This is where it all starts...

Wednesday, 11 December 2013

I take the L and R on my headphones seriously!

Die jaar is verby...so te sê...nie regtig nie. Soos ek vandag my laaste dag by die “werk” het, sit en en reflect ek oor hoe suksesvol die jaar was. Ek het die hele jaar gewerk! Die hele jaar, van Januarie tot Desember. Ek kort 'n sertifikaat of iets. Vandag voel ek luier as die ou wat die Japanese vlag ontwerp het.

Soos ek terug dink was dit 'n lekker jaar vol crazy tye. Meeste mense in my lewe het liefde gevind en getrou en is nou sterk oppad om kinders te hê. Sterkte, ek hoop dis suksesvol. Die wêreld het nog kinders nodig. My jaar som ek so op...Just Me January, Forever Alone February, No Match March skip vorentoe na Single September, Only Me October, No Boyfriend November en dan Don't Date Me December. Al my maande was suksesvol, I got this. Crazy cool jaar. Hahaha...dis 'n joke. Dis fine om single te wees, alles op sy tyd né! Nou toe.

Ek het gedink, kos is so groot deel van ons lewe. Julle weet, jy moet dit hê om te lewe, anders voel jy sleg en pap. Sonder energie. Ek dink so aan vegetarians, en kry die plante jammer. Elke dag word mijoene plante dood gemaak. Die tipe geweld moet gestop word. Eet 'n stukkie vleis. Dit sal jou lewe verander. Ons het dit nie tot aan die bo-kant van die voedselketting gemaak om plante te eet nie. Is plante goed so nou en dan? Sure! Maar net nou en dan. En al die goed het my laat dink aan tegnologie. Laat ek my thought pattern verduidelik: Kos → Cloudy with a chance of meatballs → Steve → 'n Masjien maak die kos → Donut Masjiene → Hoekom het ek nie een nie? → Inventions → Hoe verf gemaak word → Die development van tegnologie → Squirrel → Tegnologie vorder so mooi → Iemand moet 'n masjien ontwerp waar ek kos kan download. Smaaklike kos. Dit sal cool wees. Een downside is dat die res van die wêreld dan soos Amerika sal lyk. Maar toe dink ek as almal groter word, dan sal alles mos shift, soos medium sal die nuwe small wees en large die nuwe medium en dan supercalafragilisticexpelladosus die nuwe large. Hulle sal 'n abbreviation vir daai woord moet kry. Kos is amazing veral as jy dit reg doen, Is daar nog iemand wat 'n snack eet terwyl hulle 'n snack maak, want soos jy die snack maak raak jy honger? Ek doen dit nie. Dis te erg.

Ek lees nou die dag 'n artikel, en daar is nou so nuwe storie op TLC, oor tannies wat soos erg oud is en hulle mans is baie jonk ek praat nou soos van die tannie is 87 dan is haar man 24. Ek's all for trou met 'n jonger man, dis goed, niks fout daarmee nie, maar die is nogal next level. Ek lees ook toe oor Madonna wat 55 is en haar boyfriend is 22, en Jennifer Lopez, ek weet nie eers wie dit is nie, sy's 43 en haar boyfriend is 26. Ek troos toe myself daaraan dat dit is fine dat ek nog nie date nie, want my boyfriend is dalk nog nie eers gebore nie. Ek's nou maar 22. Crazy ek weet, my mind is blown. Dan gooi mense daai line van “ouderdom is net 'n nommer” ouderdom is heel duidelik 'n woord. Dis wat ouderdom is. En AS ouderdom net 'n nommer was, (wat dit nie is nie, dis 'n woord) dan is die tronk seker net nog 'n kamer. Né?! Korrek.

Wysheid stroom uit.

Be educated.

Lag 'n bietjie!


Die Bertha.  

Monday, 9 December 2013

Unicorns can't fly. I can't fly...therefore I am a unicorn!

Dis nou al 'n hele tydjie vandat ek laas geblog het, dis 'n goeie ding, want dit beteken daar is minder clutter in my kop. Maar soos klokslag, nes ek dink ekt groot geword en ophou dink aan irrelevante nonsens, daag daar goed in my kop op en ek moet dit uitkry.

Die afgelope tyd gebeur daar regtig ridiculous goed rondom my. Eerste ding was, ek het nuus gekyk, en een of ander ou is gevang met baie, baie weed. Toe dwaal my kop na mermaids toe, en ek dink mermaids is nogal kief. Ek meen, dis mense met visvoete wat kan asem haal onder water! What's not to like? En dan het jy 24/7 perfekte hare en free clam bra! Whaaaaat?! Crazy ek weet! Maar die vraag was, “Do mermaids smoke seaweed?” Sal interessant wees om te weet. Miskien doen die rebel mermaids. Hulle het ook tattoos op hulle vinne, en gaan gereeld land toe om te chat met ninjas.

Anyway, een van die goed in die lewe wat my seker die meeste irreteer is as mense halwe sinne gebruik. GEBRUIK JOU WOORDE!

Daai is die inleiding tot my storie. Die ander dag staan ek in Checkers en daar staan twee engelse meisies agter my. Ek het nie geweet engelse mense koop by Checkers nie. Surprise. Maar hulle doen. Nou uit die aard van die saak gesels hulle, of dit het so geklink, dit was halwe sinne so ek kon nie lekker aflei presies waaroor hulle praat nie maar ek dink die een met die pers streak in haar hare wou vir die een met die bruin hare 'n kompliment gee oor hoe sy lyk en dit het so gegaan, “Aww babe...(ja sy het babe gesê)...you're just oh my word like I can't.” Die bruinhaarnooi freak toe uit, ook in halwe sinne en sê goed wat bo-oor my kop gaan, of dis so dom dit gaan onderdeur, “Oh my word, like awww.” My brein het overheat toe ek daar staan. Ek het die goed wat ek wou koop neergesit en uit die winkel geloop. Wat sê julle? Weet mense hoeveel boeke pleeg selfmoord as hulle sulke “gesprekke” voer? Ek is geskok in die mensdom. Another thing that grinds my gears is as ek vir iemand 'n boodskap stuur, en hulle reply “K” net dit. “K.” Regtig? Well, potassium to you too. (K is die simbool vir potassium.) En as mense terme gebruik soos “cray cray”. Dis nie woorde nie! Boeke is besig om uit te sterf en dis regtig hartseer. Weet mense dit?

