This is where it all starts...

Tuesday, 4 September 2012

Double standards. Pff.



So die ander dag is ek in ‘n elevator. Funny thing about elevators hoe awkward mense is daar binne. Dis asof almal skielik in potlode verander, stokstyf, regop. Hahaha...so toe is ek bietjie bored en sê, “Haha...dis ‘n weird plek om ‘n klavier te sit.” Mense het actually begin rond kyk. Ons was in ‘n elevator. Hysbak. Lift. Wat ookal...Hahaha. Dis vir my so cool om te sien hoe gullible mense is. Daar is so baie cool goed wat mens kan doen om mense awkward te maak dis belaglik. 

Die ding op aarde wat my die ergste irreteer is die double standards. Jis, die cute as ‘n klein kindjie sy/haar neus teen ‘n winkel se ruit druk, maar as ek dit doen dan vra hulle vir my om terug te staan, want ek maak die customers bang. Dis vrek unfair. En dan loop ek in Checkers, met ‘n trollie. Haha, en dis altyd fun om te maak of jy op ‘n race track is en gaan staan aan die begin van die sweets aisle en rev hom op, trek weg dat die tekkies so skree en gryp net sweet soos jy hardloop. Op die ou einde wen jy niks en moet al die sweets terug sit, maar jy het fun gehad. Wie weet miskien word jy dalk nog by die winkel uitgesit en dan kan jy uitloop en sê, “This isn’t over!” Met jou vuis in die lug heel I’ll be back, terminator manier en dan sal julle sien waste resies ek aan het. Met ‘n helmet en als. En vinnige tekkies! Watch this space. Awesome. Ok, maar anyway, as ek ‘n trollie het in Checkers is daar altyd ‘n wiel wat skree of nie wil loop nie en dan kyk al die mense jou aan asof jy die ding gebreek het. Hulle kyk jou eers as jy die trollie skop omdat hy raas. Dis seker nie reg om ‘n trollie te skop nie, maar dan kyk jy die mense wat op straat bly, hulle trollies het altyd perfekte wiele!!! Hoe werk dit? Waar kry hulle daai trollies? Pff. 

Just saying. 

Have a happy day. Met happiness.

=>  

Wednesday, 13 June 2012

Die eintlike vrae van die lewe...


So ek het ‘n ding met mense wat in flippen suits rondloop vir fun...dis creepy. Heavy creepy! Ek meen come on...dink net daaraan. Die persoon wat daai suit dra mag dalk net nie so gelukkig wees soos wat die buitekant van daai costume is nie. Wat as jy by Disneyland is, en jy pose saam met Mickey, en Mickey dink jy’s die gelukkige wenner om met ‘n mes gesteek te word? Wie sê Mickey se binnekant lag? En...wat as ek nie te goed is met body language nie, en Mickey se body language lyk bietjie af en ek kom nie dit agter nie en dan steek Mickey my met ‘n mes? Nie cool nie. Ek het al een keer fisies ‘n nar aangerand. Hy’t mos gedink hy snaaks. En daai goed los jou nie uit totdat jy vir hulle attack nie.
Ek maak ‘n wilde raai dat die mense wat so in die costumes rond parade dieselfde mense is as wat van huis tot huis gaan en stofsuiers en oondjies verkoop. Hulle hou mos nie op totdat jy nie jou maandelikse salaris op hulle spandeer het nie. Baie dikvellig. Blykbaar is “I am” die langste sin in die engelse taal. Nou wat van “I do”????  Dieselfde lengte net daar. Wat gaan aan met die mense? En hier is waaroor ek wonder. Baie. As iemand wat besig is om deur ‘n mid-life crisis te gaan wegkruipertjie speel...verloor hy outomaties omdat hy nie homself kan vind nie? Of wat? En het julle al gehoor dat outomaties klink soos ou tamaties? Nogal cool ne!! Jis!  Hoekom sê “hulle”...net so by the way, ons het uitgevind dat “hulle” is die Huisgenoot. True story. Ok...maar hoekom sê hulle dat 60 is middle age? Hoeveel 120 jarige mense ken jy? Want ek ken nie een nie. EK het al ‘n tannie ontmoet wat 100 is! True story...by Karl Bremer! Pretty cool tannie gewees! Imagine al die stories wat sy kan vertel! Wow! 100 jaar se insane stories! Dit moet nogal cool wees om in haar brein te bly! WOW! WOW!
Anyway! Sal weer skryf!
Lekker dag!
Spread the joy. Dit kos niks!
Laat dit juig!
=>

Thursday, 10 May 2012

Toe nie so weird nie...miskien so bietjie...


