Lank terug, voor Makro, moes jy geld betaal om 'n vrou met 'n baard te sien. Nie meer nie, die groot shopping plekke in Kraaifontein verskaf vir jou alles van huishoudelike produkte, flippen cool speelgoed tot vrouens met baarde. Get it all this morning...
Soooo...ek kyk nou die dag 'n fliek. Ek hou nie meer so baie van movies nie, want al die goed is dieselfde. Dit begin en dan lyk dit of die bad guy gaan wen en dit gebeur net nie...die slegte ou staan met 'n gun wat wys na die goeie ou en dan moet hy eers so 'n freakin lang storie vertel vir die goeie ou, voor hy hom skiet en dan het die goeie ou se tjommies tyd en kom red hom. Dis so cliché, laat die slegte ou hom skiet, dan is almal verras of erg teleurgesteld. En wat's die deal met romantic comedies? ALMAL presies dieselfde...no jokes. En die mense het altyd sulke voorspelbare name. Die meisie se naam is altyd iets soos Sarah of Heather en sy was die popular chickie, en dan die dude wat die popular een is se naam is Heath of Blane of iets wat klink soos I'm sexy, I'm hot, I'm everything you're not...En dan die outjie wat 'n mullet en crocs het se naam is soos Guy of iets. Net eenkeer wil ek hê dit trailer moet so begin: "Tandiswa was looking for love in all the wrong places..." en dan moet dit soos wys hoe sy by die begrafplaas 'n graf oopmaak, want dis tog die verkeerde plek om vir liefde te soek. "But then she turned around and saw Sakoia standing there with a red rose, a violet violet and a yellow sunflower..." Dit sal 'n treffer wees. Ek's in die verkeerde beroep...wow. Mense moet regtig beter movies begin skryf. En almal gaan oor hoe erg die Titanic was, well, dit gaan als oor perspektief. Vir die krewe in die skip se kombuis was die feit dat die skip gesink het 'n wonderwerk. Ek't dit lank genoeg ingehou, maar ek kan nie langer nie...it's out. Deal with it.
*The kid next door challenged me to a water fight. So I thought I'll write this blog while I wait for the water to boil.*
Ok, I'm out.
Laat dit juig.
Peace.
Die Bertha.
=>
This is where it all starts...
Friday, 31 May 2013
Wednesday, 29 May 2013
Stop calling it hot sauce. It's degrading. Start calling it beautiful sauce.
Wanneer okal jy kwaad word en voel of jy iets regtig dom gaan doen, dink net hoe jy sal lyk in daai oranje tronk-pakkies en probleem opgelos. Dis baie effektief.
Ek sit nou die dag so en dink, almal het mos so klein gewoonte wat hulle ''uniek'' maak. Dis soos 'n signature move. Dink toe wat is myne...toe kom ek agter, my signature move is om nie baie te beweeg nie. So in actual fact my signature move is not moving a lot. Dit is goed om buitentoe te gaan. Maar hoe gereeld kry jy net nie kans om te sit en deur al jou gedagtes te gaan. Of jou gedagte. Ek kyk nou die dag die nuus. CNN is nie so legit nie, hulle rapporteer toe oor 'n ou wat gearresteer is omdat hy 'n fanny pack en crocs dra, blykbaar moet jy ook klere aan hê. Hoekom is CNN nog 'n nuus stasie? Ek dink in journalism school kan hulle maar nou net sê rapporteer net als wat op Twitter gesê word. Key rings, dis 'n interessante ding. Dis soos 'n uitvindsel wat uitgevind is, no jokes, om AL jou sleutels op een slag te verloor. Dink daaroor...jy weet dis waar. Ek hoop die persoon wat dit uitgedink het, het 'n patent daarop uitgeneem. Anders verloor hy baie meer as net al sy sleutels op een slag. But anyway, you win some you lose some.
*Moths are just fat butterflies. Don't hate.*
I got nothing more.
