This is where it all starts...

Friday, 29 July 2011

Swart en wit en grys met base.

Ek kyk vanmiddag vir Days Of Our Lives...ja i know shocking...vir 1 of ander rede, en ek weet nou nog nie wat die rede is nie, is die hele episode in swart en wit en grys. Die ouens se hare is in middelpadjies gekam...nie alle ouens kan daai look pull nie. Die ou wat Phillip speel looks like a lesbian in the navy, met kruisbande. Die vroutjies se hare is so mooi wavy soos wat Marilyn haar hare gehad het toe sy oor die vent gestaan het met haar wit rokkie. Persoonlik dink ek daai is weird. Why?

But anyway...soos ek nou die belaglike storie sit en kyk wonder my brein, why in the world would they have make-up on? Ek weet, ek weet...julle dink nou hoekom dink my brein in engels? Ek wonder ook daaroor. Maar ek dink daai is 'n legit vraag. Want vir 'n swart en wit en grys stuk vir die mense om make-up aan te hê is stupid...want dis swart en wit en grys. Niemand gaan dit sien nie. Ek dink nie dis goed dat mense sommer so in die lig op skiet nie, hulle kan 'n voël doodskiet. Behalwe base dis ok as die swart en wit en grys storie mense base aansit dan hou dit die vel mooi smooth. But otherwise...not so smooth.

Time to chill. Is baie lus om 'n boomhuis te bou.

Wil weer 5 wees.

Be kind!

=>

Wednesday, 27 July 2011

Die stemme in my kop mag dalk nie rêrig wees nie, maar hulle het 'n hele paar goeie idees.

Altyd in die magazines staan daar get your free gift. Dan laat dit my wonder van wanneer af is 'n gift nie free nie? Dis presies dieselfde as 'n ronde sirkel, van wanneer af is 'n sirkel nie rond nie?

En toe wonder ek verder kan mens gecorner word in 'n ronde kamer? Hoe sal dit moontlik wees? Haha. Het gisteraand gedroom 'n ninja en 'n pirate baklei. Nou eks all for ninjas. Hulle is tonne beter as pirates, those of you that disagree, 'n ninja is capable om 'n undercover pirate te wees, maar 'n pirate kan NIE 'n undercover ninja wees nie. Hy's te vuil. Maar elkgeval in die droom jaag die pirate die ninja en hulle eindig op in 'n ronde huis. Díe dat ek nou wonder oor die corner ding. Het julle al julleself wakker gelag? Dis so lekker, die mense in my onderbewussyn is belaglik snaaks. Hulle ken goeie jokes en vra altyd legit vrae wat mens lekker aan die dink sit. Soos die ander dag raak ek wakker en die een mannetjie in my slaap het gepraat hiervan. Om idees van 1 persoon te steel is plagiaat, maar om idees van baie persone te steel is navorsing. Né? Dit maak tog sin. Daai klein cowboy het 'n punt beet.

So...dit bring my by die conclusion. Stemme in jou kop mag dalk raas en aangaan, maar hulle verskaf beslis entertainment aan die vervelige deel van my brein.

Have a nice day. Be kind. Keep on praying...He's listening.

=>

King Kong se Edgars snuif...

Stap die ander dag in Edgars besig om 'n broek te soek. Almal wat my ken weet ek haat shopping. Eerstens is dit in 'n stowwerige mall met 'n gekappery wat deur my brein gaan en dan staan die siel wat mens moet help daar en snuif so dat King Kong sal skaam kry. En die 2 agter die till staan en klets vir 'n vale so asof die wêreld gaan eindig as sy nie nou die storie gaan klaarmaak nie. Oh ja...net 'n voetnota, moet nooit vir die till ladies vra of hulle tee saam die klets wil hê nie. If looks could kill...

Maar elkgeval, ek loop so en in elke mall is daar aanmekaar iemand wat my hande wil was of my naels wil buff. En hulle gaan altyd aan oor mens se vel. Probeer altyd die mense dodge...but they hunt you down. En hulle is soos Jack Russelltjies kêf, kêf die heeltyd hier om mens ekt so spesmaas hulle sal enkels ook begin byt as hulle desperaat raak. En daai buisie room wat R600 kos. Rêrig? Dit word blykbaar uit die dooie see gehaal en dan praat die vroutjie met haar aksent en goue bril my so deurmekaar dat ek heel confused is. Het gevoel ek wil die pen in haar oor druk.

Die hele bank vibreer as hier 'n kar verby ry. Dis weird.

Hoekom as 'n deur oop is dan is dit ajar, maar as 'n jar oop is dan is dit nie adoor nie? En hoekom beteken fat chance en slim chance dieselfde ding?

Mmmmm...

Be kind!

=>

Saturday, 23 July 2011

Die Woordfabriek en Microsoft is in Cahoots!

