, mens se slippers aantrek.

Hou van die hoedjies wat die dokters op Grey's dra. Wag nog vir Black's Anatomy.

Dankie vir koue voete en blou hande.

Dra lekker bright kleure! Dis mooi!

=>

Wednesday, 25 May 2011

Het my topic verloor...

Ek lê nou so en my kop voel so groot en vet en vir een of ander rede is ek baie bewus van my neus. En vir die eerste keer in 2 jaar sien ek hoe wit als in die kamer is.

En hoe dom dit is. Wit raak ongelooflik vinnig vuil...en wie wil nou heeltyd loop en skoonmaak...dis mos ietwat van 'n hassle. Dis seker om die skoonmakers besig te hou. So I got to thinking...die goed is regtig wit en ek meen nou, was jou klere met Omo wit, dat jy wakker word van die kasdeur wat in jou oë skyn wit. WIT mense...irreterend wit. Jy sien 'n miggie 'n myl ver sit op die kas.

Nou...HOEKOM praat mens van wit mense? Ekt nog nooit iemand gesien wat so erg wit is nie. As jy so wit is dan is jy actually kleurloos. Pigment gestremd...Hoe cool sou dit wees as mens deurskynende mense gekry het? Jassie...hulle sou awesome spies vir die CIA gemaak het. En nog beter...as daar regtig Smurfs was! Imagine rêrige klein, blou mannetjies wat hier rond hardloop. 'n Mannetjie wat jy in jou rugsak kan rond dra. Wonder of Smurfies koffie drink? Wonder ook wat is daai pienk goed wat die Teletubies altyd drink...dit het altyd lekker gelyk! Wonder of die Teletubies bad. En hoekom moan Heidi so baie? Hoe cool sou dit gewees het as daar regtig Power Rangers was? Jaaaa....

Het my topic verloor...anyway.

Hoop julle vrek van die koue sodat julle warmte meer waardeer! Hehe.

Moenie miggies doodmaak nie. They also have feelings en families!

=>

Tuesday, 24 May 2011

Die Long-John, die Warmkombers en die Missie...Net so...

Jissie lekker reën dit nou! Daar is NIKS beter as die winter nie! Niks beter as om wakker te word en dis toegetrek buite en jy kan opstaan uit jou warm bed en lae en lae klere aan trek nie. Dis die lekkerste!

Hoeveel van julle besit long-johns? Hahaaa...daai is die beste john wat jy in jou lewe gaan beetkry! Geen ander john kom naby long-john nie. Daai brother sal jou warm hou! As jy dit en 'n warmkombers combine...LETHAL combination net daar! BOOOM!

Al wat my af tick van winter en somer is die mense wat so blerrie moan! Oh my hat! As dit warm is dan praat almal binne-monds en maak weird geluide omdat dit te warm is om ordentlik te praat. En wanneer dit koud is trek almal 'n stukkie blou en moan kliphard om warm te word. Of oor hulle hare wat gaan mince. Dis nie die ergste nie...inteendeel ekt nog nooit iemand in my 2 dekades op die aarde ontmoet wat van hulle hare hou nie. Nou sien...die BEAUTY van winter is jy kan 'n missie aantrek. Somer is op 'n losing streak...

Joh...ek wens ek kan nou beach toe gaan.

Hou op moan!

Wees nice met mekaar né! Kry 'n GROOOT hoed net vir die lekkerte!

=>

Monday, 23 May 2011

Die plant is nie eers vet nie...

Hiers 'n thought...hoe voel 'n vetplant oor sy naam? Al ooit daaraan gedink? Think about it...

Nee regtig...THINK about it! Dink julle nie dis bietjie offensive nie? Dis nou so goed mens sit vet voor alles wat vet is. Vetkoei, vetvark, vetworshond, vetvoet, vetkop...you get the picture. Eks een van daai mense wat voel ALLES het gevoelens so therefore moet alles mos kan voel. Ekt dan 'n kombers oor my fiets in die aande gegooi sodat hy nie koudkry nie...ja.

Nou dink by jouself hoe seergemaak jy voel as iemand vir jou sê jys vet...nou hoe op aarde voel die vetplant. Dis sy naam. ALMAL noem hom daarop. Sou graag wou hoor wat die plant te sê het as hy kon praat. Ek weet wat ek sou sê. Weet julle wats die ergste...DIE PLANT IS NIE EERS VET NIE. Hier moet iets gedoen word.

