This is where it all starts...

Tuesday, 28 May 2013

I have a fear of speedbumps, but I'm slowly getting over it.



Iemand moet ‘n wekker ontwerp wat die reuk van bacon vrystel wanneer hy afgaan! Wow...ek sal so vinnig uit die bed wees! Hoop net nie ek kry ‘n head rush an te vinnig opstaan nie...maar bacon...Mmmm!!!

Het julle al ooit agtergekom dat die mense wat sweat pants dra, is die mense is wat nooit sweet nie...dis een van daai Murphy ou se laws, dink ek. Nou hier’s die toets...ek gaan koop toe vir my sweat pants, en trek hulle toe aan gym toe. Dis korrek ja, ek gym nou. Gaan teen alles wat ek is, but I’m there. En kom ek sê julle, dis nie ‘n grap nie. Maar dis vet pret om die mense te kyk, dis altyd interessant. Niemand wil oogkontak maak met iemand anders in die gym nie. Ek het altyd gewonder hoekom nie, toe loop ek eendag in die badkamer in toe ek nou klaar is, en wat sien ek in die spieël? So rooi/pienk bal met bruin oë, ‘n bril en bruin hare. En dit het ‘n lyf ook. Toe verstaan ek, mense maak nie oogkontak nie, want jy lyk nie goed wanneer jy oefen nie, so kyk maar net af, en imagine jy lyk absoluut fantasties. Want jy doen, in jou kop. So elkgeval, ek kry toe die sweat pants, trek dit aan en gaan gym...needless to say the sweat pants lived up to its name. Dis ‘n klug. So nou dra ek maar nie weer sweat pants nie. Dis baie gemaklik, en maak ‘n fantastiese slaapbroek. Hulle moet dit skuif na die pyjama section van die winkel toe, want oh my word, verander my lewe!

*There is no place like home, unless you’re homeless, in which case everywhere is like home.*

Ok...That’s it.

Laat jou paradigms van wat liefde is, geshift word vandag!

Peace.

Die Bertha.
=>

No comments:

Post a Comment