Die ander ding is musiek. Ek breek my kop oor wat Dubstep is en ek het op 3 moontlike antwoorde afgekom, ons kan vote en dit dan stuur vir die mense wat dit produce. Hier is dit:

1. Wall-E suffering from severe diarrhea.
2. R2D2 rapping Busta Rhymes.
3. A retarded transformer trying to transform.

Dis die drie opsies as julle meer moontlike antwoorde het, sê dan voeg ek dit by. Ons het werk om te doen om mense te educate oor hoe om gesprekke te voer en wat regtig musiek is. Jis, mense bash erg vir Miley Cyrus, maar mens moet altyd kyk na wat 'n ander mens jou kan leer, soos Miley het my geleer ooghare kan jou maak of breek. Ek het nou die dag my ooghare uit gephotoshop and it's not a pretty picture. Regtig. Hou dit maar op julle gesigte. Daai hare is baie belangriker as wat julle dink.

Die les uit die post, praat in volsinne, gebruik jou woorde, luister na ordentlike musiek en moenie jou ooghare for granted vat nie.

Alright I'm out!

Laat iemand lag. Dis goeie medisyne.

Al my liefde.


Die Bertha.

Tuesday, 25 June 2013

Sometimes I read read as read when it is supposed to be read as read...

Ek gee nie regtig om hoe oud ek is nie, as ek 'n roomys trokkie se jingle hoor hier in die Kraaibak se strate afkom, sal ek by die ruit uitspring en daai ding by die pad afjaag, met 'n geldjie in my hand. Ek sal hardloop! Get yo cameras ready!

Ek het nou die dag weer Toy Story gekyk. Nou poppe en goed freak my nogal uit. Dis weird. Haha, vir my 12de verjaarsdag het my vriendin vir my so stuffed gorilla gegee. Ek het hom nogsteeds. Die een dag toe pak ek my kamer reg en sit hom op my bed neer. Gaan uit die kamer en vergeet van hom. Die aand is ek alleen by die huis, toe ek wil gaan slaap kom ek heel ingedate my kamer ingestap, die deur gaan so effe toe agter my. Toe ek my lig aansit sien ek net die swart ding sit daar op my bed. Ek skrik my binne my tjops, draai om en hardloop so hard in my deur vas en gaan sit solidly op my agterent. My stuitjie is nou nog seer van dit. Ek het so vet sloot in my voorkop gehad. Gelyk soos die Grand Canyon. Ek kon mense gevra het vir sight seeing geld. So gepraat van tandartse...Jis, almal gaan mos vir daai check-ups en goed, my laaste besoek aan die tandarts was interessant. Die oom vat so skerp ding, ek is seker daai skerp ding kan iemand doodmaak. Nou vat hy die skerp ding, ek kan nie genoeg klem lê op skerp nie, en poke my gums. Nie sag nie. HARD. Hy poke my gums hard, met die skerp ding. En soos 'n normale mens se gums, begin dit mos te bloei. Hier sê die tjommie vir my, "Jou gums bloei, omdat jy nie floss nie." WAT? 1: Ek floss, baie dankie. 2: Kom ons poke jou gums en kyk of jy floss. Ek het hom getune terwyl hy in my mond gekrap het, maar al wat hy gehoor het was seker...HOOHOHOHHOHHHOAAAHOHHOAOAAAOOOH!!!! Dis nog 'n ding, nes die tandarts in mens se mond begin krap dan vra hy, "So, hoe gaan dit nog met jou?" "HOOOOD, HANKJIE. HEN SHELFFFF?" Dan is dit die gap, begin hy te praat van sy vrou, 80 kinders, 160 kleinkinders, 12 budgies, 4 marmotte, 12 hase, 1 pappegaai, sy roosbome, en dan ook sy agter klein nefie se pa se beste vriend se kind se niggie se boyfriend se ouma grootjie is nou die dag oorlede. Tannie Kotie. Dankie oom tandarts. Daai sessie het my lewe verryk. En ek sal nie weer terugkom nie. Maar ek belowe ek floss.

*Homeless people build the best forts I've ever seen.*

Dis al.

Laat dit juig!

Die Bertha
=>

Friday, 21 June 2013

I can always tell when they use fake dinosaurs in movies...

Dis altyd lekker as mense minder as slim vrae vra. Daar is dan altyd 'n geleentheid om so bietjie te lag. Of super sarkasties te wees. Hier volg 'n paar gesprekke as voorbeeld, "Ek gaan vanaand bietjie uit." "Saam met vriende?" "Nee, saam met mense van wie ek nie hou nie." Wie het al daai een gehad? Of toe ek nog op skool was, moes ek en my broer altyd my ma laat weet wanneer ons by die huis kom. Dan gaan dit so, "Hi mam." "Het jy darem ok by die huis gekom?" "Nee, ek het oppad 7 keer doodgegaan." En die een wat nou kom is my persoonlike gunsteling. Daar was so berig op die 7 uur Nuus, way back. Om Riaan het dit nog gelees, van 'n ou wat deur 'n haai aangeval is. Hy het 'n arm of iets verloor. Dis die gesprek: "Wat het gebeur?" "Die ou is deur 'n haai gebyt, het sy arm verloor." "In die see?" "Nee, hier agter in die opslaan swembad." Really people? Check yourself, before you wreck yourself. Ek kan nie verstaan hoe mense deur haaie aangeval word nie. Die oomblik wat ek daai "Dun-Dun" hoor sal ek so vinnig uit daai water wees, ek sal 'n nuwe rekord vir 100m opstel.