Don't judge a plant by its weight...rather by its thorns.

Yeah you heard me.

Ok...wees nice met mekaar né!

Kry 'n paar neon pink sokkies, al die spiftige kinders dra dit.

=>

Sunday, 22 May 2011

Die klein mensie in jou maag...

Jassie jeuk my oor nou! Ek sien die naweek 'n lelike ding! Dis regtig verskriklik....dis aanhoudend, dis vullend dis eet!

Ek dink nie mense het al opgelet hoeveel keer 'n dag hulle, hulle monde vol maak nie. Dis ongelooflik hoe jy skaars opstaan en die 1ste ding wat met jou praat is die klein honger mensie in jou maag...ja dis wetenskaplik bewys, het dit in die Huisgenoot gelees...daar's 'n klein persoon in jou maag wat al jou kos opeet en dis hoekom mense constantly moet eet.

So...wat moet gebeur is die mensie in jou maag moet uitgehaal word dan hoef mens net 1 keer in 'n dag te eet. Of 1 keer in 2 dae. Dink aan die revolusionêre effek wat dit op jou lewe sal hê...Eerstens jy sal minder honger wees, tweedens jy sal BAIE geld spaar en derdens winkels sal hulle pryse afbring, want mense koop minder.

Ok ja...die inisiële koste van die operasie om die mensie te verwyder gaan astronomies wees, maar in die langtermyn sal dit meer koste effektief wees.

Think about it.

Vandag is die dag vir groot woorde en groot dinge.

Kry vir jou 'n geel jacket.

=>

Monday, 16 May 2011

Extra extra...read all about it...

Wie het ooit gedink dis 'n goeie idee om 'n koerant te maak?

Follow my hier...wie het gaan sit en besluit...Mmmm...ek dink ek wil nou 'n huge stuk papier vat en daarop gaan print and while I'm at it gaan ek nie die bladsye vas staple nie, net omdat die lewe nog nie moeilik genoeg is nie.

Die brother soek mos vir 'n beating...dis vrek moeilik om net casually te sit en blaai deur die koerant. Het jy al ooit iemand hoor sê: "Jissie gister was so lekker dag. Ekt opgestaan, 'n lekker vet stuk toast met jam op geëet, saam my familie kerk bygewoon en toe na die diens het ek lekker op die bank gesit en my koerant deurgeblaai."

Nee jy het nog nie, want as jy wil koerant deurblaai het jy gewoonlik 'n massive oppervlak nodig, 'n verkyker om die bokant van die blad te sien en baie geduld om mooi te blaai. Usually eindig ek op in 'n wrestling match met Die Burger. Dis nie ontspanend nie. Waar in jou lewe...

Anyway...koerant deurblaai is baie beslis 'n talent. Ek was nie eers in die queue nie.

Double-sided tape...interessant.

As jy nie wys is nie maak ten minste of jy is. En eet 'n chilly.

=>

Thursday, 5 May 2011

Body switching...yes, its gonna be a thing.

Nou die dag tref die gedagte my in die klas. Eers het ek vir my brein gesê: "Nee, dis so bietjie far fetched..." maar, toe gaan dink ek actually so bietjie daaroor en kom agter my brein is onto something.

Teen die tyd wonder jy al seker waaroor gaan die mal kind aan? Ek sal jou sê...Body switching...né? Né? Flippen kwaai genius né?

Hiers hoe dit sal werk...ok, gestel mense stel hulle liggame vry vir dit. Dan is daar 'n winkel waar jy kan gaan browse vir liggame...obviously het daai liggame nie siele nie, so mense kan hulle liggame uittrek en nuwes aantrek. Maaaaar, ek kan nie as ek lekker spekkies is in 'n midget se liggaam pas nie. Dit moet wees according to size. Amper soos om klere te koop. So basically neem jou siel die liggaam en die brein aan maar, alle manerisms en daai dingetjies is still all you. Dit gee iemand anders weer die geleentheid om jou liggaam te huur...dit moet net gehuur kan word sodat wanneer jy wil terug klim in jou liggaam jy dit sal kan bekom. En daar sal natuurlik terms and conditions wees soos om nie die liggaam te beskadig nie. Ek kan nie 'n gesonde liggaam ingee en een terug kry waar die toon stukkend is nie of waar die liggaam ondervoed is nie...dus moenie met iemand anders se liggaam Etihopieë toe gaan nie. Dan smeek jy vir gewig verloor.