Laat dit juig.
Die Bertha
=>
Tuesday, 28 May 2013
I have a fear of speedbumps, but I'm slowly getting over it.
Iemand moet ‘n wekker ontwerp wat die reuk van bacon vrystel
wanneer hy afgaan! Wow...ek sal so vinnig uit die bed wees! Hoop net nie ek kry
‘n head rush an te vinnig opstaan nie...maar bacon...Mmmm!!!
Het julle al ooit agtergekom dat die mense wat sweat pants
dra, is die mense is wat nooit sweet nie...dis een van daai Murphy ou se laws,
dink ek. Nou hier’s die toets...ek gaan koop toe vir my sweat pants, en trek
hulle toe aan gym toe. Dis korrek ja, ek gym nou. Gaan teen alles wat ek is,
but I’m there. En kom ek sê julle, dis nie ‘n grap nie. Maar dis vet pret om
die mense te kyk, dis altyd interessant. Niemand wil oogkontak maak met iemand
anders in die gym nie. Ek het altyd gewonder hoekom nie, toe loop ek eendag in
die badkamer in toe ek nou klaar is, en wat sien ek in die spieël? So rooi/pienk
bal met bruin oë, ‘n bril en bruin hare. En dit het ‘n lyf ook. Toe verstaan
ek, mense maak nie oogkontak nie, want jy lyk nie goed wanneer jy oefen nie, so
kyk maar net af, en imagine jy lyk absoluut fantasties. Want jy doen, in jou
kop. So elkgeval, ek kry toe die sweat pants, trek dit aan en gaan gym...needless
to say the sweat pants lived up to its name. Dis ‘n klug. So nou dra ek maar
nie weer sweat pants nie. Dis baie gemaklik, en maak ‘n fantastiese slaapbroek.
Hulle moet dit skuif na die pyjama section van die winkel toe, want oh my word,
verander my lewe!
*There is no place like home, unless you’re homeless, in
which case everywhere is like home.*
Ok...That’s it.
Laat jou paradigms van wat liefde is, geshift word vandag!
Peace.
Die Bertha.
=>
Wednesday, 22 May 2013
A search party looks like a fun way to look for someone...
As jy ooit ‘n pil op die vloer van ‘n publieke badkamer kry,
Google maar eers die naam voor jy die pil sluk. Wow…
Hier is die ding, hoekom gee fast food plekke sulke stupid
name vir hulle kos? Ek voel altyd soos ‘n vet nul as ek iets moet bestel. Kom
by die drive through…net so by the way this through en nie thru nie. My word…Waarnatoe
gaan die wêreld? Is dit soveel moeite om 3 ekstra letters te tik? Wow…anyway:
kom by die drive through en bestel iets, dan is dit so stupid naam soos scruffin’egg
mcmuffin’ we’re puffin’, upsize. Wat de hel? Die mense by wie jy dit moet
bestel weet nie eers wat jy sê nie, dan moet jy herhaal en vir die tweede keer
soos ‘n vet nul voel. Eks besig om ‘n vrees te ontwikkel om kos te bestel. Dis
belaglik. Ek dink, en die mag dalk in my kop wees, maar dalk record hulle almal
wat inkom en weird goed bestel en dan speel hulle dit by hulle jaareind funksie
en lag en lag en lag…dis wat ek sou doen as ek ‘n so restaurant gehad het. Just
saying. Beware vir wanneer ek my eie fast food plek oopmaak. We need to take a
stand against the ridiculousness that is food names. Pff. Sausage Egg McMuffin,
Cheesy cheeseburger, wat is ‘n cheese burger anders as cheesy? Ek sou hoop my
cheeseburger is cheesy. Red nou ‘n nasie…
*Apparently saying, “Oh I just came to watch…” makes
everybody in the pilates class uncomfortable.*
I’m out.
Peace.
Die Bertha.
=>
Tuesday, 21 May 2013
Read everything in a British accent...because it's fun.