Jis, ek het so ding gehad waar ek myself bang dink. Van ek tot bekering gekom het, het ek niks meer vrees nie, want dis mos nie van die Here af nie. Maar so gisteraand kry ek toe 'n nagmerrie en maak myself hier in die middel wakker van dit, want dis sommer stupid. Toe lê en dink ek so...ek het altyd toe ek jonger was met 'n krieketkolf langs my bed geslaap, julle weet, vir as daar iemand inbreek en my met balle begin gooi. Toe dink ek net hoe dom ek was. Wow. Maar almal het mos altyd die ding van as iemand inbreek gaan ek dit en dit en dat en so maak. Ja sure. Ok. Ons sal sien. Een skoolvakansie toe is ek alleen by die huis, en die is nog in Vredendal, en ek bad die oggend. En begin my mos nou lekker te verbeel. Ek verbeel my eerste ek hoor iemand by die voordeur peuter. Toe hoor ek sommer die deur gaan oop, en voetstappe in die gang afkom, maar hoor hier, ons gang is nie so lank nie, maar die voetstappe kom aan vir ewig. Ek wat in die bad sit begin so te panic, ek wil opstaan maar ekt bubble bath in die bad en dit maak mos lekker glad. Ek verloor my footing en val neer in daai bad. Dis net water wat spat, lyk soos 'n tsunami en ek versuip amper in daai vlak water. Toe ek nou eindelik regop kom, is dit aan. Nou moet ek vir my 'n wapen kry. Maar ek is in die badkamer, kyk na die toilet borsel, maar dis gross. Toe sien ek die Domestos bottel. Ek het gefigure ek as ek dit in die inbreker se oë spuit gaan dit mos lekker brand en sommer ook all known germs dead kill op sy gesig. Dis mos Domestos se slogan, Kills all known germs dead, want as jy iets kill is dit mos nie dood nie. Elkgeval, so staan ek. Handdoek om die lyf, reg voor die deur en wag vir die inbreker om by die badkamer in te kom. Ek het seker vir 20min net gestaan en staar na die deur soos 'n nollie. Daar was niemand.

Toe, so twee weke daarna is ek in die stort, ek het vir 'n lang tyd na daai insident nie gebad nie. En ek weet my broer en die vrou wat ons huis skoongemaak het daardie tyd is in die huis. Maar ek het mos 'n lekker aktiewe verbeelding, en ek hoor 'n heavy geskarrel, en ek weet toe. Hier het nou weer  'n persoon ingebreek, en hy is besig om almal in die huis dood te maak, en ek sal hom moet fight. Kaal. Nou ek het Power Rangers en Ninja Turtles geky, en dit was goed. Maar in al hulle fight scenes het hulle klere aan. Hoe fight 'n mens kaal? Dit moet soooo awkward wees. Net daai gedagte was genoeg om my so vinnig uit daai stort te kry. Ek dink nie ek het daai dag agter my ore gewas nie.  

*Statistics show that the best time to wear Crocs is never.*

Wow. Dis 'n lang post.

Laat dit juig!

Die Bertha
=>

Thursday, 20 June 2013

The internet is full of cat people. Because dog people actually go outside...

Wie het al die een gehoor: Daar's baie visse in die see? Ek het nog nie baie keer nie, maar ek's seker daar is van julle wat al het. Dis een van die domste sê goed in die hele wye wêreld. Dis mos presies wat jy vir iemand moet sê wat se hart nou net gebreek is. Weet jy wats nog in die see? Haaie, seaweed en toxic waste. BP het gemaak dat daar nie meer so baie visse in die see is nie. So...van wat is daar baie in die see? Olie. So gepraat van visvang. Ek sit en wonder nou die dag so, wat sal mense se reaksie wees as ek daar na die akwarium toe gaan, en instap met 'n visstok? Jissie, ek sal mos 'n fees hê. MOS.

Ek't ook oor hierdie een gedink...ons generasie sal DIE weirdste oumas en oupas maak. Imagine gou-gou 50 jaar van nou af, dan is ek 72. Ja, dis korrek, ek's 22. Well done as jy dit uitgefigure het, jy kan wiskunde doen. Ek was in die spesiale wiskunde klas, met die juffrou wat 2 verskillende skoene in die oggend aangetrek het. Dis seker hoekom sy die spesiale klas se juffrou was. Jis, ek het skool gehaat. Wow...ok elkgeval dan is ons in ons 70's en dra foamalite klere en ry op deurskynende motorfietse, apparently. Ons sal so cool wees, want ons sal alles kan doen wat die kinders doen. Ons weet hoe om die rekenaar aan te sit, en te Google, en browser history te check. Een van die grootste issues wat die kinders in daai tyd gaan hê, gaan wees om 'n username te kry wat nog beskikbaar is. Dink gou hieroor...ek wou nou die dag 'n account maak op so stock photography site, tik my naam in. Die ding sê nee, Bertha Bresler bestaan klaar. Ek's soos ja ek weet, dis ek. En ek het dan in LO geleer ek is uniek. Tik weer Bertha Bresler in, en hy sê weer nee. Maar wat wel beskikbaar is, is: BerthaBresler18 of BerthaBresler134 of BerthaBresler158. WOW né! Is daar al 158 Bertha Breslers op daai site? Ek's toe nie so uniek soos juffrou Van der Westhuizen gesê het nie. Maar dink gou ons kleinkinders gaan soos sit en die ding gaan sê: Nee, daar is klaar 'n Sakoia van Zyl op die site. SakoiaVanZyl39878723489_12332_i_t_sdfkmlfd_2334432 is wel beskikbaar. Aanvaar jy dit so? As ek Sakoia was sou ek nie. Sterkte aan Sakoia en sy tjommies. Eerste wêreld probleme. Pff.

*Ghetto rule: Whenever you buy something expensive, put the box in your neighbour's trashcan so you don't get robbed.*

Yip.

Laat dit juig!

Die Bertha.
=>  

Wednesday, 19 June 2013

It's hotter than 26 Mexicans in a Ford Focus with no AC...

