Sometimes you’ve got to ask yourself, why I am I talking to
myself?
Wat ‘n skokkende dag…Het ‘n brief in die posbus gekry en in
dit het gestaan, “I you ever want you’re hamster alive again, leave R1000 in
unmarked bills in the trash can on Durban road.” Regtig? Weet niemand die
verskil tussen “your” en “you’re” nie? Regtig? En ek het nie eers ‘n hamster
nie. Ek het ‘n hamster gehad…toe ek jonger was was en deur my mid-teen crisis
gegaan het. Dis as jy die middel van jou tiener jare tref en ewe skielik begin
twyfel of jy als gedoen het met jou tiener jare wat jy wou, en dan kry jy ‘n
hamster. Ek het ook visse gehad…my visse het nie lank gehou nie, hulle het
almal gevrek. Die vis wat die langste gehou het was 2 weke. Yeah that’s right...so
as jy my vriend is moet jy bly wees jy’s nie ‘n vis nie of hoop jy’s nie ‘n vis
nie. Wat gaan aan in die wêreld?
Het julle al daai expression gehoor, “the good times are
just around the corner…” Nou, dis als goed en wel, ek het al na baie hoeke toe
gegaan en gaan kyk of ek nie daai ‘good times’ sien nie. Het nie geweet
waarvoor om te kyk nie… Kom dit in ‘n pakkie? Gaan iemand dit kom afgee vir my?
Gaan daar iets op staan, soos good times in a bag: buy one get one free? Is dit
rond of vierkantig? Anyway, it didn’t happen…maar aan die ander kant, mense
toet sooooo baie as jy net daar staan op die hoek. Ek’t gedink daar is iets op
my gesig, daar was nie. Die wêreld is ‘n weird en partykeer creepy plek…
*Being skinny in nice. But chicken nuggets are even nicer.*
I’m out.
Have a really happy happy day!
Die Bertha.
=>
No comments:
Post a Comment