Ek gee nie regtig om hoe oud ek is nie, as ek 'n roomys trokkie se jingle hoor hier in die Kraaibak se strate afkom, sal ek by die ruit uitspring en daai ding by die pad afjaag, met 'n geldjie in my hand. Ek sal hardloop! Get yo cameras ready!
Ek het nou die dag weer Toy Story gekyk. Nou poppe en goed freak my nogal uit. Dis weird. Haha, vir my 12de verjaarsdag het my vriendin vir my so stuffed gorilla gegee. Ek het hom nogsteeds. Die een dag toe pak ek my kamer reg en sit hom op my bed neer. Gaan uit die kamer en vergeet van hom. Die aand is ek alleen by die huis, toe ek wil gaan slaap kom ek heel ingedate my kamer ingestap, die deur gaan so effe toe agter my. Toe ek my lig aansit sien ek net die swart ding sit daar op my bed. Ek skrik my binne my tjops, draai om en hardloop so hard in my deur vas en gaan sit solidly op my agterent. My stuitjie is nou nog seer van dit. Ek het so vet sloot in my voorkop gehad. Gelyk soos die Grand Canyon. Ek kon mense gevra het vir sight seeing geld. So gepraat van tandartse...Jis, almal gaan mos vir daai check-ups en goed, my laaste besoek aan die tandarts was interessant. Die oom vat so skerp ding, ek is seker daai skerp ding kan iemand doodmaak. Nou vat hy die skerp ding, ek kan nie genoeg klem lê op skerp nie, en poke my gums. Nie sag nie. HARD. Hy poke my gums hard, met die skerp ding. En soos 'n normale mens se gums, begin dit mos te bloei. Hier sê die tjommie vir my, "Jou gums bloei, omdat jy nie floss nie." WAT? 1: Ek floss, baie dankie. 2: Kom ons poke jou gums en kyk of jy floss. Ek het hom getune terwyl hy in my mond gekrap het, maar al wat hy gehoor het was seker...HOOHOHOHHOHHHOAAAHOHHOAOAAAOOOH!!!! Dis nog 'n ding, nes die tandarts in mens se mond begin krap dan vra hy, "So, hoe gaan dit nog met jou?" "HOOOOD, HANKJIE. HEN SHELFFFF?" Dan is dit die gap, begin hy te praat van sy vrou, 80 kinders, 160 kleinkinders, 12 budgies, 4 marmotte, 12 hase, 1 pappegaai, sy roosbome, en dan ook sy agter klein nefie se pa se beste vriend se kind se niggie se boyfriend se ouma grootjie is nou die dag oorlede. Tannie Kotie. Dankie oom tandarts. Daai sessie het my lewe verryk. En ek sal nie weer terugkom nie. Maar ek belowe ek floss.
*Homeless people build the best forts I've ever seen.*
Dis al.
Laat dit juig!
Die Bertha
=>
No comments:
Post a Comment