Eenkeer het ek soos 30 sekondes vir iemand gewaai voor ek
agter gekom het dis ‘n kaktus. Ek’s seker dit het al met baie mense gebeur.
Nie? Haha…met my ook nie…haha. Awkward. Nervous laughter. Haha.
So I’ve been thinking, wat as oxygen ons stemme regtig diep
maak en helium dit actually terug vat na sy normale pitch toe? En dit maar
eintlik net genade is dat ons so praat soos nou, want wie gaan jou ernstig
opvat as jy heeltyd in ‘n high pitched voice praat? Die kinders in jou klas sal
vir jou lag man. Kom ons almal vat ‘n gou ‘n oomblik en wees dankbaar. Daar is
so baie dinge in my lewe waarvoor ek soooo dankbaar is awesome vriende. Aaah,
lekker kos. Die feit dat ek my skoene beheer en hulle nie net kan loop waar
hulle wil nie, want Vader weet waar hulle orals sal gaan loop. Ek dink my
skoene in nogal bietjie hos, en dat as hulle die kans sou kry, dat hulle sal
township toe loop en gaan break dance…no jokes. En ook die feit, dat ek nie
crocs hoef te dra nie. Oh my word, dankie daarvoor. Maar die ding wat ek dink
hoog bo aan my lys van dankbaarheid is, is die feit dat spinnekoppe, en ek
bedoel daai groot swartes, nie kan vlieg nie. Ek weet nie wat ek sal doen as
hulle begin vlieg nie, imagine dit gou. Ok…stop. Dis ‘n horrible thought! Ek
verseker my spaceship pak en trek na ‘n ander planeet toe. Seriously.
*I met a lady named Polly ones. She didn’t care for crackers
or my sense of humor.*
I’m out!
Laat dit juig!
Die Bertha.
=>
Monday, 20 May 2013
This one is a thinker. Now that I think of it, not so much...
Seriously, no jokes, Facebook moet ‘n limit sit op hoeveel keer ‘n person hulle relationship status kan verander. Na vyf keer moet die default net soos “unstable” wees. Want regtig…jy kan nie elke twee weke life wees vir ‘n nuwe piesangpit nie, kry ‘n bietjie self-respek asseblief…
Soooo…ek’t gedink gister oggend, and this one is a thinker, mag dalk in die begin confusing wees…veral vir afrikaanse mense, want afrikaanse mense is nie engels nie. True story. Here goes: Was the pirate’s hook the cause of his eye injury? Or…did the eye patch affect his depth perception causing the hand injury? Nou almal het die debate oor Ninjas of Pirates…my persoonlike opinie en smaak is vir Ninjas, want lets face it: Ninjas is gevaaaaaalik! En hulle kan soos die swartkat in die nag rond sluip...en wie wil nou nie dit doen nie? Pff. En dit lyk of hulle baie sushi kan eet, en wie hou nie van sushi nie? Pff. Maar toe dink ek oor pirates, hulle lyk vir altyd so vuil…but that’s beside the point. Ok…het hy die hook hand gehad, toe pla ‘n miskiet hom toe prober hy die vlieg weg jag met sy hand en haal perongeluk sy oog uit? (As hy het hoop ek dat hy die miskiet gekry het.) OF het hy sy oog verloor en toe kan hy nie sien aan sy linkerkant nie, en toe tref ‘n meteor sy hand? Daai pirate op Spongebob Squarepants FREAK MY UIT!!! Weet julle wie freak my nog uit, tannie lady gaga, ek amper seker sy smeer haarself vol gom en gaan rol dan rond in random goed. Maar anyway…elke outjie het sy foutjie. Bless haar.
*Don’t smoke cigarettes, there are cooler ways to die.*
Well…that’s it.
I’m out. Peace.
Die Bertha.
=>
Friday, 17 May 2013
Today marks the 22nd year in a row, that I haven't wore a shirt with an alligator logo on. This has got nothing to do with my post...