Dit klink nou baie dom but its going to be a thing. Watch this space. En nee, dit gaan nie deur Verimark of Glomail ontwikkel word nie.

Patent pending.

Moenie iemand skiet nie, stay off drugs en sit vandag op 'n gemaklikke stoel...dis goed vir die siel.

Lekker Cadbury. Woohooo!

=>

Monday, 2 May 2011

Check That Ads...

Die advertensies tick my af...

Don't get me wrong. Ek love advertensiewese, sal graag daar wil ingaan, super punch lines wil uitdink vir produkte wat mense nie nodig het nie, maar wat hulle dink hulle nodig het. Soos Verimark se ads...hoe stupid is jy as jy hulle tos koop? Ok, ekt nou die helfte van my familie in die gesig gevat...so bygesê: "No Offence," en "Get Over It."

Ignoreer nou al die rêrige bad ads soos die Outsurance crap en Dail direct en Clientelé Life...wag...iemand moet die insurance companies help. En Always Ultra se ads...het jy al hulle punch line beleef? Ekt amper van die stoel af geval. Die mense is freakishly creative...

Anyway my punt is...ek en 'n klomp ander mense bly hier in die "Koshuis". Nou ons het net soos 6 kanale...blerrie fantasties...now take that into account. Met net 6 kanale is daar ook net soveel advertensies wat kan opkom...dit wat my die meeste pla is die McDonalds, Steers en Lindt ads. Hoe kan hulle mens so straf om sulke uitloklikke ads op die "Koshuis" se tv te sit?

Dis soos om vir Tweety te maak dans voor Sylvester. Of om vir Winnie sy heuning te deny. Of om vir die SA regering te sê om korrupsie te stop.

Net plain MEAN!

Coco pops of Squillos? Pff...definitief. SQUILLOS! Hoes jy dan gebou?

Be nice!

=>

Thursday, 28 April 2011

'n Spectacular Tyd...

'n Ding wat ek altyd oor wonder is plaatspelers, plate en die tyd van plaatspelers en plate...

Hoe het dit gewerk? Het elke kind 'n plaatspeler in hulle kamer gehad? En was daar 'n plaatwinkel waar al die cool kinders gehang het met hulle mullets, jean baadjies en Fresh Prince of Bell-Air skoene? Of het hulle in die middag van die hellhole afgekom, met hulle 100 broers en susters baklei en dan hulle favourite Queen plaat opgesit en gedisco, Grease style, in die living room?

Eks seker die in ding was rokke wat gelyk het soos ouma se gordyne en daai hare wat lyk of dit kan reën opvang aan die voorkant. Die tyd van pantyhose en bloomers. Waar die kinders met klippe karretjies gespeel het en skottelgoed gewas het in hulle free time en klei osse gebak het in die pizza oond.

Dink dit moes nogal 'n spectacular tyd gewees het!

Dit kos niks om te smile nie né. En moenie aan jou oë vat as jy aan 'n chilly gevat het nie.

=>

Wednesday, 27 April 2011

Beach toe gaan is nie net vir sonskyn dae nie...

'n Lekker plek om te sit en dink is hierdie swart bank. Who knew?

Nou...terwyl dit so reën en stop, reën en stop is ek super lus om beach toe te gaan. Nou hoekom is daar so popular notion dat mens net op sonskyn dae moet beach toe gaan? Dis net so lekker op nie-sonskyn dae. Ek meen die water is nog daar en al die freakin sand ook. Nou wat soek almal dan? I guess its the tan hé? Of is dit die wind wat so bietjie waai? Dis lekker as die wind waai. Dis soos om bike te ry sonder die bike. Die wind deur jou hare, die koue vingers, knie koppe wat op en af spring. Al wat kort is basically well...die bike.

So moenie so neerkyk op nie-sonskyn dae nie. Dis soos bike ry sonder 'n bike. En bike ry is lekker.

Milo of Hot Chocolate? That is the question that haunts me.

Luister so bietjie na ou plate vandag. En eet 'n chilly.

=>

Tuesday, 26 April 2011

'n Das...What up?

Do you know what gets me? Dasse. Hoekom? Nee regtig...HOEKOM?

