This is where it all starts...

Thursday, 28 April 2011

'n Spectacular Tyd...

'n Ding wat ek altyd oor wonder is plaatspelers, plate en die tyd van plaatspelers en plate...

Hoe het dit gewerk? Het elke kind 'n plaatspeler in hulle kamer gehad? En was daar 'n plaatwinkel waar al die cool kinders gehang het met hulle mullets, jean baadjies en Fresh Prince of Bell-Air skoene? Of het hulle in die middag van die hellhole afgekom, met hulle 100 broers en susters baklei en dan hulle favourite Queen plaat opgesit en gedisco, Grease style, in die living room?

Eks seker die in ding was rokke wat gelyk het soos ouma se gordyne en daai hare wat lyk of dit kan reën opvang aan die voorkant. Die tyd van pantyhose en bloomers. Waar die kinders met klippe karretjies gespeel het en skottelgoed gewas het in hulle free time en klei osse gebak het in die pizza oond.

Dink dit moes nogal 'n spectacular tyd gewees het!

Dit kos niks om te smile nie né. En moenie aan jou oë vat as jy aan 'n chilly gevat het nie.

=>

Wednesday, 27 April 2011

Beach toe gaan is nie net vir sonskyn dae nie...

'n Lekker plek om te sit en dink is hierdie swart bank. Who knew?

Nou...terwyl dit so reën en stop, reën en stop is ek super lus om beach toe te gaan. Nou hoekom is daar so popular notion dat mens net op sonskyn dae moet beach toe gaan? Dis net so lekker op nie-sonskyn dae. Ek meen die water is nog daar en al die freakin sand ook. Nou wat soek almal dan? I guess its the tan hé? Of is dit die wind wat so bietjie waai? Dis lekker as die wind waai. Dis soos om bike te ry sonder die bike. Die wind deur jou hare, die koue vingers, knie koppe wat op en af spring. Al wat kort is basically well...die bike.

So moenie so neerkyk op nie-sonskyn dae nie. Dis soos bike ry sonder 'n bike. En bike ry is lekker.

Milo of Hot Chocolate? That is the question that haunts me.

Luister so bietjie na ou plate vandag. En eet 'n chilly.

=>

Tuesday, 26 April 2011

'n Das...What up?

Do you know what gets me? Dasse. Hoekom? Nee regtig...HOEKOM?

Wie het besluit hulle nek voel nou so leeg dat hulle 'n das moet invent om hulle lewe te fullfill? En nou is dit 'n ding né...almal doen die das ding die besigheidsmense , die skole dwing kinders om die goed te dra...asof dit nie genoeg is dat hulle klaar in die hellhole moet sit nie, moet hulle nog gordels om hulle nekke ook dra. En whats up met die kleure? Het julle al die mostert geel ouens beleef? Horrible...

En as Riaan Cruywagen die sewe uur Nuus aankondig met sy mat op sy kop en sy rooi das wat hom laat lyk soos 'n termometer. Funny stuff. Daai brother wat Dikgang aanbied het altyd so groen treffer aan met 'n bruin pak.

En niemand kan ooit die goed vou nie. Dis soos 'n talent waarmee jy gebore word en as jy dit nie het nie well...tough luck!

Dis ten minste beter as 'n bow tie.

Ok...gaan eet 'n chilly.

=>

Sunday, 24 April 2011

Interessante dinge...

Ek sit en wonder die ander dag so lekker. Ooe dis lekker om te wonder...dis 'n freeing experience om te sit en dink aan random goed wat ander mense nie aan sal dink nie. Soos hoekom verskaf Coca-Cola nie krane in mense se huise wat koeldrank uitkom nie? Of 'n vrugtesap fabriek? What's up met dit? En in die winter krane met Cadbury hot chocolate in? Sal dit nie super wees nie? En hoekom cancel hulle nie vir Survivor SA nie? Dis tog 'n rip off...

Ek sit toe so en wonder 'n dik stuk oor troues en daai stuff, en hoe interessant dit is dat hulle ringe gebruik om ewige trou te beloof. Hoor nou daai stukkie afrikaans. Dis seker omdat dit al van die oertyd af so is. Ek wed almal as hulle van die oertyd af hangertjies gedra het of hoola hoops om hulle middel, sou mense vandag nog soos idiots gelyk het...imagine.

Hoe interessant is die Indiese troues? Dis altyd mooi kleurvol. En almal dra altyd klokkies...soos katte. Dis vir as hulle wegraak...dink ek. En daai kolletjies op die vrouens se koppe laat dink my aan panic buttons...so as jy daaraan gaan vat dan gaan ADT opdaag. Of die brandweer...press button in case of fire. Mmm...moet dit bietjie probeer.

It's taking over my brain.

Lekker hot chocolate dag né!

=>

Saturday, 23 April 2011

Drade en Slotte...

Hiers 'n nuwe gedagte...as jy 'n dinker is sal jy dit kry , even as jy nie is nie...maak nie saak nie. Is dit dinker of denker? Wil nou nie taalkundig kom verkeerd tik nie. Net nou kom die taalpolisie...wooo! Scary stuff!

Thats waaaay beside the point...ok, uhm, oh ja. Ok so I was thinking. Hoekom span mense drade om hulle huise en plase? I get dat dit goedkoper is as daai mure met die huge gate in...pff. Now who do they think they're foolin?

Anyway...drade is soos slotte, dis net daar om eerlike mense uit te hou. Think about it...as iemand regtig wil inkom, dink mense regtig 'n slot of 'n draad gaan hulle keer?

'n Draad is soos 'n trampoline...dit gee jou 'n hupstoot om makliker oor te spring. Lekker trap plek. En as die krimineel nog 'n gimnas is daarby...Well, dan is daar moeilikheid.

Sit 'n solid muur om jou huis. Met electric fencing bo-op en kameras op die hoeke met spikes op die muur en plant doring bome aan die ander kant van die muur.

Iewers moet daar injury voorkom.

Just sayin...putting it out there and walking away.

Sonskyn dag né!

=>

Friday, 8 April 2011

Draai stoele...

Val dit my nou by terwyl ek so op die stoel sit en ry...

Hoekom is dit so flippen lekker om op 'n ding sonder wiele en 'n stuurwiel te ry? Ek sal jou sê hoekom...EK WEET NIE! Niemand weet nie! Dis net daai hele innocemce agter stoel ry wat fantasties is. Tot iemand jou uitskel...maar dit hou ook nie lank nie.

Die lekkerste is om te spin op daai draai stoele! Oh my hat! Die funste is om te spin terwyl mens in die gang af mission. Of, of, of...as jy 'n tou vasmaak aan 'n mens...'n groot hond kan ook werk, maar 'n perd sal die ultimate wees! En dan die tou aan die stoel vasmaak...en dan in die gang af mission.

Ek weet almal wil op 'n groot draai stoel sit en sê, "Mr. Bond..." stry...jy weet jy wil.

Stay a bit innocent!

=>