This is where it all starts...

Monday, 9 December 2013

Unicorns can't fly. I can't fly...therefore I am a unicorn!

Dis nou al 'n hele tydjie vandat ek laas geblog het, dis 'n goeie ding, want dit beteken daar is minder clutter in my kop. Maar soos klokslag, nes ek dink ekt groot geword en ophou dink aan irrelevante nonsens, daag daar goed in my kop op en ek moet dit uitkry.

Die afgelope tyd gebeur daar regtig ridiculous goed rondom my. Eerste ding was, ek het nuus gekyk, en een of ander ou is gevang met baie, baie weed. Toe dwaal my kop na mermaids toe, en ek dink mermaids is nogal kief. Ek meen, dis mense met visvoete wat kan asem haal onder water! What's not to like? En dan het jy 24/7 perfekte hare en free clam bra! Whaaaaat?! Crazy ek weet! Maar die vraag was, “Do mermaids smoke seaweed?” Sal interessant wees om te weet. Miskien doen die rebel mermaids. Hulle het ook tattoos op hulle vinne, en gaan gereeld land toe om te chat met ninjas.

Anyway, een van die goed in die lewe wat my seker die meeste irreteer is as mense halwe sinne gebruik. GEBRUIK JOU WOORDE!

Daai is die inleiding tot my storie. Die ander dag staan ek in Checkers en daar staan twee engelse meisies agter my. Ek het nie geweet engelse mense koop by Checkers nie. Surprise. Maar hulle doen. Nou uit die aard van die saak gesels hulle, of dit het so geklink, dit was halwe sinne so ek kon nie lekker aflei presies waaroor hulle praat nie maar ek dink die een met die pers streak in haar hare wou vir die een met die bruin hare 'n kompliment gee oor hoe sy lyk en dit het so gegaan, “Aww babe...(ja sy het babe gesê)...you're just oh my word like I can't.” Die bruinhaarnooi freak toe uit, ook in halwe sinne en sê goed wat bo-oor my kop gaan, of dis so dom dit gaan onderdeur, “Oh my word, like awww.” My brein het overheat toe ek daar staan. Ek het die goed wat ek wou koop neergesit en uit die winkel geloop. Wat sê julle? Weet mense hoeveel boeke pleeg selfmoord as hulle sulke “gesprekke” voer? Ek is geskok in die mensdom. Another thing that grinds my gears is as ek vir iemand 'n boodskap stuur, en hulle reply “K” net dit. “K.” Regtig? Well, potassium to you too. (K is die simbool vir potassium.) En as mense terme gebruik soos “cray cray”. Dis nie woorde nie! Boeke is besig om uit te sterf en dis regtig hartseer. Weet mense dit?

Die ander ding is musiek. Ek breek my kop oor wat Dubstep is en ek het op 3 moontlike antwoorde afgekom, ons kan vote en dit dan stuur vir die mense wat dit produce. Hier is dit:

1. Wall-E suffering from severe diarrhea.
2. R2D2 rapping Busta Rhymes.
3. A retarded transformer trying to transform.

Dis die drie opsies as julle meer moontlike antwoorde het, sê dan voeg ek dit by. Ons het werk om te doen om mense te educate oor hoe om gesprekke te voer en wat regtig musiek is. Jis, mense bash erg vir Miley Cyrus, maar mens moet altyd kyk na wat 'n ander mens jou kan leer, soos Miley het my geleer ooghare kan jou maak of breek. Ek het nou die dag my ooghare uit gephotoshop and it's not a pretty picture. Regtig. Hou dit maar op julle gesigte. Daai hare is baie belangriker as wat julle dink.

Die les uit die post, praat in volsinne, gebruik jou woorde, luister na ordentlike musiek en moenie jou ooghare for granted vat nie.

Alright I'm out!

Laat iemand lag. Dis goeie medisyne.

Al my liefde.


Die Bertha.

No comments:

Post a Comment