Wie het besluit hulle nek voel nou so leeg dat hulle 'n das moet invent om hulle lewe te fullfill? En nou is dit 'n ding né...almal doen die das ding die besigheidsmense , die skole dwing kinders om die goed te dra...asof dit nie genoeg is dat hulle klaar in die hellhole moet sit nie, moet hulle nog gordels om hulle nekke ook dra. En whats up met die kleure? Het julle al die mostert geel ouens beleef? Horrible...

En as Riaan Cruywagen die sewe uur Nuus aankondig met sy mat op sy kop en sy rooi das wat hom laat lyk soos 'n termometer. Funny stuff. Daai brother wat Dikgang aanbied het altyd so groen treffer aan met 'n bruin pak.

En niemand kan ooit die goed vou nie. Dis soos 'n talent waarmee jy gebore word en as jy dit nie het nie well...tough luck!

Dis ten minste beter as 'n bow tie.

Ok...gaan eet 'n chilly.

=>

Sunday, 24 April 2011

Interessante dinge...

Ek sit en wonder die ander dag so lekker. Ooe dis lekker om te wonder...dis 'n freeing experience om te sit en dink aan random goed wat ander mense nie aan sal dink nie. Soos hoekom verskaf Coca-Cola nie krane in mense se huise wat koeldrank uitkom nie? Of 'n vrugtesap fabriek? What's up met dit? En in die winter krane met Cadbury hot chocolate in? Sal dit nie super wees nie? En hoekom cancel hulle nie vir Survivor SA nie? Dis tog 'n rip off...

Ek sit toe so en wonder 'n dik stuk oor troues en daai stuff, en hoe interessant dit is dat hulle ringe gebruik om ewige trou te beloof. Hoor nou daai stukkie afrikaans. Dis seker omdat dit al van die oertyd af so is. Ek wed almal as hulle van die oertyd af hangertjies gedra het of hoola hoops om hulle middel, sou mense vandag nog soos idiots gelyk het...imagine.

Hoe interessant is die Indiese troues? Dis altyd mooi kleurvol. En almal dra altyd klokkies...soos katte. Dis vir as hulle wegraak...dink ek. En daai kolletjies op die vrouens se koppe laat dink my aan panic buttons...so as jy daaraan gaan vat dan gaan ADT opdaag. Of die brandweer...press button in case of fire. Mmm...moet dit bietjie probeer.

It's taking over my brain.

Lekker hot chocolate dag né!

=>

Saturday, 23 April 2011

Drade en Slotte...

Hiers 'n nuwe gedagte...as jy 'n dinker is sal jy dit kry , even as jy nie is nie...maak nie saak nie. Is dit dinker of denker? Wil nou nie taalkundig kom verkeerd tik nie. Net nou kom die taalpolisie...wooo! Scary stuff!

Thats waaaay beside the point...ok, uhm, oh ja. Ok so I was thinking. Hoekom span mense drade om hulle huise en plase? I get dat dit goedkoper is as daai mure met die huge gate in...pff. Now who do they think they're foolin?

Anyway...drade is soos slotte, dis net daar om eerlike mense uit te hou. Think about it...as iemand regtig wil inkom, dink mense regtig 'n slot of 'n draad gaan hulle keer?

'n Draad is soos 'n trampoline...dit gee jou 'n hupstoot om makliker oor te spring. Lekker trap plek. En as die krimineel nog 'n gimnas is daarby...Well, dan is daar moeilikheid.

Sit 'n solid muur om jou huis. Met electric fencing bo-op en kameras op die hoeke met spikes op die muur en plant doring bome aan die ander kant van die muur.

Iewers moet daar injury voorkom.

Just sayin...putting it out there and walking away.

Sonskyn dag né!

=>

Friday, 8 April 2011

Draai stoele...

Val dit my nou by terwyl ek so op die stoel sit en ry...

Hoekom is dit so flippen lekker om op 'n ding sonder wiele en 'n stuurwiel te ry? Ek sal jou sê hoekom...EK WEET NIE! Niemand weet nie! Dis net daai hele innocemce agter stoel ry wat fantasties is. Tot iemand jou uitskel...maar dit hou ook nie lank nie.

Die lekkerste is om te spin op daai draai stoele! Oh my hat! Die funste is om te spin terwyl mens in die gang af mission. Of, of, of...as jy 'n tou vasmaak aan 'n mens...'n groot hond kan ook werk, maar 'n perd sal die ultimate wees! En dan die tou aan die stoel vasmaak...en dan in die gang af mission.

