This is where it all starts...

Monday, 30 May 2011

The only constant is Riaan Cruywagen...yes it is.

Joh! Dis dik koud! Mens kan die kouete met 'n mes sny! Hoe awesome sou dit nie wees nie? Dan kon mens 'n stukkie winter preserve vir die erg somer dae...sou cool wees. Soos daai Ys Hotel in daai ander koue land...

Die hele kouete storie maak my nogal huistoe verlang...na my ma se kos en hot chocolate laat in die aand. Nog 'n ding wat my laat verlang is die erg mooi bome hier buite en SABC 2...dis weird. Seker omdat hulle slogan "Feel At Home" is en die "koshuis" is nie baie homey nie, dis koud en die hek bo by die trappe keer nie die wind nie. En hiers net teëls...en OMW die mense is LOUD! But thats besides the point...a valid one in any case.

Die programming op SABC 2 is belaglik! Al die shows het subtitles behalwe die nuus om 7 met Riaan Cruywagen...Mense sê the only constant is change maar, the only constant is Riaan Cruywagen. Daai brother is al van die begin van tyd af lewendig en die mat op sy kop ook. Hy lees baie goed though...

Maar hoe kwaai sou dit gewees het as mens 'n teleporter gehad het en super vinnig gou 'n draai by die huis kon maak en mamma se gebakte hoender, macaroni, AATRAPPELS, soetpampoen, soetpatats en roomys met baie chocolate sous! Dis waarvan drome gemaak word! Dit en 'n lekker uitrek in die oggend! Net voor mens, mens se slippers aantrek.

Hou van die hoedjies wat die dokters op Grey's dra. Wag nog vir Black's Anatomy.

Dankie vir koue voete en blou hande.

Dra lekker bright kleure! Dis mooi!

=>

Wednesday, 25 May 2011

Het my topic verloor...

Ek lê nou so en my kop voel so groot en vet en vir een of ander rede is ek baie bewus van my neus. En vir die eerste keer in 2 jaar sien ek hoe wit als in die kamer is.

En hoe dom dit is. Wit raak ongelooflik vinnig vuil...en wie wil nou heeltyd loop en skoonmaak...dis mos ietwat van 'n hassle. Dis seker om die skoonmakers besig te hou. So I got to thinking...die goed is regtig wit en ek meen nou, was jou klere met Omo wit, dat jy wakker word van die kasdeur wat in jou oë skyn wit. WIT mense...irreterend wit. Jy sien 'n miggie 'n myl ver sit op die kas.

Nou...HOEKOM praat mens van wit mense? Ekt nog nooit iemand gesien wat so erg wit is nie. As jy so wit is dan is jy actually kleurloos. Pigment gestremd...Hoe cool sou dit wees as mens deurskynende mense gekry het? Jassie...hulle sou awesome spies vir die CIA gemaak het. En nog beter...as daar regtig Smurfs was! Imagine rêrige klein, blou mannetjies wat hier rond hardloop. 'n Mannetjie wat jy in jou rugsak kan rond dra. Wonder of Smurfies koffie drink? Wonder ook wat is daai pienk goed wat die Teletubies altyd drink...dit het altyd lekker gelyk! Wonder of die Teletubies bad. En hoekom moan Heidi so baie? Hoe cool sou dit gewees het as daar regtig Power Rangers was? Jaaaa....

Het my topic verloor...anyway.

Hoop julle vrek van die koue sodat julle warmte meer waardeer! Hehe.

Moenie miggies doodmaak nie. They also have feelings en families!

=>

Tuesday, 24 May 2011

Die Long-John, die Warmkombers en die Missie...Net so...

Jissie lekker reën dit nou! Daar is NIKS beter as die winter nie! Niks beter as om wakker te word en dis toegetrek buite en jy kan opstaan uit jou warm bed en lae en lae klere aan trek nie. Dis die lekkerste!

Hoeveel van julle besit long-johns? Hahaaa...daai is die beste john wat jy in jou lewe gaan beetkry! Geen ander john kom naby long-john nie. Daai brother sal jou warm hou! As jy dit en 'n warmkombers combine...LETHAL combination net daar! BOOOM!