Haha, ek onthou altyd op skool, dan het die juffrou woordsomme opgemaak, en soos die kinders in die klas se name gebruik in die som. Dis altyd funny gewees. Want die kinders het altyd gepoint na die persoon wie se naam daarin is. So asof ek nie geweet het my naam is Bertha nie. Dis baie snaaks gewees as my naam in die woordsom was, dan staar almal na my, dan is dit net soos, "Dis korrek. Ek het 70 waartlemoene gekoop."

Een van die grootste leuens op aarde is, "Die dokter sal nou nou by jou wees." Ja sure tannie receptionist. Dis die plek waar nou nou enige iets van 'n minuut tot 'n jaar kan beteken. Elkgeval eks nog altyd op die social network topic. Soos ek gesê het, ek's 'n facebook nut. Like dit kwaai om random feite met die res van die wêreld, of 329 vriende te deel. Dis hoeveel vriende ek nou op Facebook het. True story. As jy nie geweet het nie, dan weet jy nou. Jy's welkom. Een ding waarmee ek 'n groot probleem het is dat mense fotos van hulle kos oplaai...hoekom? Onthou julle in die ou dae toe daar nog nie Facebook of Twitter was nie, toe ons fotos van ons aandete geneem het, dan die foto ontwikkel het en toe na elkeen van ons tjommies se huise gegaan het en vir hulle die foto gewys het? Nie? Ek ook nie...hoekom doen mense dit nou? Maak my net honger, en partykeer die teenoorgestelde van honger. Die beste was hier in Mei maand rond, toe is daar so chickie op my Facebook, wat 'n foto geneem het van haar wasmasjien en die klere wat hang op die draad, en die tagline by was: "Ons eerste bondel wasgoed is gewas." Of so iets. REGTIG? Ek't haar unfriend. Maar weet julle wat is die vinnigste ding op aarde? Nee, nie die Bugati Veyron nie, ook nie Usain Bolt nie...hy is regtig nie, een van sy tjommies het hom gebeat. Regtig waar. Die vinnigste ding op aarde is 'n meisie wat haarself untag in 'n foto wat nie vleiend is nie. Ek't al fotos opgelaai en my vriende daarin getag, die foto is skaars getag, dan is hy alweer ge-untag. Dis baie baie snaaks!

*Speed bumps can turn into speed ramps depending on who's car I'm borrowing.*

That's all folks.

Laat dit juig!

Die Bertha.
=>

Friday, 7 June 2013

What do we want? A cure for diabetes. When do we want it? After dinner.


So, die week was soos vyf jaar lank. Ek dink die afgelope tyd baie aan skool, en hoe ek nie daarvan gehou het nie. Ek praat nou die dag met 'n meisie, sy's is nou in graad elf of iets, en sê dis blykbaar baie moeilik...en ons praat so oor hoe dit regtig nie soos die regte te lewe is nie.  Maar jy weet wie gee om dat die skool jou nie leer om 'n familie groot te maak, of om vir 'n werk te soek nie. Ten minste kan ek die area van 'n driehoek uitwerk...

Ek wil so bietjie ingaan op social media. Nou ek's glad nie teen dit nie. Ek's self 'n gereelde Facebooker, en het 'n Twitter account. Ek gaan kyk toe gisteraand wat op my Twitter aangaan, en jy weet, maar die gewone, niks. Ek kan regtig nie die punt sien daarin nie. Jy het net 140 characters wat jy kan gebruik...het julle al ervaar watse goed mense kan sê in 140 karaktertjies? WOW! Ek surf toe die ander dag so deur die kanale en kom op CNN, jap. En hulle het toe 'n report dat Justin Bieber se een tweet 100 000 retweets gekry het...raai gou wat hy getweet het...hy't gesê "live life full" Dis al. Net dit. Dis net 3 random woorde. That's not even a sentence! Toe dink ek miskien moet ek ook 3 random woorde vat en kyk wat gebeur, toe tweet ek, "Toaster squirrel ham" needless to say it didn't work. I only got hate mail, or hate tweets. En mense bel nie meer mekaar nie, dit ontstel my so bietjie, want ek hou van klets! Ek't nou die dag vir iemand 'n sms gestuur, wie onthou nog die dae van sms'e en polyphonic ringtones? Toe ek op 35050 vir 7de Laan gedownload het op my Nokia 2600, colour screen. Hahaha...elkgeval ek stuur die sms, die persoon, jy weet wie jy is, reply DRIE WEKE LATER, dis die antwoord, "Jammer ek reply nou eers, ek't aan die slaap geraak..." Wat? Vir drie weke??? Well, that's a long nap, dis soos ek gaan gou my oë rus vir vyf minute dan word jy wakker op 8 November 2023.

*Yeah, summer bodies are nice. But so are those brownies over there.*

Verander vandag iemand anders se lewe!!!

Laat dit juig!

Peace.

Die Bertha.
=>  

Tuesday, 4 June 2013

Seals are dog mermaids. Think about it.


Ek onthou skool, ja...dit het gesuck. Heavy. Jy gaan sewe ure skool, en asof dit nie genoeg is nie, gee hulle nog huiswerk ook. Dis nie hoekom ek nie van skool gehou het nie, maar het bygedra tot dit. Maar ek onthou, om bubblegum by die skool uit te haal, was soos om crack by 'n rehab centre uit te haal...niemand mag weet nie. Het dit altyd so ander die tafel gedoen...aaaaah goeie tye. Ok, dit was nie regtig goeie tye nie, dan net, aaaah tye.