Ek weet almal wil op 'n groot draai stoel sit en sê, "Mr. Bond..." stry...jy weet jy wil.

Stay a bit innocent!

=>

Tuesday, 29 March 2011

Moenie uitstel nie, doen dit later...

I've got a theory...nou mense sal dink dis presies dieselfde ding. In actual fact is dit 2 heel verskillende goed.

Die theory: Moenie uitstel nie, doen dit later.

Sien mense dink om te sê jy gaan dit later doen is om uit te stel. Dit is nie...almal weet tog van uitstel kom afstel. Om te sê jy gaan iets later doen is nie dit uitstel nie, dis bloot 'n doelwit vir 'n bietjie later in jou lewe.

Dit hang als af van hoe determined jy is om dit later te doen...dude as jy sê jy gaan dit later doen...DOEN DIT LATER! Moenie dit uitstel nie. Mense hou nie van mense wat dinge uitstel nie.

Jyt nog nooit gehoor Spiderman sê dat hy gaan later vir Jane gaan red nie...haar naam is Jane né? Of Kate? Ek weet nie... Anyway...hy sê nie hy gaan haar later red en dan doen hy dit nie, want dan is ry in haar chops.

So sien...doen dit later. Maar DOEN DIT!

Tata.

=>

Monday, 28 March 2011

Lengte...

Hiers 'n weird konsep...Lengte

Hoe besluit jou lyf...right eks nou klaar gegroei. Ek gaan nie meer groei nie al wil die persoon catwalk toe gaan. En op die ou einde van die dag is die persoon 'n midget wat se drome geshatter is en hulle moet aanmekaar hulle ID wys as hulle by 'n club wil ingaan. Wat net so stupid is, hoekom moet ons met groen boeke by ons rondloop en ander lande se mense kan net 'n klein kaartjie by hulle rond dra. Ek dink ek moet vir die minister van nasionale ID boeke gaan spreek oor die saak...

Maar terug by die lengte saak...daar is blykbaar 'n manier om jouself langer te maak as jy in die kategorie van kort val...nou ek weet nou nie hoe dit presies sou werk en of dit werk nie maar blykbaar breek die dokters fisies jou bene en daarna word dit gerek. Soos bo gesê weet ek nie of dit werk nie maar blykbaar het 'n mal antie dit gedoen...sy was glo in die Guinness Book of Records. Nogal 'n flippem cool boek om deur te blaai mens kry freaky ass mense wat !WEIRD! stuff doen aan hulleself.

Maar so gepraat van lengte, dit laat altyd die vraag in my brein...Hoe lank was Moses?

Antwoord: Tot hy skoon is.

Maak nie saak of jy lank of kort is nie...either way dra dit by tot die fantastiese-tastiese mensdom. Miskien as jy lank is kan jy vir mense goed van die boonste rak afhaal miskien as jy kort is val jy nie so hard nie.

Sien + punte aan altwee kante.

Have a good one.

=>

Sunday, 27 March 2011

Self Defence Mechanisms...

Hier is 'n ding wat my al lank na aan die hart lê...

Ek kan nie kop hoekom mense sê dat om vet te wees is nie goed nie. Dis so dom...weet die mense nie hoeveel plus punte daar is nie?

For instance: Vet mense kry nie sommer koud in die winter nie, vet mense kry nie so seer as iemand hulle knyp nie, en gestel 'n vet mens raak swanger en wil dit bietjie langer wegsteek voila...niemand kan sien jys swanger nie.

Maar die beste...en hierdie mag dalk op 1st read far fetched klink but bear with me here. Ok...die beste deel van vet wees...Dis 'n SELF DEFENCE MECHANISM! Jaja...en dis hoe dit werk. Gestel jys 'n klein tingerige mensie en jys oppad kaffee toe om te gaan sweeties koop. EWE SKIELIK stop 'n swart BMW langs jou, gryp jou sonder effort, gooi jou in die kar en spin weg. Jyt nie eers tyd om te reageer nie.