Al wat my af tick van winter en somer is die mense wat so blerrie moan! Oh my hat! As dit warm is dan praat almal binne-monds en maak weird geluide omdat dit te warm is om ordentlik te praat. En wanneer dit koud is trek almal 'n stukkie blou en moan kliphard om warm te word. Of oor hulle hare wat gaan mince. Dis nie die ergste nie...inteendeel ekt nog nooit iemand in my 2 dekades op die aarde ontmoet wat van hulle hare hou nie. Nou sien...die BEAUTY van winter is jy kan 'n missie aantrek. Somer is op 'n losing streak...

Joh...ek wens ek kan nou beach toe gaan.

Hou op moan!

Wees nice met mekaar né! Kry 'n GROOOT hoed net vir die lekkerte!

=>

Monday, 23 May 2011

Die plant is nie eers vet nie...

Hiers 'n thought...hoe voel 'n vetplant oor sy naam? Al ooit daaraan gedink? Think about it...

Nee regtig...THINK about it! Dink julle nie dis bietjie offensive nie? Dis nou so goed mens sit vet voor alles wat vet is. Vetkoei, vetvark, vetworshond, vetvoet, vetkop...you get the picture. Eks een van daai mense wat voel ALLES het gevoelens so therefore moet alles mos kan voel. Ekt dan 'n kombers oor my fiets in die aande gegooi sodat hy nie koudkry nie...ja.

Nou dink by jouself hoe seergemaak jy voel as iemand vir jou sê jys vet...nou hoe op aarde voel die vetplant. Dis sy naam. ALMAL noem hom daarop. Sou graag wou hoor wat die plant te sê het as hy kon praat. Ek weet wat ek sou sê. Weet julle wats die ergste...DIE PLANT IS NIE EERS VET NIE. Hier moet iets gedoen word.

Don't judge a plant by its weight...rather by its thorns.

Yeah you heard me.

Ok...wees nice met mekaar né!

Kry 'n paar neon pink sokkies, al die spiftige kinders dra dit.

=>

Sunday, 22 May 2011

Die klein mensie in jou maag...

Jassie jeuk my oor nou! Ek sien die naweek 'n lelike ding! Dis regtig verskriklik....dis aanhoudend, dis vullend dis eet!

Ek dink nie mense het al opgelet hoeveel keer 'n dag hulle, hulle monde vol maak nie. Dis ongelooflik hoe jy skaars opstaan en die 1ste ding wat met jou praat is die klein honger mensie in jou maag...ja dis wetenskaplik bewys, het dit in die Huisgenoot gelees...daar's 'n klein persoon in jou maag wat al jou kos opeet en dis hoekom mense constantly moet eet.

So...wat moet gebeur is die mensie in jou maag moet uitgehaal word dan hoef mens net 1 keer in 'n dag te eet. Of 1 keer in 2 dae. Dink aan die revolusionêre effek wat dit op jou lewe sal hê...Eerstens jy sal minder honger wees, tweedens jy sal BAIE geld spaar en derdens winkels sal hulle pryse afbring, want mense koop minder.

Ok ja...die inisiële koste van die operasie om die mensie te verwyder gaan astronomies wees, maar in die langtermyn sal dit meer koste effektief wees.

Think about it.

Vandag is die dag vir groot woorde en groot dinge.

Kry vir jou 'n geel jacket.

=>

Monday, 16 May 2011

Extra extra...read all about it...

Wie het ooit gedink dis 'n goeie idee om 'n koerant te maak?

Follow my hier...wie het gaan sit en besluit...Mmmm...ek dink ek wil nou 'n huge stuk papier vat en daarop gaan print and while I'm at it gaan ek nie die bladsye vas staple nie, net omdat die lewe nog nie moeilik genoeg is nie.

Die brother soek mos vir 'n beating...dis vrek moeilik om net casually te sit en blaai deur die koerant. Het jy al ooit iemand hoor sê: "Jissie gister was so lekker dag. Ekt opgestaan, 'n lekker vet stuk toast met jam op geëet, saam my familie kerk bygewoon en toe na die diens het ek lekker op die bank gesit en my koerant deurgeblaai."