Het julle al vir iemand 'n vraag gevra en dan gee hulle vir jou 'n vet stupid antwoord, of jy vra, "Hoe laat is dit?" dan sê hulle "Daar's 'n horlosie..." Het ek gevra hoe laat is dit? Of het ek gevra waar is die horlosie? Het julle al gewonder waar kom gesegdes vandaan...soos ek het gewonder waar kom daai een, kill two birds with one stone, was daar 'n tekort aan klippe in die ou tyd? Of was daar geweldig baie voëls? En daai een, om te suip soos 'n vis...Was die visse in die ou tyd gereeld dronk? Het hulle in brandewyn geswem? Wat? Wat? Engelse idiome is weird: Daai een, A chip on your shoulder, het mense met lays op hulle skouer rondgeloop? Want in my kop lag ek my dood. Of OF, Daar is net 'n vet gap in hulle skouer...en daai een wearing your heart on your sleeve, wow, weet jy hoe sleg dit is vir jou hart om daai te doen? Jy kan HECTIC infeksie kry. Daai ding is bedoel om in jou borskas te wees, toegemaak. Jou hele aar-sisteem gaan platval en dis net heeltemaal onnodig te veel spanning op jou liggaam. Elkgeval...so daai is my stukkie diepte vir die week. Stay healthy peeps, en moenie hierdie goed sê nie. It just doesn't make any sense.

*Our 84 year old neighbour must really like working on his car. He's been under there changing the oil for 3 days.*

Alright...that's me.

Laat dit juig.

Peace.

Die Bertha.
=>

Friday, 31 May 2013

Apparently slim chance and fat chance have the same meaning...

Lank terug, voor Makro, moes jy geld betaal om 'n vrou met 'n baard te sien. Nie meer nie, die groot shopping plekke in Kraaifontein verskaf vir jou alles van huishoudelike produkte, flippen cool speelgoed tot vrouens met baarde. Get it all this morning...

Soooo...ek kyk nou die dag 'n fliek. Ek hou nie meer so baie van movies nie, want al die goed is dieselfde. Dit begin en dan lyk dit of die bad guy gaan wen en dit gebeur net nie...die slegte ou staan met 'n gun wat wys na die goeie ou en dan moet hy eers so 'n freakin lang storie vertel vir die goeie ou, voor hy hom skiet en dan het die goeie ou se tjommies tyd en kom red hom. Dis so cliché, laat die slegte ou hom skiet, dan is almal verras of erg teleurgesteld. En wat's die deal met romantic comedies? ALMAL presies dieselfde...no jokes. En die mense het altyd sulke voorspelbare name. Die meisie se naam is altyd iets soos Sarah of Heather en sy was die popular chickie, en dan die dude wat die popular een is se naam is Heath of Blane of iets wat klink soos I'm sexy, I'm hot, I'm everything you're not...En dan die outjie wat 'n mullet en crocs het se naam is soos Guy of iets. Net eenkeer wil ek hê dit trailer moet so begin: "Tandiswa was looking for love in all the wrong places..." en dan moet dit soos wys hoe sy by die begrafplaas 'n graf oopmaak, want dis tog die verkeerde plek om vir liefde te soek. "But then she turned around and saw Sakoia standing there with a red rose, a violet violet and a yellow sunflower..." Dit sal 'n treffer wees. Ek's in die verkeerde beroep...wow. Mense moet regtig beter movies begin skryf. En almal gaan oor hoe erg die Titanic was, well, dit gaan als oor perspektief. Vir die krewe in die skip se kombuis was die feit dat die skip gesink het 'n wonderwerk. Ek't dit lank genoeg ingehou, maar ek kan nie langer nie...it's out. Deal with it.

*The kid next door challenged me to a water fight. So I thought I'll write this blog while I wait for the water to boil.*

Ok, I'm out.

Laat dit juig.

Peace.

Die Bertha.
=>

Wednesday, 29 May 2013

Stop calling it hot sauce. It's degrading. Start calling it beautiful sauce.


Wanneer okal jy kwaad word en voel of jy iets regtig dom gaan doen, dink net hoe jy sal lyk in daai oranje tronk-pakkies en probleem opgelos. Dis baie effektief.

Ek sit nou die dag so en dink, almal het mos so klein gewoonte wat hulle ''uniek'' maak. Dis soos 'n signature move. Dink toe wat is myne...toe kom ek agter, my signature move is om nie baie te beweeg nie. So in actual fact my signature move is not moving a lot. Dit is goed om buitentoe te gaan. Maar hoe gereeld kry jy net nie kans om te sit en deur al jou gedagtes te gaan. Of jou gedagte. Ek kyk nou die dag die nuus. CNN is nie so legit nie, hulle rapporteer toe oor 'n ou wat gearresteer is omdat hy 'n fanny pack en crocs dra, blykbaar moet jy ook klere aan hê. Hoekom is CNN nog 'n nuus stasie? Ek dink in journalism school kan hulle maar nou net sê rapporteer net als wat op Twitter gesê word. Key rings, dis 'n interessante ding. Dis soos 'n uitvindsel wat uitgevind is, no jokes, om AL jou sleutels op een slag te verloor. Dink daaroor...jy weet dis waar. Ek hoop die persoon wat dit uitgedink het, het 'n patent daarop uitgeneem. Anders verloor hy baie meer as net al sy sleutels op een slag. But anyway, you win some you lose some.

*Moths are just fat butterflies. Don't hate.*

I got nothing more.

Laat dit juig.

Die Bertha
=>

Tuesday, 28 May 2013

I have a fear of speedbumps, but I'm slowly getting over it.



Iemand moet ‘n wekker ontwerp wat die reuk van bacon vrystel wanneer hy afgaan! Wow...ek sal so vinnig uit die bed wees! Hoop net nie ek kry ‘n head rush an te vinnig opstaan nie...maar bacon...Mmmm!!!

