Haha, ek onthou altyd op skool, dan het die juffrou woordsomme opgemaak, en soos die kinders in die klas se name gebruik in die som. Dis altyd funny gewees. Want die kinders het altyd gepoint na die persoon wie se naam daarin is. So asof ek nie geweet het my naam is Bertha nie. Dis baie snaaks gewees as my naam in die woordsom was, dan staar almal na my, dan is dit net soos, "Dis korrek. Ek het 70 waartlemoene gekoop."
Een van die grootste leuens op aarde is, "Die dokter sal nou nou by jou wees." Ja sure tannie receptionist. Dis die plek waar nou nou enige iets van 'n minuut tot 'n jaar kan beteken. Elkgeval eks nog altyd op die social network topic. Soos ek gesê het, ek's 'n facebook nut. Like dit kwaai om random feite met die res van die wêreld, of 329 vriende te deel. Dis hoeveel vriende ek nou op Facebook het. True story. As jy nie geweet het nie, dan weet jy nou. Jy's welkom. Een ding waarmee ek 'n groot probleem het is dat mense fotos van hulle kos oplaai...hoekom? Onthou julle in die ou dae toe daar nog nie Facebook of Twitter was nie, toe ons fotos van ons aandete geneem het, dan die foto ontwikkel het en toe na elkeen van ons tjommies se huise gegaan het en vir hulle die foto gewys het? Nie? Ek ook nie...hoekom doen mense dit nou? Maak my net honger, en partykeer die teenoorgestelde van honger. Die beste was hier in Mei maand rond, toe is daar so chickie op my Facebook, wat 'n foto geneem het van haar wasmasjien en die klere wat hang op die draad, en die tagline by was: "Ons eerste bondel wasgoed is gewas." Of so iets. REGTIG? Ek't haar unfriend. Maar weet julle wat is die vinnigste ding op aarde? Nee, nie die Bugati Veyron nie, ook nie Usain Bolt nie...hy is regtig nie, een van sy tjommies het hom gebeat. Regtig waar. Die vinnigste ding op aarde is 'n meisie wat haarself untag in 'n foto wat nie vleiend is nie. Ek't al fotos opgelaai en my vriende daarin getag, die foto is skaars getag, dan is hy alweer ge-untag. Dis baie baie snaaks!
*Speed bumps can turn into speed ramps depending on who's car I'm borrowing.*
That's all folks.
Laat dit juig!
Die Bertha.
=>
No comments:
Post a Comment