Sit en kyk so lekker deur die woordeboek...ja. Daar is belaglik baie woorde wat mens kan gebruik om slim te klink. En so paar om minder intelligent te klink. Die hele ding is, mens het nou al die duisende woorde, maar ons gebruik soos, as my kalkulasies korrek is, 50 van hulle...dis 'n rowwe skatting. Daar is baie goed wat 'n rol speel soos in watter dorp jy grootword, wie jou grootmaak, omring jy jouself met mense wat die woordeboek lees ensovoorts, en so aan.

But all that put aside...ekt so gesit en dink. As 'n woord in die woordeboek verkeerd gespel is, is dit dan verkeerd? En as dit verkeerd is, hoe sal ons weet? Ek dink dit is 'n geldige vraag! Die mense by die woordfabriek kan besig wees om HAT verbruikers vir 'n moewiese ride te vat. Ons dink ons spel reg, want dit staan so in die groot vet boek van woorde. Dan sit die mense by die woordfabriek en lag in hulle mou vir ons wat blog en ons statusse update. Hulle het 10 to 1 lankal Microsoft se spellchecker gehack en hulle settings verander sodat ons dink dit help ons om reg te spel. Daar is ook die moontlikheid dat die woordfabriek en Microsoft in cahoots is. Hulle wil die wêreld oorneem met hulle reg gespelde woorde. Ekt nog altyd so spesmaas gehad dat Bill Gates en sy brille het 'n verskuilde agenda.

Maar ek gooi nou maar net 'n klip in die bos. Dit kan als onskuldig wees. Or is it...? Hier is 'n slang in die gras!

Ok...geseënde dag! Have a good one!

Lekker dag vir boomklim en garage deure verf.

Spread the Gospel! Be kind to one another!

=>

Sunday, 17 July 2011

Hoe...Hoe...Hoekom? Just asking.

Daar is baie vrae wat rondwaal in my kop. Soos hoekom moet die drom eers oorloop voor hy uitgevat word? Hoekom druk mense die remote se knoppies harder al weet hulle die batterye is pap? Hoekom sê mense altyd as hulle iets soek: "Dis altyd die laaste plek waar mens kyk." hoekom sal jy verder soek as jy dit klaar gekry het?

Hoekom sal mense opstaan die hele huis deursoek vir die remote terwyl hulle net die kanaal kan oorsit op die tv? Hoekom is daar niks in die treasure chest onder die tv nie? Het hulle 'n naam vir die weefsel waarvan gras gemaak word? As iets fake leer is dan is dit mos nie leer nie...Hoekom is die kleur vir gevaar en liefde rooi? Is dit dan gevaarlike liefde?

Ok...het hieraan gedink. By 'n busstasie stop 'n bus, by 'n treinstasie stop 'n trein. Ek het 'n werkstasie...hoe nou? Is motte regtig van stof, want ek weet nie. Hoekom het die nuwe Shield ad opera musiek by? En waar kom die idiome: 'eks van my sinne beroof' en 'jys voor op die wa vandaan'? Hoekom is kinders nie meer kinders nie?

These are the questions that haunt me...

Spread the joy!

=>

Friday, 8 July 2011

When I grow up, I want to be a acupuncture therapist. Then I'll have a degree in poking people.

Weet julle wat dink ek aan? Acupuncture. Nie om dit te laat doen nie, maar die actual ding. So gaan lees ek toe bietjie op daaroor...ekt 'n brein wat heeltyd gestimuleer moet word...anders dwaal hy rond. Gelukkig het mens 'n skull en vel. Anders het ek constantly vir Pokkels gesoek. Pokkels is my brein se naam. Jap...i know. She insisted.

Anyway...soos ek lees kom ek agter moet jy blykbaar swot vir dit en al sulke dinge, want mens moet mos leer van senuwees en sulke goed. So val dit my by...as ek nou dit gaan swot, wat ek nou miskien oorweeg...highly unlikely...dan het ek 'n graad daarin om mense te poke! NÉ! Hoe awesomely fantastic sal dit nie wees nie?! Poking people with a stick is een van my hobbies, en wat beter as om 'n hobby in 'n career te verander? Almal sê dis die ideale ding om te doen, want dan hoef jy nooit weer te werk nie.

Maar waaroor gaan ek dan moan? Hahaha. Nee...trek net my been. Waar gaan swot mens vir die acupuncture goed?

Mmmm...

Oh ja...jy weet jys gestress wanneer jy mimes kan hoor.

Laat weet my as die stemme in my kop julle pla.

Be kind to one another!

Word.

Hahahahaha...nee dis net verkeerd.

=>.

Thursday, 7 July 2011

Never drink water. If it can rust iron, imagine what it can do to your stomach...

Drink nou net 'n slukkie water...nou almal sê dis goed vir jou. Blykbaar. Weet hulle watse goeters dryf rond in daai blink goed?