Sometimes you’ve got to ask yourself, why I am I talking to
myself?
Wat ‘n skokkende dag…Het ‘n brief in die posbus gekry en in
dit het gestaan, “I you ever want you’re hamster alive again, leave R1000 in
unmarked bills in the trash can on Durban road.” Regtig? Weet niemand die
verskil tussen “your” en “you’re” nie? Regtig? En ek het nie eers ‘n hamster
nie. Ek het ‘n hamster gehad…toe ek jonger was was en deur my mid-teen crisis
gegaan het. Dis as jy die middel van jou tiener jare tref en ewe skielik begin
twyfel of jy als gedoen het met jou tiener jare wat jy wou, en dan kry jy ‘n
hamster. Ek het ook visse gehad…my visse het nie lank gehou nie, hulle het
almal gevrek. Die vis wat die langste gehou het was 2 weke. Yeah that’s right...so
as jy my vriend is moet jy bly wees jy’s nie ‘n vis nie of hoop jy’s nie ‘n vis
nie. Wat gaan aan in die wêreld?
Het julle al daai expression gehoor, “the good times are
just around the corner…” Nou, dis als goed en wel, ek het al na baie hoeke toe
gegaan en gaan kyk of ek nie daai ‘good times’ sien nie. Het nie geweet
waarvoor om te kyk nie… Kom dit in ‘n pakkie? Gaan iemand dit kom afgee vir my?
Gaan daar iets op staan, soos good times in a bag: buy one get one free? Is dit
rond of vierkantig? Anyway, it didn’t happen…maar aan die ander kant, mense
toet sooooo baie as jy net daar staan op die hoek. Ek’t gedink daar is iets op
my gesig, daar was nie. Die wêreld is ‘n weird en partykeer creepy plek…
*Being skinny in nice. But chicken nuggets are even nicer.*
I’m out.
Have a really happy happy day!
Die Bertha.
=>
Thursday, 16 May 2013
Die army is makliker. Ek dink. Seker nie. Maar iets is makliker...
Dis nie baie dat jy ‘n mullet en speedo aan dieselfde person
sien nie. Die lewe is moeilik…
Ek het so disorder waar ek nie weet wat om te doen wanneer
iemand my ‘n kompliment gee, dis vir my ‘n vet awkward situasie, nou ek kan
enige iets awkward maak in ‘n oomblik. Dis regtig ‘n probleem, soos die ander
dag. Iemand het iets van my komplimenteer, dink dit was soos my hare of iets,
ek het so nervous geraak, die normale reaksie sal wees, “Baie dankie…”maar nee
my brein dink dit sal funny wees om random goed by my mond te laat uitkom, dit
het so gegaan, “Hey Bertha, jou hare lyk mooi vandag.” My brein dink obviously
die person het iets gesê soos, pasop daar kom ‘n meteor en hy gaan jou hare
tref. So die episode loop so in my kop, (dit het nie gebeur nie, ek wil net vir
julle die extent van die situasie laat besef) Ek wat duck and dive to stay
alive. Stop, drop and roll, leopard crawl onder ‘n veilige skuiling in, laat
val my foon, gelukkig is dit ‘n Nokia en almal weet Nokia’s breek nie, die ding
bons soos ‘n hopperbal tref ‘n kat en injure ‘n sprinkaan, en vlieg toe by die
ruit uit, never to be found again. Ek freak uit, want sprinkane freak my uit.
Hulle bene is weird, dit het sulke hakkie goed op, en nou moet ek hom na die
sprinkaan dokter toe vat. En al wat ek toe uitkry op, “Hey Bertha jou hare lyk
mooi vandag…is, “Happy birthday…”En dit was nie eers die person se verjaarsdag
nie. So toe moes die awkward ek verjaar nie vandag nie, gesprek begin, ek sê
toe net ek weet en stap nonchalant weg, soos ‘n meester, maar voel soos ‘n
absolute neut. As enige iemand weet wat die disorder se naam is, dis ok, moet
my nie sê nie, ek sal die gesprek net awkward maak.