Ek het so ding wat ek altyd doen wanneer ek verveeld is. Party mense dink dis weird. Nie ek nie, want dis lekker. En wie define wat weird is. Nee man. Wees weird dis lekker.
Nou…wat ek doen is die volgende. Ek lê op die vloer en maak of ek ‘n wortel is. Dit klink nie baie interessant nie, maar ou matie, dis lekker! Gewoonlik… raak ek net aan die slaap, maar eendag het baie lekker gelê en ek raak toe aan die slaap. Begin toe te droom. In die droom doen ek dieselfde as wat ek in die regte lewe doen, maar eks actually ‘n wortel, net met bene en ‘n gesig en ek kan praat. En daar kom toe ‘n haas verby. Vreet my op. Was tragies. Nou lê ek nie meer so baie op die vloer en maak of ek ‘n wortel is nie. Dis omtrent dieselfde as hoe vang jy ’n hoender? Jy sit agter die bos en maak soos ‘n mieliepit. Dis vreemd, maar effektief. Hoenders val elke keer vir dit. Hier is ‘n interessante ding, ek het dit al gedoen om uit ‘n boring gesprek te kom…hahaaa…nogal goed. As die persoon met jou praat: stop, drop and roll. Werk soos ‘n bom. En dis baie snaaks. Jy kan net wegrol. Die ander person is te geskok om iets te doen. Party sê dis ombeskof, ek sê nee. Die lewe is te kort om te staan en luister na ‘n vervelige gesprek, ons moet adventure hê. Die heeltyd. En ek wil nie doodgaan van boredom nie. Ek weet nie of mens kan nie, maar ek gaan nie kanse vat nie. Hoe gaan dit nie lyk as jy eendag by die poorte van die hemel in die lyn staan en almal het doodgegaan van hierdie awesome goed en nou staan ek daar en sê ek het doodgegaan van boredom nie? Ek gaan mos my naam met ‘n spreekwoordelike plank slaan. En ek is al met ‘n regte plank geslaan, dis seer. En ek het uitgefigure hoe ons world peace kan kry. Vervang suurstof met helium. Hoe kan jy kwaad bly vir iemand wat soos ‘n chipmunk klink?!
Stuff to think about!
Hou aan smile!
Laat dit juig!
=>      

Wednesday, 9 May 2012

Voëls is net. En kommin goggas...Heavy days.

So vanoggend ry ek werk toe...ugh...ek dink dis flippen onredelik om dou voor dag nog in die donker te moet werk toe kom. Hulle moet soos ‘n wet teen dit maak of iets.Ek weet nie, maar iets moet gedoen word. Ek meen, kyk net al die karre. Hulle ligte is aan en die rede vir al die ongelukke is omdat die mense nog almal slaap. WANT DIS AAND!!!!
Anyway, so ek stop toe by die werk, sien die arme gogga op my kar. Shame...toe dink ek, die feit dat hy die heel pad vasgeklou het en nie afgeval of doodgegaan het nie is super, maar nou weet hy nie waar hy is nie. En ek weet hoe dit voel om involuntary te trek. Dis glad nie lekker nie. So nou moet hy terug vlieg Kraaifontein toe. Ek kon sien dis ‘n Kraaifontien gogga, hy’t baie kommin gelê. En hy’t wings. Arme ding. Dit moet suck om vir tien kilometer in die koue, donker wind op ‘n kar te lê en vas te hou vir jou lewe nou moet jy nog terug motor na jou huis toe ook. My hart gaan uit na die arme diertjie toe. Ek dink dis wat met my vlieg gebeur het. Hy’s ontvoer in die donker. Not cool.
Ek sit en kyk nou die dag so die voëls by hulle voëlbak...voëlbak is so ‘n verkeerde word, ek meen ons praat nie van ons mensbak nie. Dis ‘n bak. Ek wonder of die Chinese mense praat van Chinese food, of is dit net food vir hulle. Anyway. En ek sit en wonder so, raak die ander voëls kwaad as een voël badkamer toe gaan in die voëlbak? Of freak hulle uit en gaan tekere en sê: “Dude daar is ‘n kar net daar!” Ek sou nogal daai conversation wou hoor. Behoort heel interessant en educational te wees!
Hulle is so gelukkig om te kan vlieg. Dis net soos flap, flap en jy hoef nie meer na ‘n vervelige gesprek te luister nie. Moet nogal epic wees. En jy kan gaan toer as jy wil. Hoef nie in die nagtlike ure werk toe te gaan nie.
Die interessantste ding om te wees moet verseker ‘n lepel wees.
True that.
Geniet julle dag.
Laat dit juig!
Onthou om te smile.
=>    

Wednesday, 2 May 2012

Mysteries...al die belangrikke vrae in die lewe...boggles my mind!