Maar dink nou net...jys in dieselfde scenario behalwe jys die keer mollig, mollig. Diselfde BMW stop langs jou. Nou...die brother gryp jou maar die keer is jy mos stewig op die aarde geplaas, so nou kry die ou jou mos nie die 1ste keer van die vloer af nie. Nou is die element of surprise verby en jy kan skree soos 'n maer vark en aangaan soos 'n mal mens. Daai dude is so geskok hy spring in sy stupid BMW en jaag weg. En jy...is nog altyd oraait. Bietjie geskok maar oraait.

So you see there's an upside to most things...

One last thing...suck it! Bwahahahaha!

Tataaaaaaa!

=>

Friday, 18 March 2011

Crocs...

Hier's 'n weird topic...Crocs. Jaaaa...CROCS.

Nou sover my kennis strek het 98.42% van alle mense 'n paar krokodille...even ek, maar ekt dit net in die Desember vakansie van 2006 gedra om die quad se gears te change, dis nogal seer net so kaalvoet. Dis geel Crocs net so by the way...

Eerste ding wat my pla oor die skoene is die naam. Dis 'n flippen weird naam vir skoene, tog embrace almal dit. Tweede ding is die verskeidenheid van kleure...WAAR IN JOU LEWE WIL JY SHOCKING ORANJE SKOENE DRA? Tensy jy 'n hippy is of na 'n dress up toe gaan in Brakpan...ok wag...jy hoef nie na 'n dress up toe te gaan om Crocs in Brakpan te dra nie. But that's besides the point...

Nog 'n ding is toe almal begin blommetjies en goggatjies in die gatjies sit. Dit het stupid gelyk...en nou is alle skoene van rubber mens kan nie by 'n skoenwinkel instap en die rubber en silicon rak miskyk nie.

Die GROOOOTSTE punt hier is...maak nie saak HOE gemaklik jou krokodille is nie of hoe lekker jou voete asem haal in jou skoen vol gate nie...Jy lyk soos 'n idiot in dit.

Just sayin...

See ya...

=>

Wednesday, 16 March 2011

Tekkies en Headphones...

Ek ry die ander dag so lekker rond...net om so bietjie te chill en weg te kom van die plek af...

Die heelpad wat ek ry is al die mense met hulle headphones en tekkies besig en hulle draf of stap net die mal ding. Nou wat baie opvallend is van die hele besigheid, meeste van die mense wat so lekker draf of stap is lekker stewig op die aarde gesit...if you know what i mean.

Nou as ek dit reg het, en ek dink ek het. Dan moet oefening jou mos minder stewig maak. So...i came to the conclusion dat stap en draf maak jou VET! Jaja ek weet hierdie is nou 'n huge surprise en baie gaan nie hulle oë glo nie...but think about it! Dis net logies...almal wat jy sien met hulle tekkies en headphonetjies is mollig. En die een ding wat 83.32% van hulle in gemeen het is hulle draf of stap net die mal ding. Nou ekt niks teen stewige mense nie...eks self 'n ossie, maar ekt so spesmaas as ek ook die headphones en tekkie ding begin doen gaan die persentasie styg na 83.33%.

Net so gedagtetjie vir vandag...

Bye Bye.

=>

Tuesday, 15 March 2011

Matjies...

Hier's die ding...

Staan en kyk nou die dag so vir die stortmatjie. Die ding is flippen useless...obviously want hy het gate in en as die mense in my huis klaar gestort het lyk dit of hulle op die badkamer vloer gebad het.

En nee hulle try dit nie eers droogmaak nie...so basically doen jy ice skating die eerste 3 sekondes in die badkamer. Dis nie die punt nie...

Ek dink ekt die punt nou verloor...

Wag...

Oh ja...die punt is dat daar nie meer ordentlike badkamer matjies gemaak word nie. Wie de hel het gedink dat daai hout goedjies gaan die trick doen? Punt nommer 1: DIS HOUT! En 2 dit het huge ass gate in. Dit mag dalk nou mooi lyk en als en 3 bome het nou wel gesuffer sodat jy in styl uit jou stort kan klim, dan moet jy anyway die vloer droogmaak na die tyd, maar daai matjies is dieselfde as om suiker op 'n blinde mens se braille te gooi: confusing en onnodig.

Dink Verimark moet plan maak...NOU. Miskien 'n matjie wat van die Floorwizz se materiaal gemaak is. That thing would even suck you in.

Goodnight and big balls.

=>

Monday, 14 March 2011

Apies...

Apies is die cuteste goedjies. Hulle is soos klein mensies! Die vingertjies en die voetjies!

