This is where it all starts...

Wednesday, 22 June 2011

From the womb to the room! Hehehe...

Daar is iets in die lug, dis blou en die wind waai en dis freakin fantasties! Wens ek was 'n boom...hoe awesome sal dit nie wees nie? 'n Groot bloekom boom, met 'n dik stam en groot blare wat majestically waai in die wind! Oh how wonderful it would be...wonder hoe voel dit om 'n klip te wees. Ek meen jy lê jou lewe lank op 1 plek, tensy 'n mens jou gooi. Interessant.

Maaaaar...dis nie waaroor ek wil praat nie, sien nou net 'n baba indaba advertensie en hulle sê so stukkie..."From the womb to the room"...catchy line daai, baie oulik. Toe dink my brein, hoe oulik sal dit wees as die womb aan die binnekant lyk soos 'n babakamer! Né! Mooi pastel kleure, lyne en blokkies en sulke goedjies. Die mense in die "koshuis" dink ek is kens but think about it. As die womb so gelyk het sal die baba ongelooflik at home gevoel het en minder freakin geskop het. Nou ek weet nou nie hoe dit voel nie want, ek was nog nie swanger nie. Maar ek weet hoe voel dit as iemand jou skop en dis nie te vars nie. Nou kan ek net dink hoe dit moet voel om van die binnekant af geskop te word. Joh. Nee...I don't think so. Hahaha...mens moet 'n flubber sit daar waar die kind skop...daai ding sal weg hop! Lyk of jou maag 'n twitch het.

Nee wag...off topic. Dink net die kind sal rustiger wees as hy/sy in 'n meer homey ding grootword vir die eerste 9 maande van sy/haar lewe.

Is vandag ongelooflik lus vir trekker ry!

Lekker dag vir boomklim.

Moet weer maskers maak. Urgently.

Ok...be kind to one another!

=>

Tuesday, 21 June 2011

Check daai Poedel se perm!

Hehe. Het julle al ooit gedink aan diere taal? Nee, rêrig...behalwe nou vir die feit dat honde blaf, katte miaauw en so aan ensovoorts...dink rêrig daaroor. As mens dit kan ontleed en agterkom wat elke geluid beteken kan mens mos lekker chat met jou hond. Of hoe?

Maar ek het recently begin wonder of daar verskillende soorte blaf metodes is...follow me here...ok om dit so bietjie makliker te maak ons in SA praat afrikaans, en nog 'n klomp ander klap tong tale, in China praat hulle Chinese, in Frankryk praat hulle frans en yadi yadi yada...you get the picture.

Nou...ek dink, en die is net spekulasie, gooi net 'n klip in die bos...dat daar is verskillende soorte blaf tale. So honde in SA blaf in afrikaans of, you know, een van die ander miljoen tale in die land...hoe cool sal dit wees as 'n hond met 'n klap tong geblaf het...hahahaaaaa! En 'n indiese hond blaf met daai kwaai aksent van hulle, met 'n turban op die kop. Of is dit dat sekere spesie honde dieselfde taal blaf. Poedels sal die snobs wees. Hahaha...'n Poedel is 'n hond met 'n perm. Funny stuff. Perm op jou voete. Hahahaha!

Die goed sal interessant wees om te weet, né?

Geniet die lighter side of life!

Wees nice met mekaar né! Jy weet nooit wie jou lewe gaan verander nie!

Smile!

=>

Tuesday, 14 June 2011

Blou Ice-Cream en Mak Renosters...

Oh snap! Whats up? Wie het al MasterChef Australia gekyk? Ekt altyd gedink kook shows is mal cool...maar die show hou nou al langer as tyd aan. Dis erger as aanmaak koeldrank...daai 11-in-1 treffer. Daai koeldrank met die baie energie. Eks verbaas die bottel spring nie van dakke af nie...

The reason I'm here...well ekt baie lanklaas geblog jammer julle 2. Hehe...weird konsep hierdie geblogery. Hier kom elke Jan, Piet en Kosie en kom share hulle thoughts. But I guess its theraputic. Hoe interessant sal blou ice-cream wees? Jaja I know daar is bubblegum milkshake en al daai oulike pastel kleur shakes...maar dit sou mal wees as mens by 'n winkel kon instap en 'n bak blou roomys koop. Sug. En dan by die huis die thunder stick vat en 'n groot vet blou shake maak!

Die vieslikste drink wat mense kon uitdink is floats...waar in jou lewe? Jy spoil perfectly good ice-cream en 'n perfectly good drink. Hou dit apart. Dis dieselfde met turkish delight...HOEKOM? En daai lemoen Flake...once again...HOEKOM?

Hoekom is dit so moeilik om te leer? Behalwe dat dit ongelooflik boring is...dit sal beter wees om met 'n Shoprite trollie in Pep rond te loop...kan ek nie fisies vir 'n halfuur gaan sit en konsentreer nie. Imfreakinpossible. Kaste regpak is ook lekkerder.

Renosters is oorgewig unicorns...think about it.

Die lewe is fantasties! Yes!

Spread the joy!

Wees nice met mekaar en maak 'n renoster mak.

Tadala!

=>

Saturday, 4 June 2011

Oh My Word...just asking...

Speedo's regtig? Dis degrading aan die human race! Niemand lyk goed daarin nie. Ek gee nie om of jy David Beckham is nie!

Daai stukkie swemlap beteken niks! Nothing I tell YOU! With my finger in the air...not the middle one though, that would just be rude. Die ou se sonbril is groter as die Speedo. It a shame. Mense noem dit die human race omdat almal altyd so haastig is. Partykeer moet mens net bietjie rustig raak en dink oor die dieper dinge in die lewe...soos HOEKOM MAAK HULLE SPEEDO'S?? Of wat om te maak vir aandete en hoekom party mense kaalvoet in Bellville-Wes stap...het julle al die plek se strate beleef? Het julle al die plek beleef? Dis ongeflippenlooflik! Dit sal nie 'n skok wees as hier nou 'n ou met 'n Speedo verby die "koshuis" loop nie. Die mense snuif belaglik baie petrol hier oorkant die straat...weet hulle nie hoe duur brandstof is nie? Het julle al opgelet hoe mors polka dots met mens se oë? Die arme goed weet nie waar om te fokus nie. Dit kan blykbaar seizures veroorsaak.

Het julle geweet in 10 jaar het Amerika $290 biljoen aan advertising vir die fashion industry spandeer! Dis belaglik...imagine, met daai geld kan hulle Zimbabwe uit 'n krisis help. Hulle kan die hele Etihopieë vier keer kos gee en nog change oor hê. Hulle kan vir Donald Trump 'n nuwe hairstyle kry en asseblief vir Janice op Friends 'n nuwe stem!
Wie het die afdrooglap uitgedink?

En hoekom is die mense by Checkers so nors?

Stop this madness!

Die vrae gaan soos 'n stoomtrein deur my kop. Its bound to explode soon.

Dankie aan die 3 en 'n half van julle wat die blog lees. Hehe.

Wees nice met vreemdelinge. Make a new friend.

=>