This is where it all starts...

Tuesday, 30 August 2011

A Simpler Time...And we Turned Ok. I Think.

Jis...sit en surf nou so deur die channels. Daar is absoluut niks op TV nie. DSTV is 'n flippen rip-off. Ek onthou 'n eenvoudiger tyd van net 4 kanale hê SABC 1-4. Daai was goeie tye. Die dae van Yo-Tv, met Sipho, Carly en Sadé. Toe hulle Teletubies, Sneeuwytjie en Heidi na mekaar gewys het. Amazing tye. Waar ons reg voor die TV op die mat gesit het met ons bo-lippies wat rooi is van te veel rooi koeldrank drink. Jaaa...those were the days. Die dae van video tapes en kassette in die radio. Powerangers en Ninja Turtles. Oh yes...

Nou sit en dink ek...daai was die legit superheroes. Kyk waarna moet die kinders nou kyk. Ben 10, Pokémon, Dragon Ball flippen Z. Nie eers Barbie is meer cool nie. Haha. Ek onthou toe ek klein was het ons Tazo's versamel. Wie onthou nog Tazo's? Die grootmense het gesê dis duiwels en die seuntjie in my graad 3 klas het Ash se oë uitgekrap, hom in sy space case gesit en was oortuig daarvan Ash klop aan sy deksel. Jis ek love kinders! Blerrie gullible! But so sweet...

En dan sonder waarskuwing...bam...verander hulle in hormonal moody little adults en innocence verdwyn soos mis voor die son. Ek dink as almal net terugkeer na daai klein mensie, even die president sal die nogal 'n cool plek wees. Just my thought.

Water is darem verskriklik nat.

Ek is op 'n 90 dag dieet sover het ek al 45 dae verloor. Yes.

Have a happy day! Be kind.

Glo soos 'n kind. Keep praying.

=>

Tuesday, 23 August 2011

I Was Thinking...

I was thinking...en dit gebeur nie te baie nie, want dis gevaarlik om te dink. Vra net vir Amerika wat gebeur het toe George Bush gedink het. Onnodige oorlog. People died. Not smooth.

Anycase...ekt hieraan gedink. Daar is mos deesdae ongelooflik baie verslawings. En mense raak verslaaf aan belaglike goed. Daar was 'n poppie op die Tyra show wat verslaaf is aan baba poeier...nie om dit te gebruik nie, maar te eet! Ek meen...waar wil jy wees?! So...toe kom ek tot die conclusion as iemand verslaaf is aan iets het hulle gewoonlik terapie nodig. Nou wat gebeur as mens verslaaf raak aan terapie? Wat maak jy dan? Word jy in 'n padded room gesit? I don't know! Maar ek sou graag wou weet. Het iemand al ooit gewonder hoe taal ontdek is? Dis so cool om hieraan te dink. Almal praat iets en daar is iemand wat die taal uitgedink het. Wonder hoe sou dit werk om 'n nuwe taal te stig. Is daar 'n komitee waarnatoe ek moet gaan? Jis...dit sal exciting wees. My eie taal. Imagine that! Taal is 'n weird woord. Sê dit baie na mekaar. En skema...skema is ook 'n weird woord.

Have a nice day!

Be kind. Keep praying and spread the Gospel.

=>

Friday, 19 August 2011

Observing in Checkers...gooi 'n oog daar!

Deesdae stap ek so in Checkers rond vir fun...ja my lewe is vol. Ek hou daarvan om die mense te observe en te sien hoe hulle die ervaring ervaar op hulle gesig. Daar stap so ou tannie met haar trollietjie en sy clutch haar handsak onder haar arm asof iemand haar geldjies gaan vat en sy strole op haar tyd...daar kom 'n antie agter haar ingestap wat haastig is en die kind wat aan haar hand vashou vlieg omtrent soos 'n ragdoll deur die lug soos haar ma haar trek. Daai vrou sug so toe sy agter die tannie kom dat sy die tannie se hele blomkool perm opmors. Haha...lag so in my mou.

Die interessantste ding is seker die mense wat staan by die toiletries rak. Daai mense staan en staar na die shower gels asof dit 'n election is. En dan, in slow-mo, reach hulle na die een wat hulle oog vang. En dan...man is dit 'n glorious union! Die smiles breek so een vir een uit. Dan dink ek...is dit wat jou gelukkig maak? R40 seep? En die bubblebath...daar is nogal 'n verskeidenheid. En hulle staan so voor dit, nederig, so as hulle die verkeerde een kies gaan die wêreld tot stilstand kom en almal gaan groen rokke dra. En dan cross die thought my mind...dit maak nie saak watter kleur jy koop nie, die bubbles gaan WIT wees. Lyk my nie hulle besef dit nie. En moet dit ook nie sê nie...jy sal doodgekyk word. True story.