Het julle al ooit agtergekom dat die mense wat sweat pants dra, is die mense is wat nooit sweet nie...dis een van daai Murphy ou se laws, dink ek. Nou hier’s die toets...ek gaan koop toe vir my sweat pants, en trek hulle toe aan gym toe. Dis korrek ja, ek gym nou. Gaan teen alles wat ek is, but I’m there. En kom ek sê julle, dis nie ‘n grap nie. Maar dis vet pret om die mense te kyk, dis altyd interessant. Niemand wil oogkontak maak met iemand anders in die gym nie. Ek het altyd gewonder hoekom nie, toe loop ek eendag in die badkamer in toe ek nou klaar is, en wat sien ek in die spieël? So rooi/pienk bal met bruin oë, ‘n bril en bruin hare. En dit het ‘n lyf ook. Toe verstaan ek, mense maak nie oogkontak nie, want jy lyk nie goed wanneer jy oefen nie, so kyk maar net af, en imagine jy lyk absoluut fantasties. Want jy doen, in jou kop. So elkgeval, ek kry toe die sweat pants, trek dit aan en gaan gym...needless to say the sweat pants lived up to its name. Dis ‘n klug. So nou dra ek maar nie weer sweat pants nie. Dis baie gemaklik, en maak ‘n fantastiese slaapbroek. Hulle moet dit skuif na die pyjama section van die winkel toe, want oh my word, verander my lewe!

*There is no place like home, unless you’re homeless, in which case everywhere is like home.*

Ok...That’s it.

Laat jou paradigms van wat liefde is, geshift word vandag!

Peace.

Die Bertha.
=>

Wednesday, 22 May 2013

A search party looks like a fun way to look for someone...


As jy ooit ‘n pil op die vloer van ‘n publieke badkamer kry, Google maar eers die naam voor jy die pil sluk. Wow…

Hier is die ding, hoekom gee fast food plekke sulke stupid name vir hulle kos? Ek voel altyd soos ‘n vet nul as ek iets moet bestel. Kom by die drive through…net so by the way this through en nie thru nie. My word…Waarnatoe gaan die wêreld? Is dit soveel moeite om 3 ekstra letters te tik? Wow…anyway: kom by die drive through en bestel iets, dan is dit so stupid naam soos scruffin’egg mcmuffin’ we’re puffin’, upsize. Wat de hel? Die mense by wie jy dit moet bestel weet nie eers wat jy sê nie, dan moet jy herhaal en vir die tweede keer soos ‘n vet nul voel. Eks besig om ‘n vrees te ontwikkel om kos te bestel. Dis belaglik. Ek dink, en die mag dalk in my kop wees, maar dalk record hulle almal wat inkom en weird goed bestel en dan speel hulle dit by hulle jaareind funksie en lag en lag en lag…dis wat ek sou doen as ek ‘n so restaurant gehad het. Just saying. Beware vir wanneer ek my eie fast food plek oopmaak. We need to take a stand against the ridiculousness that is food names. Pff. Sausage Egg McMuffin, Cheesy cheeseburger, wat is ‘n cheese burger anders as cheesy? Ek sou hoop my cheeseburger is cheesy. Red nou ‘n nasie…

*Apparently saying, “Oh I just came to watch…” makes everybody in the pilates class uncomfortable.*  

I’m out.

Peace.

Die Bertha.
=>

Tuesday, 21 May 2013

Read everything in a British accent...because it's fun.

Eenkeer het ek soos 30 sekondes vir iemand gewaai voor ek agter gekom het dis ‘n kaktus. Ek’s seker dit het al met baie mense gebeur. Nie? Haha…met my ook nie…haha. Awkward. Nervous laughter. Haha.

So I’ve been thinking, wat as oxygen ons stemme regtig diep maak en helium dit actually terug vat na sy normale pitch toe? En dit maar eintlik net genade is dat ons so praat soos nou, want wie gaan jou ernstig opvat as jy heeltyd in ‘n high pitched voice praat? Die kinders in jou klas sal vir jou lag man. Kom ons almal vat ‘n gou ‘n oomblik en wees dankbaar. Daar is so baie dinge in my lewe waarvoor ek soooo dankbaar is awesome vriende. Aaah, lekker kos. Die feit dat ek my skoene beheer en hulle nie net kan loop waar hulle wil nie, want Vader weet waar hulle orals sal gaan loop. Ek dink my skoene in nogal bietjie hos, en dat as hulle die kans sou kry, dat hulle sal township toe loop en gaan break dance…no jokes. En ook die feit, dat ek nie crocs hoef te dra nie. Oh my word, dankie daarvoor. Maar die ding wat ek dink hoog bo aan my lys van dankbaarheid is, is die feit dat spinnekoppe, en ek bedoel daai groot swartes, nie kan vlieg nie. Ek weet nie wat ek sal doen as hulle begin vlieg nie, imagine dit gou. Ok…stop. Dis ‘n horrible thought! Ek verseker my spaceship pak en trek na ‘n ander planeet toe. Seriously.

*I met a lady named Polly ones. She didn’t care for crackers or my sense of humor.*

I’m out!

Laat dit juig!

Die Bertha.
=>   

Monday, 20 May 2013

This one is a thinker. Now that I think of it, not so much...


Seriously, no jokes, Facebook moet ‘n limit sit op hoeveel keer ‘n person hulle relationship status kan verander. Na vyf keer moet die default net soos “unstable” wees. Want regtig…jy kan nie elke twee weke life wees vir ‘n nuwe piesangpit nie, kry ‘n bietjie self-respek asseblief…

Soooo…ek’t gedink gister oggend, and this one is a thinker, mag dalk in die begin confusing wees…veral vir afrikaanse mense, want afrikaanse mense is nie engels nie. True story. Here goes: Was the pirate’s hook the cause of his eye injury? Or…did the eye patch affect his depth perception causing the hand injury? Nou almal het die debate oor Ninjas of Pirates…my persoonlike opinie en smaak is vir Ninjas, want lets face it: Ninjas is gevaaaaaalik! En hulle kan soos die swartkat in die nag rond sluip...en wie wil nou nie dit doen nie? Pff. En dit lyk of hulle baie sushi kan eet, en wie hou nie van sushi nie? Pff. Maar toe dink ek oor pirates, hulle lyk vir altyd so vuil…but that’s beside the point. Ok…het hy die hook hand gehad, toe pla ‘n miskiet hom toe prober hy die vlieg weg jag met sy hand en haal perongeluk sy oog uit? (As hy het hoop ek dat hy die miskiet gekry het.) OF het hy sy oog verloor en toe kan hy nie sien aan sy linkerkant nie, en toe tref ‘n meteor sy hand? Daai pirate op Spongebob Squarepants FREAK MY UIT!!! Weet julle wie freak my nog uit, tannie lady gaga, ek amper seker sy smeer haarself vol gom en gaan rol dan rond in random goed. Maar anyway…elke outjie het sy foutjie. Bless haar.

