This is where it all starts...

Wednesday, 11 December 2013

I take the L and R on my headphones seriously!

Die jaar is verby...so te sê...nie regtig nie. Soos ek vandag my laaste dag by die “werk” het, sit en en reflect ek oor hoe suksesvol die jaar was. Ek het die hele jaar gewerk! Die hele jaar, van Januarie tot Desember. Ek kort 'n sertifikaat of iets. Vandag voel ek luier as die ou wat die Japanese vlag ontwerp het.

Soos ek terug dink was dit 'n lekker jaar vol crazy tye. Meeste mense in my lewe het liefde gevind en getrou en is nou sterk oppad om kinders te hê. Sterkte, ek hoop dis suksesvol. Die wêreld het nog kinders nodig. My jaar som ek so op...Just Me January, Forever Alone February, No Match March skip vorentoe na Single September, Only Me October, No Boyfriend November en dan Don't Date Me December. Al my maande was suksesvol, I got this. Crazy cool jaar. Hahaha...dis 'n joke. Dis fine om single te wees, alles op sy tyd né! Nou toe.

Ek het gedink, kos is so groot deel van ons lewe. Julle weet, jy moet dit hê om te lewe, anders voel jy sleg en pap. Sonder energie. Ek dink so aan vegetarians, en kry die plante jammer. Elke dag word mijoene plante dood gemaak. Die tipe geweld moet gestop word. Eet 'n stukkie vleis. Dit sal jou lewe verander. Ons het dit nie tot aan die bo-kant van die voedselketting gemaak om plante te eet nie. Is plante goed so nou en dan? Sure! Maar net nou en dan. En al die goed het my laat dink aan tegnologie. Laat ek my thought pattern verduidelik: Kos → Cloudy with a chance of meatballs → Steve → 'n Masjien maak die kos → Donut Masjiene → Hoekom het ek nie een nie? → Inventions → Hoe verf gemaak word → Die development van tegnologie → Squirrel → Tegnologie vorder so mooi → Iemand moet 'n masjien ontwerp waar ek kos kan download. Smaaklike kos. Dit sal cool wees. Een downside is dat die res van die wêreld dan soos Amerika sal lyk. Maar toe dink ek as almal groter word, dan sal alles mos shift, soos medium sal die nuwe small wees en large die nuwe medium en dan supercalafragilisticexpelladosus die nuwe large. Hulle sal 'n abbreviation vir daai woord moet kry. Kos is amazing veral as jy dit reg doen, Is daar nog iemand wat 'n snack eet terwyl hulle 'n snack maak, want soos jy die snack maak raak jy honger? Ek doen dit nie. Dis te erg.

Ek lees nou die dag 'n artikel, en daar is nou so nuwe storie op TLC, oor tannies wat soos erg oud is en hulle mans is baie jonk ek praat nou soos van die tannie is 87 dan is haar man 24. Ek's all for trou met 'n jonger man, dis goed, niks fout daarmee nie, maar die is nogal next level. Ek lees ook toe oor Madonna wat 55 is en haar boyfriend is 22, en Jennifer Lopez, ek weet nie eers wie dit is nie, sy's 43 en haar boyfriend is 26. Ek troos toe myself daaraan dat dit is fine dat ek nog nie date nie, want my boyfriend is dalk nog nie eers gebore nie. Ek's nou maar 22. Crazy ek weet, my mind is blown. Dan gooi mense daai line van “ouderdom is net 'n nommer” ouderdom is heel duidelik 'n woord. Dis wat ouderdom is. En AS ouderdom net 'n nommer was, (wat dit nie is nie, dis 'n woord) dan is die tronk seker net nog 'n kamer. Né?! Korrek.

Wysheid stroom uit.

Be educated.

Lag 'n bietjie!


Die Bertha.  

Monday, 9 December 2013

Unicorns can't fly. I can't fly...therefore I am a unicorn!

Dis nou al 'n hele tydjie vandat ek laas geblog het, dis 'n goeie ding, want dit beteken daar is minder clutter in my kop. Maar soos klokslag, nes ek dink ekt groot geword en ophou dink aan irrelevante nonsens, daag daar goed in my kop op en ek moet dit uitkry.

Die afgelope tyd gebeur daar regtig ridiculous goed rondom my. Eerste ding was, ek het nuus gekyk, en een of ander ou is gevang met baie, baie weed. Toe dwaal my kop na mermaids toe, en ek dink mermaids is nogal kief. Ek meen, dis mense met visvoete wat kan asem haal onder water! What's not to like? En dan het jy 24/7 perfekte hare en free clam bra! Whaaaaat?! Crazy ek weet! Maar die vraag was, “Do mermaids smoke seaweed?” Sal interessant wees om te weet. Miskien doen die rebel mermaids. Hulle het ook tattoos op hulle vinne, en gaan gereeld land toe om te chat met ninjas.

Anyway, een van die goed in die lewe wat my seker die meeste irreteer is as mense halwe sinne gebruik. GEBRUIK JOU WOORDE!

Daai is die inleiding tot my storie. Die ander dag staan ek in Checkers en daar staan twee engelse meisies agter my. Ek het nie geweet engelse mense koop by Checkers nie. Surprise. Maar hulle doen. Nou uit die aard van die saak gesels hulle, of dit het so geklink, dit was halwe sinne so ek kon nie lekker aflei presies waaroor hulle praat nie maar ek dink die een met die pers streak in haar hare wou vir die een met die bruin hare 'n kompliment gee oor hoe sy lyk en dit het so gegaan, “Aww babe...(ja sy het babe gesê)...you're just oh my word like I can't.” Die bruinhaarnooi freak toe uit, ook in halwe sinne en sê goed wat bo-oor my kop gaan, of dis so dom dit gaan onderdeur, “Oh my word, like awww.” My brein het overheat toe ek daar staan. Ek het die goed wat ek wou koop neergesit en uit die winkel geloop. Wat sê julle? Weet mense hoeveel boeke pleeg selfmoord as hulle sulke “gesprekke” voer? Ek is geskok in die mensdom. Another thing that grinds my gears is as ek vir iemand 'n boodskap stuur, en hulle reply “K” net dit. “K.” Regtig? Well, potassium to you too. (K is die simbool vir potassium.) En as mense terme gebruik soos “cray cray”. Dis nie woorde nie! Boeke is besig om uit te sterf en dis regtig hartseer. Weet mense dit?

Die ander ding is musiek. Ek breek my kop oor wat Dubstep is en ek het op 3 moontlike antwoorde afgekom, ons kan vote en dit dan stuur vir die mense wat dit produce. Hier is dit:

1. Wall-E suffering from severe diarrhea.
2. R2D2 rapping Busta Rhymes.
3. A retarded transformer trying to transform.

Dis die drie opsies as julle meer moontlike antwoorde het, sê dan voeg ek dit by. Ons het werk om te doen om mense te educate oor hoe om gesprekke te voer en wat regtig musiek is. Jis, mense bash erg vir Miley Cyrus, maar mens moet altyd kyk na wat 'n ander mens jou kan leer, soos Miley het my geleer ooghare kan jou maak of breek. Ek het nou die dag my ooghare uit gephotoshop and it's not a pretty picture. Regtig. Hou dit maar op julle gesigte. Daai hare is baie belangriker as wat julle dink.

Die les uit die post, praat in volsinne, gebruik jou woorde, luister na ordentlike musiek en moenie jou ooghare for granted vat nie.

Alright I'm out!

Laat iemand lag. Dis goeie medisyne.

Al my liefde.


Die Bertha.