Die jaar is verby...so te sê...nie regtig nie. Soos ek
vandag my laaste dag by die “werk” het, sit en en reflect ek oor
hoe suksesvol die jaar was. Ek het die hele jaar gewerk! Die hele
jaar, van Januarie tot Desember. Ek kort 'n sertifikaat of iets.
Vandag voel ek luier as die ou wat die Japanese vlag ontwerp het.
Soos ek terug dink was dit 'n lekker
jaar vol crazy tye. Meeste mense in my lewe het liefde gevind en
getrou en is nou sterk oppad om kinders te hê. Sterkte, ek hoop dis
suksesvol. Die wêreld het nog kinders nodig. My jaar som ek so
op...Just Me January, Forever Alone February, No Match March skip
vorentoe na Single September, Only Me October, No Boyfriend November
en dan Don't Date Me December. Al my maande was suksesvol, I got
this. Crazy cool jaar. Hahaha...dis 'n joke. Dis fine om single te
wees, alles op sy tyd né! Nou toe.
Ek het gedink, kos is so groot deel van
ons lewe. Julle weet, jy moet dit hê om te lewe, anders voel jy sleg
en pap. Sonder energie. Ek dink so aan vegetarians, en kry die plante
jammer. Elke dag word mijoene plante dood gemaak. Die tipe geweld
moet gestop word. Eet 'n stukkie vleis. Dit sal jou lewe verander.
Ons het dit nie tot aan die bo-kant van die voedselketting gemaak om
plante te eet nie. Is plante goed so nou en dan? Sure! Maar net nou
en dan. En al die goed het my laat dink aan tegnologie. Laat ek my
thought pattern verduidelik: Kos → Cloudy with a chance of
meatballs → Steve → 'n Masjien maak die kos → Donut Masjiene →
Hoekom het ek nie een nie? → Inventions → Hoe verf gemaak word →
Die development van tegnologie → Squirrel → Tegnologie vorder
so mooi → Iemand moet 'n masjien ontwerp waar ek kos kan download.
Smaaklike kos. Dit sal cool wees. Een downside is dat die res van die
wêreld dan soos Amerika sal lyk. Maar toe dink ek as almal groter
word, dan sal alles mos shift, soos medium sal die nuwe small wees en
large die nuwe medium en dan supercalafragilisticexpelladosus die
nuwe large. Hulle sal 'n abbreviation vir daai woord moet kry. Kos is
amazing veral as jy dit reg doen, Is daar nog iemand wat 'n snack eet
terwyl hulle 'n snack maak, want soos jy die snack maak raak jy
honger? Ek doen dit nie. Dis te erg.
Ek lees nou die dag 'n artikel, en daar
is nou so nuwe storie op TLC, oor tannies wat soos erg oud is en
hulle mans is baie jonk ek praat nou soos van die tannie is 87 dan is
haar man 24. Ek's all for trou met 'n jonger man, dis goed, niks
fout daarmee nie, maar die is nogal next level. Ek lees ook toe oor
Madonna wat 55 is en haar boyfriend is 22, en Jennifer Lopez, ek weet
nie eers wie dit is nie, sy's 43 en haar boyfriend is 26. Ek troos
toe myself daaraan dat dit is fine dat ek nog nie date nie, want my
boyfriend is dalk nog nie eers gebore nie. Ek's nou maar 22. Crazy ek
weet, my mind is blown. Dan gooi mense daai line van “ouderdom is
net 'n nommer” ouderdom is heel duidelik 'n woord. Dis wat ouderdom
is. En AS ouderdom net 'n nommer was, (wat dit nie is nie, dis 'n
woord) dan is die tronk seker net nog 'n kamer. Né?! Korrek.
Wysheid stroom uit.
Be educated.
Lag 'n bietjie!
Die Bertha.