Just a simple observation. Have a great day!

Be kind. Spread the gospel. You know you want to!

Tadala.

=>

Monday, 15 August 2011

Mense gaan as matrasse...

I was wondering. En die was al my Facebook status ook. Dis 'n snaakse ding, want ek kry nooit die antwoorde op my vrae nie. Ek sou dink dis oordat mense nie hou daarvan om oor kontroversiële goed te dink en praat nie. Ek kan aflei in statusse waarmee mense gemaklik is. Het ook al opgelet dat op Vrydae is almal statusse: "Dis Vrydag." of "It's Friday." Natuurlik. Daar's elke week 'n Vrydag. Die dag na Donderdag wat die dag na Woensdag is... Elke week. Letterlik. Is so. Snaaks genoeg niemand sê ooit: "Dis Dinsdag." nie. Vreemd...

But I was wondering mense wat lakens oor hulle trek...nou die normale notion is die mense gaan as spoke. Miskien, is nogal vir my weird, want dis mos presies hoe 'n spook lyk. Soos 'n laken. Dis moeilik om sarkasme in teks oor te dra. Baie. Maar kan dit wees dat die laken mense nie wil gaan as spoke nie, maar wel as matrasse? Dis tog normaal, want waar ek grootgeword het, en ek weet nie of dit oral so is nie, maar daar trek ons lakens oor matrasse. En die is nou net spekulasie. Gooi bloot 'n klip in die bos. Iewers moet die mense gehelp word. Get it right.

That's all folks.

Be kind. Keep praying. Spread the joy!

Tadala.

=>

Thursday, 11 August 2011

Multiple Personalities.

Ek kyk die nuus. Ja ek doen. Dit maak my nie 'n ou mens nie. Elkgeval...dis erg wat in Londen gebeur né? Die mense is besig om dit te verloor. Dan staan daar, Cameron gryp in...wat wil hy doen? Hy's nie in gevaar nie. Hy't 10 000 bodyguards om hom en 'n huis met 'n heining om wat groter as 'n tronk s'n is. Pff. Leef lekker in weelde né! Poli beteken "many" en tics beteken "blood sucking creatures"...think about it.

Buuut anyway...ek sit en dink die ander dag so oor multiple personalities. Nou ekt altyd gedink ekt meer as 1 persoonlikheid, want g'n mens kan so baie moodswings hê nie. Toe nie. Turns out, my siel moet net onderdanig wees aan my gees dan is ek gewax. It works i tell you! Maar ok, multiple personalities...ekt gedink as 'n persoon met meer as 1 persoonlikheid dreig om selfmoord te pleeg is dit dan nie 'n hostage situation nie? Of as so 'n persoon 'n bank beroof wie word aangekla? Ekt 'n stuk op Oprah gekyk, ja i know die Nuus en Oprah...belaglik. Daar was 'n vrou op wat 96 verskillende persoonlikhede gehad het! Dis crazy! Hoe hou jy kop? Ekt moeilikheid om net die een wat ek het te handle. En toe wonder ek ook, hoekom moet psychics jou naam vra? Think about it...en dis ook nie moontlik om 'n civil war te hê nie. Jy kan nie fight vir peace nie. Dit maak nie sin nie.

My brein gaan ontplof.

Curiosity makes the world go round. En die feit dat hy moet draai sodat ons dag en nag kan hê.

Have a nice day! Be kind! En glo soos 'n kind. En behou die kind in jou! Spread the joy.

Tadala.

=>

Tuesday, 9 August 2011

Gewaarborgde Messe en GewaarborgdeTupperware...Hoe nou?

Ek sit en dink nou so terwyl ek my lampie bou...ok, 1ste reël: moet nooit te ingedagte raak as jy met sharp objects werk nie en moet nooit met 'n broodmes deur staal probeer sny nie. You will get injured. Dit het gewerk though. Was seker nie legit staal nie. Wie weet...nie ek nie. Hoekom nie? Want eks nie 'n staalvervaardiger nie. Nog 'n ding, moet nooit koffie drink en 5 sente tel tergelyke tyd nie, die koffie gaan omval en deur die geld syfer en die reuk van koffie gemeng met koper is vieslik. Ek dink dis koper. Sal dit gaan Google.