IMAGINE jy kon dieselfde goed met jou voete doen wat 'n apie met sy voetjies kon doen! Dink net hoe awesome sou mens kon boomklim. Dit sal pretty fantastic wees. En apies hoef nie nag room en dag room aan te sit en te worry of hulle gracefully oud word nie...soos Dr. Phil se vrou. Daai antie worry oor dit! En as 'n apie moes nag en dag room aansit sou hy dit met sy voetjies kon doen!

En hulle kan seker klip gooi vinniger as wat 'n machine gun kan skiet. En sneeuballe. Imagine hulle kon vlieg ook...super apies!

Mmm...Apies...Cute.

Tataaaa!

=>

Saturday, 12 March 2011

Kyk nou hier vir Friends. Die 1ste ding wat by my opkom is nie watter fantastiese storie dit is nie...dis die mense se hare. Have you seen it?

Die ouens lyk soos quote: "lesbians in the navy" unquote. En die vrouens kan nie sien nie, want die hare hang in hulle oë. Amper soos vlermuise...

Vlermuise is weird. Hoekom kom hulle net uit in die aand? Watse verskil maak dit? Hulle is anyway blind...hulle maak dit net moeiliker vir hulleself.

Nou...hoe weet mense vlermuise is blind? Wie het deur die vlermuis se ogies gekyk en gesien hy kan nie sien nie? Wie weet miskien was dit net daai 1 vlermuis wat blind was...of hy het geslaap. He was looking at his eyelids. Miskien het hy geweet iemand invade sy space en net geweier om sy ogies oop te maak.

Moenie 'n vlermuis wees nie...haal die hare uit jou oë...en kom uit in die dag. Besides, die is nie Friends nie.

Think about that...

Tadala.

=>

Wednesday, 9 March 2011

Dink en Analiseer.

Lê nou die aand so en dink...Weet nie hoekom mens sê nou die aand nie, niemand gaan tog weet van watse aand mens praat nie. Dieselfde met nou die dag...anyway, ekt gelê en dink aan Dawid en Goliat. Nou soos ek dit verstaan is seker dat maak nie saak hoe klein mens is nie, as jy ons Vader aan jou kant het kan jy 'n reus dood gooi.

Dis die een kant, maar die ander kant kan mens sê is die les, jy moet koes vir klippe. Dit kan dalk net jou lewe red. Dink net aan al die kere wat 'n klip my kop getref het, dan is dit steke en jyt die res van jou lewe knoppe en duike op jou kop, so intens dat mense jou tune jy moet panelbeater toe gaan...wat ook nie sin maak nie, want my kop is nie 'n panel nie. Pff. Maar dis nie die punt nie...

Die punt is dat my grootste wens is dat mense dieper na stories moet kyk en nie sommer net moet aanneem dat wat jou ouers vir jou sê die waarheid, volle waarheid en niks behalwe die waarheid is nie. Dink en analiseer.

Sal baie help as jy in die toekoms nuwe stories hoor. Of mark navorsing vir iets moet doen...who knows. There's a world of possibilities!

Oh ja...en hou op klip gooi. Anders word mense se koppe verwar met panels.

Ciao.

=>

Monday, 7 March 2011

Flavoured wind...

Gedagtes van vandag...Die awesomeste een sover! Wat as wind flavour gehad het?! Dit sou die malste ding ooit gewees het!

Just think...
Maandag moet choclate flavoured wind hê, aangesien almal altyd so moan oor Maandae. As Vrydag die 1ste dag van die week was het almal oor hom ook gemoan.
Dinsdag wind sal ruik soos white choclate...daar is 'n rede voor weet net nog nie so lekker hoekom nie. Woensdag wind sal ruik soos groente...daar moet 'n balans gehandaaf word. Donderdag wind sal caramel wees net omdat. Vrydag wind sal fudge wees...omdat dit so flippen soet is. Saterdag wind moet ruik soos vars brood...because lets admit it daars niks beter as vars gebakte brood nie. Sondag wind sal wees die volgende...in die oggend is dit 'n voorgereg...die lekkerste voorgereg waaraan jy kan dink. DAN eweskielik moet die reuk van 'n mal steak jou klap deur die neus en die final reuk moet die reuk van Vanilla roomys met choclate sous wees...

Mmmmmm...

Die gedagtes neem my brein oor...

Just imagine...

=>