Hey, Hi! Jis...daar is so baie om te vertel en so baie tyd om dit te vertel! Het julle geweet dat regtige WIT mense kan nie tan nie. FYI...Daai is nie 'n racist comment nie. Ek le nou al die afgelope week en 'n half elke dag in die son en al wat tan is my bolyf. My onderlyf is nog altyd snow white. Ek lyk soos twee verskillende mense.
True story.
Anycase...so paar weke terug staan ek in Checkeers se ry en daar staan twee tannies voor my met een MAL trollie. En hulle staan en klets vir 'n vale en die tannie haal amper my oog uit soos sy beduie! En mens wil mos nou nie luister nie, maar die tannie praat so hard dat my ore outomaties luister. En die een tannie begin toe praat oor hoe ongelooflik lief sy haar kind het...ek het maar aangeneem dis 'n nuwe kind. En wat toe my oor vang is to sy beginne praat oor hoe sy enige iets al doen vir haar kind, en as enige iemand haar kind seermaak sal sy nie verantwoordelik gehou word vir haar dade nie. Sy sal hulle doodmaak!
Dis verskriklik!
Toe gaan sy verder om te beduie dat sy voor 'n kar sal inspring om haar kind te red. Toe strike dit my net...hoekom probeer almal die vrou se kind assassinate? Is die kind baie belangrik? Wat wat? Het amper die tannie huistoe agtervolg om die kind te bekyk.
Het gefigure dis bietjie creepy.
Julle moet 'n amazing sonskyn dag beleef!
Spread the gospel! Jesus loves you!
Be kind!
Smile!
=>