So I’ve been thinking. En die was gister my status. Weird ding die status, ek sit gewoonlik goed op om mense se opinies te kry, niemand comment nie. Like net en so aan. Dis nie ‘n slegte ding nie, soek net partykeer geselskap. Hahaha...Forever alone, level = Mr.Bean.

So ek’t gedink, raak visse dors? En as hulle dors raak wat drink hulle? Dis bietjie awkward vir hulle. Ek weet as ek swem raak ek mal dors. Nou wat van die arme vissies? Ek het al visse gehad, hulle was nooit meer as twee weke lewendig nie, dink ek het te veel kos gegee. Maar ek het hulle net jammer gekry en baie gegee, want geen lewende ding kan so min eet nie. Ek het ook altyd my fiets toegemaak met ‘n kombers, sodat hy nie koud kry in die aande wanneer hy slaap nie. Shame. Miskien moet mens min gee omdat hulle so vinnig vergeet en dan eet hulle die heeltyd en dan ontplof hulle. Bietjie weird. Ek het altyd gesit en kyk hoe die vis swem en sy vinne beweeg, het een dag ook met my vis gaan stap. Nie die slimste besluit nie, die bak raak swaar en dan laat val mens dit. Dan moet jy die vis optel en hardloop vir die huis, anders dood die arme diertjie. Intense tye daai. En die vis is glibberig dan spring hy rond en al sulke dinge. Not smooth. Of TE smooth...
Anyway...Visse wat dors raak. Dit sal vieslik gross wees as hulle die water in hulle tenk drink. Dis soos ‘n mens wat sy eie badwater drink. Nie cool nie. Wonder of die antwoord op Wikipedia is. Wikipedia het altyd my werk gecopy toe ek nog op skool was. Die onderwysers sien dit nie so nie though, blykbaar het ek gecopy en paste. Pff...Dit is ook ‘n saak, as jy by een persoon inligting versamel is dit plagiaat, as jy by klomp mense inligting versamel is dit navorsing. WIE het daai reël gemaak? Dis nie so slim gevolgtrekking nie. Gevolgtrekking is ‘n groot woord. En mens klink slim wanneer mens dit gebruik. Blykbaar...
Maar ek kan nie regtig ‘n gevolgtrekking maak op die onderwerp nie, dis moeilik, ek sal self fisies met ‘n vis moet praat. Hoe doen mens dit? Sal moet gaan navorsing doen. Miskien as Flint Lockwood, Steve se thought translator vir my leen kan dit gedoen word. Wie weet? Nie ek nie. Lewe is moeilik. Pff...
Ok lekker dag! Probeer om baie te smile, dit maak jou lip, mond en wangspiere fiks. Dis nie lekker as daai spiere onfiks is nie.  
Laat dit juig!
=>

Monday, 2 April 2012

Jy verloor die beste gewig wat jy het...

So...I’ve been thinking. Almal gaan mos so aan oor gewig verloor en sulke “interessante” goed. Jis...dit is mos baie interessant as mense staan en praat oor hoe flippen vet hulle is. En as jy saamstem dan is dit offensive.

