This is where it all starts...

Wednesday, 13 June 2012

Die eintlike vrae van die lewe...


So ek het ‘n ding met mense wat in flippen suits rondloop vir fun...dis creepy. Heavy creepy! Ek meen come on...dink net daaraan. Die persoon wat daai suit dra mag dalk net nie so gelukkig wees soos wat die buitekant van daai costume is nie. Wat as jy by Disneyland is, en jy pose saam met Mickey, en Mickey dink jy’s die gelukkige wenner om met ‘n mes gesteek te word? Wie sê Mickey se binnekant lag? En...wat as ek nie te goed is met body language nie, en Mickey se body language lyk bietjie af en ek kom nie dit agter nie en dan steek Mickey my met ‘n mes? Nie cool nie. Ek het al een keer fisies ‘n nar aangerand. Hy’t mos gedink hy snaaks. En daai goed los jou nie uit totdat jy vir hulle attack nie.
Ek maak ‘n wilde raai dat die mense wat so in die costumes rond parade dieselfde mense is as wat van huis tot huis gaan en stofsuiers en oondjies verkoop. Hulle hou mos nie op totdat jy nie jou maandelikse salaris op hulle spandeer het nie. Baie dikvellig. Blykbaar is “I am” die langste sin in die engelse taal. Nou wat van “I do”????  Dieselfde lengte net daar. Wat gaan aan met die mense? En hier is waaroor ek wonder. Baie. As iemand wat besig is om deur ‘n mid-life crisis te gaan wegkruipertjie speel...verloor hy outomaties omdat hy nie homself kan vind nie? Of wat? En het julle al gehoor dat outomaties klink soos ou tamaties? Nogal cool ne!! Jis!  Hoekom sê “hulle”...net so by the way, ons het uitgevind dat “hulle” is die Huisgenoot. True story. Ok...maar hoekom sê hulle dat 60 is middle age? Hoeveel 120 jarige mense ken jy? Want ek ken nie een nie. EK het al ‘n tannie ontmoet wat 100 is! True story...by Karl Bremer! Pretty cool tannie gewees! Imagine al die stories wat sy kan vertel! Wow! 100 jaar se insane stories! Dit moet nogal cool wees om in haar brein te bly! WOW! WOW!
Anyway! Sal weer skryf!
Lekker dag!
Spread the joy. Dit kos niks!
Laat dit juig!
=>