Ok...maar dis off-topic. Terwyl ek so sit en sny dink ek aan daai Verimark ads. Ja i know...daai ou met die pan kop wat panne adverteer. Quite ironic. Soos as 'n ambulans jou omry. Anyway, so sit en figure ek. Dit mes is gewaarborg om deur ALLES te sny. Nou Tupperware is gewaarborg om NOOIT te breek nie. Nou...wat gebeur as ek die mes vat wat deur alles kan sny en die Tupperware sny? Ok, as die mes nie succeed nie dan is dit money back. Maar as hy die Tupperware breek dan kry ek money back op dit. Né? Think about it. As ek ook weer 'n tekort aan geld het sal ek dit oorweeg. Last resort. Daar is iets wat my ongelooflik pla met daai Verimark ads. Hulle sê altyd: "New and Improved!" as iets nuut is, dan is dit die heel eerste keer wat dit iewers verskyn. Dis nou so goed ek sê dis 'n nuwe ou mens. Vang julle? En as iets improved is dan dit nie meer nuut nie. Net miskien bietjie beter, want daar is lankal so iets in die openbaar. Get your story straight.

Dis wat my brein kielie vandag.

Ok! Have a good one!

Be kind en wees die lig in iemand anders se donker!

Spread the joy!

=>

Tuesday, 2 August 2011

Kreun soos 'n ouhout deur...

Ok ok...so ekt gisteraand hierdie fiksheidsklas bygewoon, of in my geval die lack of fitness klas. Die heeltyd wat ek soontoe ry is daai liedjie van Fergie in my kop. Fergalicious. Haha. Belaglik. En eks amped hoor, reg vir die ding.

Oh my soul...het iemand al verkeerdom hande 4 voet gedoen? Ekt dit al op die tv gesien en so, maar ekt gedink dis vir double jointed mense. Toe nie...ekt nie geweet my lyf kan sulke toertjies doen nie! Dis insane. Nou moet ek al die oefeninge doen, my maag intrek...wat elkgeval nie ingetrek lyk nie al is hy...en ek moet onthou om asem te haal. Later staan die aar in my nek so dat dit vir my voel daar gaan nog 'n mens uitspring en my gesig is ROOI, hy was 2 ure na die klas nogsteeds rooi. Seker die coolste ding van oefening doen is hoe mens voel die volgende oggend...ja...alles kreun en steun en dit klink soos 'n klomp ouhout deure wat gelyke tyd oop en toe gaan. Nes daai deure in die cowboy movies. Ek hou van cowboy movies...die hoedens, die bootse en die belaglike buckels. Nogal cool. Woody is die coolste cowboy...anyway even in my slaap ek kon nie myself sover kry om om te draai nie. Ekt heelaand met my gesig in die kussing gelê.

But in the end its all worth it. Ek sal een van die dae my voete kan sien. Hahahaha. Jokes. Ten minste het ek spiere wat kan seer wees. Yay.

Eat well, exercise and die away...hahaha.

Dink so daaraan. Dis nie vet nie, dis 'n potensiële spier. Ja I know...

Ok lekker dag. Hop, skip en jump. Be kind to strangers and keep on praying.

Tadala.

=>

Monday, 1 August 2011

Chonkies en Toothpicks.

Gisteroggend maak my brein my wakker. Het nogal lekker geslaap. Hy doen dit gereeld skree in my ore dan skrik ek groot hoor. Maar OK...ek lê en dis net oor China en Chinese mense en ek moet aan hulle dink en dis rys wat vlieg en dragons wat verby stap...Nogal crazy.

En ek weet die is 'n insane notion maar ek begin dink aan chopsticks. Jy weet, die gebruik daarvan en hoe ek dit nie kan gebruik nie. En hoekom hulle, al is daar al oerjare terug messe en vurke ontdek, nog altyd met houtstokkies wil sukkel...en dan kom die saying by my op, whatever floats your boat. En dan float daai gedagte ook weg.

Dan tref die gedagte my...kyk nou en hang vir 'n tydjie met my op die vraag. Ons ma's en pa's, maar hoofsaaklik ma's, het altyd vir ons gevoer met mini lepeltjies en vurkies en so. Dink dis vrek oulik dat ALLES van babatjies mini is. Van die mensie tot by die bedjie. VREK OULIK. Ja...

Elkgeval, ons was gevoer met mini lepels. Nou as 'n chinese ma haar chinese kind voer, wat gebruik sy? Toothpicks? Dit lyk tog soos klein chopsticks. En op watter stadium, maar meer belangrik HOE leer hulle daai klein chonkie om self daai stokkies vas te hou? Dit vat nogal skill ek moet sê. Ek haal my imaginary hoed af vir hulle.

Pondering...

Ek mis vir Pinky and the Brain.

Stukkie wisdom...jyt nie 'n parachute nodig om te skidive nie. Jyt wel 'n parachute nodig om twee keer te skidive.

Geniet die dag. Be kind. Spread the gospel.

=>