This is where it all starts...

Tuesday, 4 September 2012

Double standards. Pff.



So die ander dag is ek in ‘n elevator. Funny thing about elevators hoe awkward mense is daar binne. Dis asof almal skielik in potlode verander, stokstyf, regop. Hahaha...so toe is ek bietjie bored en sê, “Haha...dis ‘n weird plek om ‘n klavier te sit.” Mense het actually begin rond kyk. Ons was in ‘n elevator. Hysbak. Lift. Wat ookal...Hahaha. Dis vir my so cool om te sien hoe gullible mense is. Daar is so baie cool goed wat mens kan doen om mense awkward te maak dis belaglik. 

Die ding op aarde wat my die ergste irreteer is die double standards. Jis, die cute as ‘n klein kindjie sy/haar neus teen ‘n winkel se ruit druk, maar as ek dit doen dan vra hulle vir my om terug te staan, want ek maak die customers bang. Dis vrek unfair. En dan loop ek in Checkers, met ‘n trollie. Haha, en dis altyd fun om te maak of jy op ‘n race track is en gaan staan aan die begin van die sweets aisle en rev hom op, trek weg dat die tekkies so skree en gryp net sweet soos jy hardloop. Op die ou einde wen jy niks en moet al die sweets terug sit, maar jy het fun gehad. Wie weet miskien word jy dalk nog by die winkel uitgesit en dan kan jy uitloop en sê, “This isn’t over!” Met jou vuis in die lug heel I’ll be back, terminator manier en dan sal julle sien waste resies ek aan het. Met ‘n helmet en als. En vinnige tekkies! Watch this space. Awesome. Ok, maar anyway, as ek ‘n trollie het in Checkers is daar altyd ‘n wiel wat skree of nie wil loop nie en dan kyk al die mense jou aan asof jy die ding gebreek het. Hulle kyk jou eers as jy die trollie skop omdat hy raas. Dis seker nie reg om ‘n trollie te skop nie, maar dan kyk jy die mense wat op straat bly, hulle trollies het altyd perfekte wiele!!! Hoe werk dit? Waar kry hulle daai trollies? Pff. 

Just saying. 

Have a happy day. Met happiness.

=>