*I hate taking the bus to work. Especially when I’m late. I
can never find a place to park.*
That’s it.
Have an extraordinary day!!
Die Bertha
=>
Wednesday, 15 May 2013
Hair products are really, really expensive...
Ek nou net oor warm kole geloop sonder om my voete te brand!
Ninja! Het my skoene vieslik opgemors though...
Ek’t so theory, dit was al op my status, vir een of ander
rede like mense net altyd statuses, hulle gee nooit hulle opinies nie. Maar
anyway, my theory: As Facebook ooit ‘n dislike button moet add, sal ek doodgaan
van sleep deprivation. Ek sal terug gaan in tyd en als gaan dislike wat mense
gesê het wat ek nie gelike het nie, ek’s seker daarvan ek sal ook mense add wat
ek delete het, en die goed wat hulle geshare, wat gemaak het dat ek hulle
delete gaan dislike. Dit sal ‘n dislike fees wees! True story...Ek’t gedink nou
die dag, ek ‘n dude gesien wat se hare heavy ge-gel is, nou ek’t nie eers
geweet die winkels verkoop nog gel nie. Toe dink ek, mense kan soveel geld
spaar deur net ‘n ystervark te gaan koop en met die ding op hulle koppe rond te
loop. Ja, sure jy gaan vir ‘n rukkie daai ou wees wat met ‘n ystervark op sy
kop rond loop, dalk op die 7 uur Nuus met Terrence April wees, maar na ‘n
rukkie sal dit ook nie meer snaaks wees nie. Want jy sal ‘n trendsetter
wees...almal gaan dit begin doen. And it will be legendary!
As julle wil weet hoekom ek met ‘n krieket bat onder my bed slaap,
en ek’s seker meeste van julle wil. Ek bly in Kraaifontein right, nie die regte
kommin deel nie, die nuwe uitbreiding. Die bat is vir as iemand sou inbreek en
my met balle gooi. Ware verhaal.
*If I had a dollar for every time I think about you, I would
start thinking about you!*
Have a happy day!
Verander iemand se lewe!
=>
Saturday, 11 May 2013
I had to bang my head against the trunk of the car like six times...ware storie!
So what is up? Vanoggend loop ek uit by die huis…hoor net
tekkies skree. ‘n Kar ry amper ‘n vrou raak. ‘n Ander kar ry in ‘n ditch in,
nog een kom verby en skiet oor die sypaadjie, begin toe dink, miskien moes ek
maar ‘n broek aangetrek het. Haha…jokes.
Hierdie het my laat dink, die mense wat so hulle klere
verloor langs die pad…HOE? Hoe verloor jy dit? Voel jy nie jy verloor ‘n
kledingstuk nie? En…skoene…het julle enige iets in ‘n size 8? My voete is nogal
breed. Dink gou gou hoe dit moet suck as jou naam Rick Shaw was, en jy’t in
China gebly…jy sal permie dink mense roep jou. Hierdie is een van die goed wat
my pla. Anyway, die afgelope tyd was daar mos hierdie Justin Bieber craze in
kaapstad omdat die seuntjie hier kom “baby” het. Nou ek’s glad nie ‘n fan nie,
but each to his own. As jy hou van daai tipe musiek, sal ek en jy tien teen een
nie vriende wees nie. Maar jy weet, elke outjie het sy foutjie. Nou luister ek
die ander aand so radio op my Mp3 player, en laai goed uit my kar uit, en my
hande is vol hoor. En wat begin speel op die radio? Baby goed! Ek moes my kop
teen die boot van my kar kap, so paar keer, totdat die headphones uit my ore val.