*Don’t smoke cigarettes, there are cooler ways to die.*

Well…that’s it.

I’m out. Peace.

Die Bertha.
=>

Friday, 17 May 2013

Today marks the 22nd year in a row, that I haven't wore a shirt with an alligator logo on. This has got nothing to do with my post...


Sometimes you’ve got to ask yourself, why I am I talking to myself?

Wat ‘n skokkende dag…Het ‘n brief in die posbus gekry en in dit het gestaan, “I you ever want you’re hamster alive again, leave R1000 in unmarked bills in the trash can on Durban road.” Regtig? Weet niemand die verskil tussen “your” en “you’re” nie? Regtig? En ek het nie eers ‘n hamster nie. Ek het ‘n hamster gehad…toe ek jonger was was en deur my mid-teen crisis gegaan het. Dis as jy die middel van jou tiener jare tref en ewe skielik begin twyfel of jy als gedoen het met jou tiener jare wat jy wou, en dan kry jy ‘n hamster. Ek het ook visse gehad…my visse het nie lank gehou nie, hulle het almal gevrek. Die vis wat die langste gehou het was 2 weke. Yeah that’s right...so as jy my vriend is moet jy bly wees jy’s nie ‘n vis nie of hoop jy’s nie ‘n vis nie. Wat gaan aan in die wêreld?

Het julle al daai expression gehoor, “the good times are just around the corner…” Nou, dis als goed en wel, ek het al na baie hoeke toe gegaan en gaan kyk of ek nie daai ‘good times’ sien nie. Het nie geweet waarvoor om te kyk nie… Kom dit in ‘n pakkie? Gaan iemand dit kom afgee vir my? Gaan daar iets op staan, soos good times in a bag: buy one get one free? Is dit rond of vierkantig? Anyway, it didn’t happen…maar aan die ander kant, mense toet sooooo baie as jy net daar staan op die hoek. Ek’t gedink daar is iets op my gesig, daar was nie. Die wêreld is ‘n weird en partykeer creepy plek…

*Being skinny in nice. But chicken nuggets are even nicer.*

I’m out.

Have a really happy happy day!

Die Bertha.
=>

Thursday, 16 May 2013

Die army is makliker. Ek dink. Seker nie. Maar iets is makliker...


Dis nie baie dat jy ‘n mullet en speedo aan dieselfde person sien nie. Die lewe is moeilik…

Ek het so disorder waar ek nie weet wat om te doen wanneer iemand my ‘n kompliment gee, dis vir my ‘n vet awkward situasie, nou ek kan enige iets awkward maak in ‘n oomblik. Dis regtig ‘n probleem, soos die ander dag. Iemand het iets van my komplimenteer, dink dit was soos my hare of iets, ek het so nervous geraak, die normale reaksie sal wees, “Baie dankie…”maar nee my brein dink dit sal funny wees om random goed by my mond te laat uitkom, dit het so gegaan, “Hey Bertha, jou hare lyk mooi vandag.” My brein dink obviously die person het iets gesê soos, pasop daar kom ‘n meteor en hy gaan jou hare tref. So die episode loop so in my kop, (dit het nie gebeur nie, ek wil net vir julle die extent van die situasie laat besef) Ek wat duck and dive to stay alive. Stop, drop and roll, leopard crawl onder ‘n veilige skuiling in, laat val my foon, gelukkig is dit ‘n Nokia en almal weet Nokia’s breek nie, die ding bons soos ‘n hopperbal tref ‘n kat en injure ‘n sprinkaan, en vlieg toe by die ruit uit, never to be found again. Ek freak uit, want sprinkane freak my uit. Hulle bene is weird, dit het sulke hakkie goed op, en nou moet ek hom na die sprinkaan dokter toe vat. En al wat ek toe uitkry op, “Hey Bertha jou hare lyk mooi vandag…is, “Happy birthday…”En dit was nie eers die person se verjaarsdag nie. So toe moes die awkward ek verjaar nie vandag nie, gesprek begin, ek sê toe net ek weet en stap nonchalant weg, soos ‘n meester, maar voel soos ‘n absolute neut. As enige iemand weet wat die disorder se naam is, dis ok, moet my nie sê nie, ek sal die gesprek net awkward maak.

*I hate taking the bus to work. Especially when I’m late. I can never find a place to park.*

That’s it.

Have an extraordinary day!!

Die Bertha
=>     

Wednesday, 15 May 2013

Hair products are really, really expensive...



Ek nou net oor warm kole geloop sonder om my voete te brand! Ninja! Het my skoene vieslik opgemors though...

Ek’t so theory, dit was al op my status, vir een of ander rede like mense net altyd statuses, hulle gee nooit hulle opinies nie. Maar anyway, my theory: As Facebook ooit ‘n dislike button moet add, sal ek doodgaan van sleep deprivation. Ek sal terug gaan in tyd en als gaan dislike wat mense gesê het wat ek nie gelike het nie, ek’s seker daarvan ek sal ook mense add wat ek delete het, en die goed wat hulle geshare, wat gemaak het dat ek hulle delete gaan dislike. Dit sal ‘n dislike fees wees! True story...Ek’t gedink nou die dag, ek ‘n dude gesien wat se hare heavy ge-gel is, nou ek’t nie eers geweet die winkels verkoop nog gel nie. Toe dink ek, mense kan soveel geld spaar deur net ‘n ystervark te gaan koop en met die ding op hulle koppe rond te loop. Ja, sure jy gaan vir ‘n rukkie daai ou wees wat met ‘n ystervark op sy kop rond loop, dalk op die 7 uur Nuus met Terrence April wees, maar na ‘n rukkie sal dit ook nie meer snaaks wees nie. Want jy sal ‘n trendsetter wees...almal gaan dit begin doen. And it will be legendary!  