Nou ekt nog altyd die theory. Water bring kinders...het julle al opgelet hoeveel vrouens is swanger? Dit moet baie beslis iets in die water wees! Almal sê daai groot voël met die sak bring die kindertjies...weet nie wat is sy naam nie. Die Stork. Ja die Stork. Wats dit in my moedertaal? Wel...die persoon wat daai storie begin versprei het, het nie opgelet in die voorligting klas nie. Buuuut anyway...

Terug by die water...terwyl ek in die helfte van die sluk is begin my brein hardloop met my...en hy race vir 'n vale. Try hom stop, but its just going and going...en hy maak die conclusion, en dit maak nogal sin vir my...As water yster kan roes, imagine net wat dit aan jou maag kan doen...dis freakin scary stuff. En mense kan nou maar sê eks kens. Maar party goed is nou maar so. En as ek kyk na hoe die kanaal lyk verstaan hoekom die yster roes.

Jaa...julle moet op julle hoede wees. Die water vat oor. Staan oopmond in die reën! Lekker lekker!

Doen 'n awesome toertjie in die reën. Maar as jy val en altwee jou bene breek moenie na my toe kom hardloop nie!

Wees open minded, maar ook nie te veel nie, dan gaan jou brein uitval.

Ok...catch you on the flipside.

Be kind to one another and help a stranger in need. Even if its just a smile!

=>

Monday, 4 July 2011

Winnie the Pooh, Starfish Vriende en Braai Onder die Water. I Say Yesss!

Ek wil 'n technicolor dreamcoat hê soos Joseph! Dit moes awesome gewees het om in die oggende so 'n jas te kon aantrek, want bright kleure cheer mens op! Dit maak die wêreld 'n baie beter plek! Hoekom dink julle is 'n reënboog so awesomely glorious?! Daar niks so cool soos 'n reënboog nie. Shows the amazing glory of God!

Hoe mal sou dit gewees het om 'n cartoon character wees? Ek meen nou nie iets stupid soos Ben 10 nie...Kevin eleven gaan beter wees, maar anyway...ek praat nou van die legendary cartoon characters soos Dexter en Dee-Dee? Daai chicky is irritating. Of as mens Winnie kon wees...nie Winnie Mandela nie, Winnie the Pooh the honey eating yellow bear! Daar beertjie sal geweldig cuddly wees! Wens ek kon hom duik! Die beste cartoon character is baie beslis Spongebob nie net is hy 'n spons wat onder die see bly nie, hyt 'n starfish vir 'n vriend, hy bly in 'n pynappel, hyt 'n slak vir 'n pet...wat miaauw...hy is altyd positief, maar die beste is sekerlik die BROTHER KAN BRAAI ONDER DIE WATER!! Chuck Norris het niks op Spongebob nie! Net oor daai feit moet hy president word. Die wêreld sal 'n awesome plek wees. Baie kinderlik, maar wie het nie 'n klein bietjie kind in hulle nie?

Dis die wêreld waarheen ek escape. 'n Wêreld waar Spongebob president is, waar ek jelly visse met 'n net kan vang, en kan braai onder die water.

Klink idillies.

Keep some innocence, en glo soos 'n kind.

Tadala.

=>

Friday, 1 July 2011

Mak Giraffes, Giant Kiwi's en Disturbing Piesangs...Oolala!

Wens ek het 'n mak giraffe gehad. Jissie niemand sal met my gesukkel het nie! Daai ding sal jou op jou kop gepik het. Wonder hoe 'n hoender gekruis met 'n giraffe sal lyk...mmm interesting!

Hoe freaky is mense in costumes? Ek praat nou van nar costumes en Barney en Teletubbies en daai stukke...nou die dag in Fruit & Veg stap ek, minding my own business, en daar's 'n person dressed like a massive Kiwi. Nou ekt altyd gedink kiwi's is relatively harmless tensy jy choke en al daai lekker dinge. Nou soos ek loop, loop ek draaie om die ding, trying to avoid it, want wie wil nou met 'n giant kiwi gesels? En eks bang vir goed in costumes. En wat doen die freakin vrug? Hy agtervolg my! Jaa, die kiwi met die massive voete...'n size 25 minimum. Wat belaglik is tensy jy die statue of liberty is. En 'n kiwi moet so by the way nie bene hé nie! Dis disturbing. Dis soos om vir 'n piesang 'n neus te gee...ek weet...disturbing. Oh ja die kiwi...hyt anyway te veel ooghare gehad. Wonder of mens 'n giant tweazer kry. Moet gaan kyk by Crazy Store. Can anyone say unibrow? UNIBROW! This what its all about...in a scottish accent.

Hoe cute is scottish en irish accents? Flippen cute! Maar dit sou freaky gewees het as die teletubbies scottish accents gehad het.

Wonder hoe lank sou Barney vat om sy hare te straight...laaaaank.

Alright, bless julle!

Kry 'n hoola-hoop en teken groot sirkels vir die fun!

Be kind to one another!

=>