Nou ek gaan sekerlik baie moeilikheid kry oor die post, want mense hou
apparently van die outjie. The truth though: I couldn’t care less. Dan aan die
ander kant, as iets mens so irreteer dat jy daaroor sal blog, dan werk dit
seker. Soos die getik op die dak…maar die getik op die dak is nie famous nie,
net irreterend. En met getik meen ek nie mense sit en gebruik tik op ons dak
nie, die is nie Bellville-Wes nie, daar is ‘n fisiese getik op die dak. I was
thinking the other day…hoe cool sal dit wees as Math nerds mekaar alge-bros
noem? As ek deel was van matletes sou dit my span se naam gewees het.
Letterlik.
“You could probably bounce a coin off my abs if you have low
expectations of bouncing and are a money throwing weirdo. And there’s nothing
wrong with being a money throwing weirdo.”
Regte mense. Ware verhale.
Stay happy!
=>
Friday, 10 May 2013
Icing is highly overrated...en 'n paar ander goed is underrated!
Soooo…ek’t regtig lanklaas gepost. I’ll catch you up! Ek het
baie goed geleer in my lewe die afgelope tyd, soos hoe om iemand se knock knock
joke te spoil…as hulle begin met, “knock knock…” dan sal ek antwoord met, “It’s
open…” And then I laugh and laugh…anyway. Was funny in my kop.
So die afgelope tyd moes ek leer dat niks is so erg soos wat
jy dit maak nie. Als is altyd erger in jou kop. Dit maak nie saak hoe sad jy is
nie, onthou net iewers op die planeet het ‘n vet kind sy stuk koek laat val. Ek
het al ‘n vet stuk koek laat val en dit was ‘n sad, sad dag. Gelukkig is ek nie
‘n germophobe nie so, just scrape off the top layer. Icing is anyway overrated.
Behalwe daai cream cheese en icing topping wat my ma op wortelkoek sit…oh my
soul! Dit verander jou uitkyk op wortels. True story. Nou die dag toe staan ek
in ‘n elevator, daar staan so cute seuntjie oorkant my, seker so 3/4 jaar oud.
Dis ‘n baie cute ouderdom, elkgeval…in die elevator is daar ‘n knoppie met ‘n
fireman’s hat op, soos die storie uitdraai is daai nie die knoppie wat jy druk
wanneer jy ‘n brandweerman se hoed wil hê nie. En die is ‘n ware verhaal,
alarms gaan af en als. Maar die brandweer kom nie, die pizza ou het daar verby
kom stap, en toe dink ek aan daai joke: Ons lewe in ‘n tyd waar die pizza
delivery vinniger by jou uitkom as die polisie. So as iemand inbreek, order ‘n
pizza.
Wat ek eintlik op my hartjie het is die volgende: Wow…almal
bash altyd online dating, nou ek doen dit nie, maar ek kan sien hoekom mense
sou gaan vir daai opsie. Nommer een: jy kan soos net headshots vat en nie jou
lyf inkry nie. Regtig. Al beroep wat ek wil doen op die wêreld is: HOU OP FOTO’S
NEEM IN DIE BADKAMER! My vraag is ook: HOEKOM??? Met baie vraagtekens op my
gesig. Dis gross. So…online dating. Die eerste paar meetings kan jy doen in die
gemak van jou eie huis. Op die bank, wherever. Soooo, jy kan make up aansit en
jou gesig mooi maak, en jou pj’s aanhê. SONDER DAT DIE PERSOON WEET! Once! Wat
is bter as ‘n date in jou pyjamas? Ek sal jou sê: NIKS! En dan die bonus, jy
spaar. Wat spaar jy? Shampoo! Deodorant! Jy spaar op awkward oomblikke, want as
dit awkward raak kan jy net “jou konneksie verloor”en reguit in die bed gaan
klim want jy’t klaar jou pj’s aan. Look at the perks people! Look at it, I dare
you!
Were you dropped as a baby? Yeah, in a pool of sexy! Pff.
Ok, I’m out!
Have a happy day!!!
=>
Subscribe to:
Posts (Atom)