As julle wil weet hoekom ek met ‘n krieket bat onder my bed slaap, en ek’s seker meeste van julle wil. Ek bly in Kraaifontein right, nie die regte kommin deel nie, die nuwe uitbreiding. Die bat is vir as iemand sou inbreek en my met balle gooi. Ware verhaal.

*If I had a dollar for every time I think about you, I would start thinking about you!*

Have a happy day!

Verander iemand se lewe!

=>

Saturday, 11 May 2013

I had to bang my head against the trunk of the car like six times...ware storie!


So what is up? Vanoggend loop ek uit by die huis…hoor net tekkies skree. ‘n Kar ry amper ‘n vrou raak. ‘n Ander kar ry in ‘n ditch in, nog een kom verby en skiet oor die sypaadjie, begin toe dink, miskien moes ek maar ‘n broek aangetrek het. Haha…jokes.

Hierdie het my laat dink, die mense wat so hulle klere verloor langs die pad…HOE? Hoe verloor jy dit? Voel jy nie jy verloor ‘n kledingstuk nie? En…skoene…het julle enige iets in ‘n size 8? My voete is nogal breed. Dink gou gou hoe dit moet suck as jou naam Rick Shaw was, en jy’t in China gebly…jy sal permie dink mense roep jou. Hierdie is een van die goed wat my pla. Anyway, die afgelope tyd was daar mos hierdie Justin Bieber craze in kaapstad omdat die seuntjie hier kom “baby” het. Nou ek’s glad nie ‘n fan nie, but each to his own. As jy hou van daai tipe musiek, sal ek en jy tien teen een nie vriende wees nie. Maar jy weet, elke outjie het sy foutjie. Nou luister ek die ander aand so radio op my Mp3 player, en laai goed uit my kar uit, en my hande is vol hoor. En wat begin speel op die radio? Baby goed! Ek moes my kop teen die boot van my kar kap, so paar keer, totdat die headphones uit my ore val. Nou ek gaan sekerlik baie moeilikheid kry oor die post, want mense hou apparently van die outjie. The truth though: I couldn’t care less. Dan aan die ander kant, as iets mens so irreteer dat jy daaroor sal blog, dan werk dit seker. Soos die getik op die dak…maar die getik op die dak is nie famous nie, net irreterend. En met getik meen ek nie mense sit en gebruik tik op ons dak nie, die is nie Bellville-Wes nie, daar is ‘n fisiese getik op die dak. I was thinking the other day…hoe cool sal dit wees as Math nerds mekaar alge-bros noem? As ek deel was van matletes sou dit my span se naam gewees het. Letterlik.

“You could probably bounce a coin off my abs if you have low expectations of bouncing and are a money throwing weirdo. And there’s nothing wrong with being a money throwing weirdo.”

Regte mense. Ware verhale.

Stay happy!

=>    

Friday, 10 May 2013

Icing is highly overrated...en 'n paar ander goed is underrated!


Soooo…ek’t regtig lanklaas gepost. I’ll catch you up! Ek het baie goed geleer in my lewe die afgelope tyd, soos hoe om iemand se knock knock joke te spoil…as hulle begin met, “knock knock…” dan sal ek antwoord met, “It’s open…” And then I laugh and laugh…anyway. Was funny in my kop.

So die afgelope tyd moes ek leer dat niks is so erg soos wat jy dit maak nie. Als is altyd erger in jou kop. Dit maak nie saak hoe sad jy is nie, onthou net iewers op die planeet het ‘n vet kind sy stuk koek laat val. Ek het al ‘n vet stuk koek laat val en dit was ‘n sad, sad dag. Gelukkig is ek nie ‘n germophobe nie so, just scrape off the top layer. Icing is anyway overrated. Behalwe daai cream cheese en icing topping wat my ma op wortelkoek sit…oh my soul! Dit verander jou uitkyk op wortels. True story. Nou die dag toe staan ek in ‘n elevator, daar staan so cute seuntjie oorkant my, seker so 3/4 jaar oud. Dis ‘n baie cute ouderdom, elkgeval…in die elevator is daar ‘n knoppie met ‘n fireman’s hat op, soos die storie uitdraai is daai nie die knoppie wat jy druk wanneer jy ‘n brandweerman se hoed wil hê nie. En die is ‘n ware verhaal, alarms gaan af en als. Maar die brandweer kom nie, die pizza ou het daar verby kom stap, en toe dink ek aan daai joke: Ons lewe in ‘n tyd waar die pizza delivery vinniger by jou uitkom as die polisie. So as iemand inbreek, order ‘n pizza. 

Wat ek eintlik op my hartjie het is die volgende: Wow…almal bash altyd online dating, nou ek doen dit nie, maar ek kan sien hoekom mense sou gaan vir daai opsie. Nommer een: jy kan soos net headshots vat en nie jou lyf inkry nie. Regtig. Al beroep wat ek wil doen op die wêreld is: HOU OP FOTO’S NEEM IN DIE BADKAMER! My vraag is ook: HOEKOM??? Met baie vraagtekens op my gesig. Dis gross. So…online dating. Die eerste paar meetings kan jy doen in die gemak van jou eie huis. Op die bank, wherever. Soooo, jy kan make up aansit en jou gesig mooi maak, en jou pj’s aanhê. SONDER DAT DIE PERSOON WEET! Once! Wat is bter as ‘n date in jou pyjamas? Ek sal jou sê: NIKS! En dan die bonus, jy spaar. Wat spaar jy? Shampoo! Deodorant! Jy spaar op awkward oomblikke, want as dit awkward raak kan jy net “jou konneksie verloor”en reguit in die bed gaan klim want jy’t klaar jou pj’s aan. Look at the perks people! Look at it, I dare you!

Were you dropped as a baby? Yeah, in a pool of sexy! Pff.

Ok, I’m out!

Have a happy day!!!

=>