This is where it all starts...

Tuesday, 4 October 2011

In case of an emergency...

Wat 'n LEKKER vakansie. Vredendal is die enigste plek in die wêreld waar jy jou eie kop kan eet van boredom. Dis verskriklik. En die mense is enig in hulle soort. Ek staan gister in Shoprite. Daar staan 'n man agter my tik aan my skouer en vra my hoeveel is Labola. Nou ek is speachless, sê net eksuus? Hy sê ja, hy wil weet, want hy wil my koop. Ja, so asof mens net kan om gaan en mense koop so vir die lekkerte.

Hahahaha! Gister ook, sit ek so in die tandarts se kantoor en speel met die stoel se knoppies, is nogal fun om so op en af te sit en gaan. Wonder hoeveel so stoel kos...Mens sal lekker sit en movie kyk op hom. Al wat kort is daai massage function wat in daai fancy swart stoel by Game is. Jis daai stoel is legendaries! Making lazy people even more lazy...  

Jis...en ek sit so en dink. Daar op die vorms wat mens moet invul vir die hospitaal dinge. Daar staan "In case of an emergency contact..." En dan sit mense hulle ma's se name daar in. Waaaar wil jy wees? Ekt gefigure as daar 'n emergency is sou ek graag wou hê dat hulle die dokter moet bel. Wat gaan my ma doen? Langs my staan en vra of ek 'n pilletjie wil hê? Nee, bel die dokter...Nou fair enough as jou ma 'n dokter is dan is dit twee vlieë met een klap.  Ekt nogal gedink as jou ma naaldwerk skills het kan sy jou toewerk op 'n manier. Dis nou net as jy sou oop gaan op 'n manier. Sal nogal interessant wees.

Just saying.

Be kind! Love makes the world go round! Hahahaha!

=>