Nee jy het nog nie, want as jy wil koerant deurblaai het jy gewoonlik 'n massive oppervlak nodig, 'n verkyker om die bokant van die blad te sien en baie geduld om mooi te blaai. Usually eindig ek op in 'n wrestling match met Die Burger. Dis nie ontspanend nie. Waar in jou lewe...

Anyway...koerant deurblaai is baie beslis 'n talent. Ek was nie eers in die queue nie.

Double-sided tape...interessant.

As jy nie wys is nie maak ten minste of jy is. En eet 'n chilly.

=>

Thursday, 5 May 2011

Body switching...yes, its gonna be a thing.

Nou die dag tref die gedagte my in die klas. Eers het ek vir my brein gesê: "Nee, dis so bietjie far fetched..." maar, toe gaan dink ek actually so bietjie daaroor en kom agter my brein is onto something.

Teen die tyd wonder jy al seker waaroor gaan die mal kind aan? Ek sal jou sê...Body switching...né? Né? Flippen kwaai genius né?

Hiers hoe dit sal werk...ok, gestel mense stel hulle liggame vry vir dit. Dan is daar 'n winkel waar jy kan gaan browse vir liggame...obviously het daai liggame nie siele nie, so mense kan hulle liggame uittrek en nuwes aantrek. Maaaaar, ek kan nie as ek lekker spekkies is in 'n midget se liggaam pas nie. Dit moet wees according to size. Amper soos om klere te koop. So basically neem jou siel die liggaam en die brein aan maar, alle manerisms en daai dingetjies is still all you. Dit gee iemand anders weer die geleentheid om jou liggaam te huur...dit moet net gehuur kan word sodat wanneer jy wil terug klim in jou liggaam jy dit sal kan bekom. En daar sal natuurlik terms and conditions wees soos om nie die liggaam te beskadig nie. Ek kan nie 'n gesonde liggaam ingee en een terug kry waar die toon stukkend is nie of waar die liggaam ondervoed is nie...dus moenie met iemand anders se liggaam Etihopieë toe gaan nie. Dan smeek jy vir gewig verloor.

Dit klink nou baie dom but its going to be a thing. Watch this space. En nee, dit gaan nie deur Verimark of Glomail ontwikkel word nie.

Patent pending.

Moenie iemand skiet nie, stay off drugs en sit vandag op 'n gemaklikke stoel...dis goed vir die siel.

Lekker Cadbury. Woohooo!

=>

Monday, 2 May 2011

Check That Ads...

Die advertensies tick my af...

Don't get me wrong. Ek love advertensiewese, sal graag daar wil ingaan, super punch lines wil uitdink vir produkte wat mense nie nodig het nie, maar wat hulle dink hulle nodig het. Soos Verimark se ads...hoe stupid is jy as jy hulle tos koop? Ok, ekt nou die helfte van my familie in die gesig gevat...so bygesê: "No Offence," en "Get Over It."

Ignoreer nou al die rêrige bad ads soos die Outsurance crap en Dail direct en Clientelé Life...wag...iemand moet die insurance companies help. En Always Ultra se ads...het jy al hulle punch line beleef? Ekt amper van die stoel af geval. Die mense is freakishly creative...

Anyway my punt is...ek en 'n klomp ander mense bly hier in die "Koshuis". Nou ons het net soos 6 kanale...blerrie fantasties...now take that into account. Met net 6 kanale is daar ook net soveel advertensies wat kan opkom...dit wat my die meeste pla is die McDonalds, Steers en Lindt ads. Hoe kan hulle mens so straf om sulke uitloklikke ads op die "Koshuis" se tv te sit?

Dis soos om vir Tweety te maak dans voor Sylvester. Of om vir Winnie sy heuning te deny. Of om vir die SA regering te sê om korrupsie te stop.

Net plain MEAN!

Coco pops of Squillos? Pff...definitief. SQUILLOS! Hoes jy dan gebou?

Be nice!

=>