Ek het so ding wat ek altyd doen wanneer ek verveeld is. Party
mense dink dis weird. Nie ek nie, want dis lekker. En wie define wat weird is.
Nee man. Wees weird dis lekker.
Nou…wat ek doen is die volgende. Ek lê op die vloer en maak of ek ‘n
wortel is. Dit klink nie baie interessant nie, maar ou matie, dis lekker! Gewoonlik…
raak ek net aan die slaap, maar eendag het baie lekker gelê en ek raak toe aan die
slaap. Begin toe te droom. In die droom doen ek dieselfde as wat ek in die
regte lewe doen, maar eks actually ‘n wortel, net met bene en ‘n gesig en ek
kan praat. En daar kom toe ‘n haas verby. Vreet my op. Was tragies. Nou lê ek nie meer so baie op die vloer en maak of ek ‘n wortel is nie. Dis
omtrent dieselfde as hoe vang jy ’n hoender? Jy sit agter die bos en maak soos ‘n
mieliepit. Dis vreemd, maar effektief. Hoenders val elke keer vir dit. Hier is ‘n
interessante ding, ek het dit al gedoen om uit ‘n boring gesprek te kom…hahaaa…nogal
goed. As die persoon met jou praat: stop, drop and roll. Werk soos ‘n bom. En
dis baie snaaks. Jy kan net wegrol. Die ander person is te geskok om iets te
doen. Party sê dis ombeskof, ek sê nee. Die lewe is te kort om te staan en
luister na ‘n vervelige gesprek, ons moet adventure hê. Die heeltyd. En ek wil
nie doodgaan van boredom nie. Ek weet nie of mens kan nie, maar ek gaan nie
kanse vat nie. Hoe gaan dit nie lyk as jy eendag by die poorte van die hemel in
die lyn staan en almal het doodgegaan van hierdie awesome goed en nou staan ek
daar en sê ek het doodgegaan van boredom nie? Ek gaan mos my naam met ‘n spreekwoordelike
plank slaan. En ek is al met ‘n regte plank geslaan, dis seer. En ek het
uitgefigure hoe ons world peace kan kry. Vervang suurstof met helium. Hoe kan
jy kwaad bly vir iemand wat soos ‘n chipmunk klink?!
Stuff to think about!
Hou aan smile!
Laat dit juig!
=>