Dis altyd lekker as mense minder as slim vrae vra. Daar is dan altyd 'n geleentheid om so bietjie te lag. Of super sarkasties te wees. Hier volg 'n paar gesprekke as voorbeeld, "Ek gaan vanaand bietjie uit." "Saam met vriende?" "Nee, saam met mense van wie ek nie hou nie." Wie het al daai een gehad? Of toe ek nog op skool was, moes ek en my broer altyd my ma laat weet wanneer ons by die huis kom. Dan gaan dit so, "Hi mam." "Het jy darem ok by die huis gekom?" "Nee, ek het oppad 7 keer doodgegaan." En die een wat nou kom is my persoonlike gunsteling. Daar was so berig op die 7 uur Nuus, way back. Om Riaan het dit nog gelees, van 'n ou wat deur 'n haai aangeval is. Hy het 'n arm of iets verloor. Dis die gesprek: "Wat het gebeur?" "Die ou is deur 'n haai gebyt, het sy arm verloor." "In die see?" "Nee, hier agter in die opslaan swembad." Really people? Check yourself, before you wreck yourself. Ek kan nie verstaan hoe mense deur haaie aangeval word nie. Die oomblik wat ek daai "Dun-Dun" hoor sal ek so vinnig uit daai water wees, ek sal 'n nuwe rekord vir 100m opstel.
Jis, ek het so ding gehad waar ek myself bang dink. Van ek tot bekering gekom het, het ek niks meer vrees nie, want dis mos nie van die Here af nie. Maar so gisteraand kry ek toe 'n nagmerrie en maak myself hier in die middel wakker van dit, want dis sommer stupid. Toe lê en dink ek so...ek het altyd toe ek jonger was met 'n krieketkolf langs my bed geslaap, julle weet, vir as daar iemand inbreek en my met balle begin gooi. Toe dink ek net hoe dom ek was. Wow. Maar almal het mos altyd die ding van as iemand inbreek gaan ek dit en dit en dat en so maak. Ja sure. Ok. Ons sal sien. Een skoolvakansie toe is ek alleen by die huis, en die is nog in Vredendal, en ek bad die oggend. En begin my mos nou lekker te verbeel. Ek verbeel my eerste ek hoor iemand by die voordeur peuter. Toe hoor ek sommer die deur gaan oop, en voetstappe in die gang afkom, maar hoor hier, ons gang is nie so lank nie, maar die voetstappe kom aan vir ewig. Ek wat in die bad sit begin so te panic, ek wil opstaan maar ekt bubble bath in die bad en dit maak mos lekker glad. Ek verloor my footing en val neer in daai bad. Dis net water wat spat, lyk soos 'n tsunami en ek versuip amper in daai vlak water. Toe ek nou eindelik regop kom, is dit aan. Nou moet ek vir my 'n wapen kry. Maar ek is in die badkamer, kyk na die toilet borsel, maar dis gross. Toe sien ek die Domestos bottel. Ek het gefigure ek as ek dit in die inbreker se oë spuit gaan dit mos lekker brand en sommer ook all known germs dead kill op sy gesig. Dis mos Domestos se slogan, Kills all known germs dead, want as jy iets kill is dit mos nie dood nie. Elkgeval, so staan ek. Handdoek om die lyf, reg voor die deur en wag vir die inbreker om by die badkamer in te kom. Ek het seker vir 20min net gestaan en staar na die deur soos 'n nollie. Daar was niemand.
Toe, so twee weke daarna is ek in die stort, ek het vir 'n lang tyd na daai insident nie gebad nie. En ek weet my broer en die vrou wat ons huis skoongemaak het daardie tyd is in die huis. Maar ek het mos 'n lekker aktiewe verbeelding, en ek hoor 'n heavy geskarrel, en ek weet toe. Hier het nou weer 'n persoon ingebreek, en hy is besig om almal in die huis dood te maak, en ek sal hom moet fight. Kaal. Nou ek het Power Rangers en Ninja Turtles geky, en dit was goed. Maar in al hulle fight scenes het hulle klere aan. Hoe fight 'n mens kaal? Dit moet soooo awkward wees. Net daai gedagte was genoeg om my so vinnig uit daai stort te kry. Ek dink nie ek het daai dag agter my ore gewas nie.
*Statistics show that the best time to wear Crocs is never.*
Wow. Dis 'n lang post.
Laat dit juig!
Die Bertha
=>
No comments:
Post a Comment