This is where it all starts...

Monday, 1 August 2011

Chonkies en Toothpicks.

Gisteroggend maak my brein my wakker. Het nogal lekker geslaap. Hy doen dit gereeld skree in my ore dan skrik ek groot hoor. Maar OK...ek lê en dis net oor China en Chinese mense en ek moet aan hulle dink en dis rys wat vlieg en dragons wat verby stap...Nogal crazy.

En ek weet die is 'n insane notion maar ek begin dink aan chopsticks. Jy weet, die gebruik daarvan en hoe ek dit nie kan gebruik nie. En hoekom hulle, al is daar al oerjare terug messe en vurke ontdek, nog altyd met houtstokkies wil sukkel...en dan kom die saying by my op, whatever floats your boat. En dan float daai gedagte ook weg.

Dan tref die gedagte my...kyk nou en hang vir 'n tydjie met my op die vraag. Ons ma's en pa's, maar hoofsaaklik ma's, het altyd vir ons gevoer met mini lepeltjies en vurkies en so. Dink dis vrek oulik dat ALLES van babatjies mini is. Van die mensie tot by die bedjie. VREK OULIK. Ja...

Elkgeval, ons was gevoer met mini lepels. Nou as 'n chinese ma haar chinese kind voer, wat gebruik sy? Toothpicks? Dit lyk tog soos klein chopsticks. En op watter stadium, maar meer belangrik HOE leer hulle daai klein chonkie om self daai stokkies vas te hou? Dit vat nogal skill ek moet sê. Ek haal my imaginary hoed af vir hulle.

Pondering...

Ek mis vir Pinky and the Brain.

Stukkie wisdom...jyt nie 'n parachute nodig om te skidive nie. Jyt wel 'n parachute nodig om twee keer te skidive.

Geniet die dag. Be kind. Spread the gospel.

=>

No comments:

Post a Comment