My theorie: Jyt genoeg tyd om maer te wees wanneer jy dood is, maar jy kan nie roompoffertjies saamvat graf toe nie. So geniet hulle hier op die aarde. Weet julle waar is roompoffertjies die lekkerste? By begrafnisse. En joke nie nou nie. By elke begrafnis waar ek nog was, was die poffertjies uitstaande. Gaan koop ek dit dan in die winkel, smaak dit bleh. Daar kort net daai ietsie. Ek weet nie of daar ‘n spesiale resep is vir begrafnis poffertjies nie, maar dis belaglik lekker!  
Anyway...terug by my oorspronklike punt...
Wanneer mens 20kg verloor, mag ons dalk die beste 20kg verloor wat ons het. Ons mag dalk die gewig verloor wat ons slimheid, ons menslikheid, ons liefde en eerlikheid bevat. Wat as jy dit verloor? Dan word jy ‘n barbaar. En wie wil nou ‘n barbaar wees? Ek dink dis moontlik...Want vet hou jou warm en gee vir jou ‘n sagte landing wanneer jy val en as jy dit verloor, wie/wat gaan dan jou landing sagter maak? En dis insolation vir die winter! Jy’t nie ‘n warmkombers nodig nie!!!
Just saying!
Have a splendid day!
Laat dit juig!
=>

Tuesday, 27 March 2012

Toe nie so slim nie...

So ekt gedink. Die term het net by my opgekom. Gebraaide water...

Het julle al aan daai term gedink. Dis dieselfde as kook water, dis net, jy braai dit. sal 'n awesome party maak. Wat het jy gebring om te braai? Water...jy? Miggie rib. Heerlik.

So I was thinking...skool. Weird konsep. Gaan daarnatoe...Sit daar vir die helfte van jou existance, jy onthou niks na skool nie, net so by the way. Dit het my nou die dag getref en eks so jammer ek het nie hieraan gedink toe ek in die hellhole was nie. Dis onmoontlik vir een onderwyser om al die vakke te gee, maar een kind moet al die vakke leer. Maak mos sin nè? EN...Daar is 'n rede hoekom die afrikaanse juffrou nie wiskunde gegee het nie, want sy kan nie wiskunde doen nie. Ek het al baie gedink hoe dit sou wees om iemand se pet te wees! Al wat jy heeldag hoef te doen is lê , jy kan TV kyk, en eet. Sonder dat enige iemand vrae vra. Dit moet nogal insane wees, en dan kan ek so klein bedjie hê wat my naam op het en als! Jis dis die lewe!

Jis maar julle moet 'n ongelooflike lekker dag hê!

Laat dit juig en onthou om te recycle...

Tadala.

=>

Tuesday, 13 March 2012

Terms & Conditions & Vlieënde Koeie!

So I’ve been thinking...
Elke keer wanneer ek koffie drink dan kry ek ‘n pyn in my oog. Die dokter het voorgestel dat ek die lepel uit die koppie moet haal voordat ek drink. Nogal slim. Dink so aan dokters, hulle moet nogal vrek slim wees. Om al daai medikasies so uit hulle koppe te ken en net so neer te skryf, ek sal nooit ‘n dokter kan wees nie. Ek skryf te mooi. Maar hulle sê mense met baie moesies is blykbaar slim nou ek weet nie so mooi van daai een nie, maar in die geval wat dit waar kan wees, kan ek nogsteeds nie ‘n dokter wees nie. Het altyd toe ek klein was heavy baie sproete gehad van in die son speel, maar dit tel seker nie, nè?
Anyway...
Het nou die dag iets gelees en dit het my baie laat dink, wat as die cure vir Aids in die terms & Conditions staan? Ek meen, wie lees OOIT die t&c’s? Niemand sal weet nie! En ons almal gaan aan met ons lewens, en die mense met Aids, hulle gaan nou maar elke maand kliniek toe en gaan haal hulle pilletjies en drink dit elke dag, en dit kos die regering baie geld om die pille so verniet weg te gee en al die tyd staan die cure in die terms & conditions. Sal iemand ASSEBLIEF die terms & conditions gaan lees, en die mense help uit hulle misery uit? Ek gaan dit beslis nie doen nie, dis te veel!
Dink net, as jy dit ontdek kan jy basically die wêreld red van Aids en bankrotskap. Jy sal soos ‘n stanbeeld kry daar by die universiteit van Pretoria, en die voëltjies sal op jou skouer kom sit en bessies eet.
Hoe cool sal ‘n vlieënde koei wees? Huh? Het julle al daaraan gedink? Jy hoef dan nie melk te gaan koop nie, jy bel net die boer en sê jy soek melk en hy sit vir die koei ‘n GPS aan en kom reguit na jou huis toe! Betaling sal ook nie ‘n problem wees nie, sit net ‘n sakkie om die koei se nek met die geld in, of EFT net vir die boer! Dit sal belaglik cool wees!
Ok...elkgeval.
Check julle!
Lekker dag!
Laat dit juig!
=>