This is where it all starts...

Thursday, 16 May 2013

Die army is makliker. Ek dink. Seker nie. Maar iets is makliker...


Dis nie baie dat jy ‘n mullet en speedo aan dieselfde person sien nie. Die lewe is moeilik…

Ek het so disorder waar ek nie weet wat om te doen wanneer iemand my ‘n kompliment gee, dis vir my ‘n vet awkward situasie, nou ek kan enige iets awkward maak in ‘n oomblik. Dis regtig ‘n probleem, soos die ander dag. Iemand het iets van my komplimenteer, dink dit was soos my hare of iets, ek het so nervous geraak, die normale reaksie sal wees, “Baie dankie…”maar nee my brein dink dit sal funny wees om random goed by my mond te laat uitkom, dit het so gegaan, “Hey Bertha, jou hare lyk mooi vandag.” My brein dink obviously die person het iets gesê soos, pasop daar kom ‘n meteor en hy gaan jou hare tref. So die episode loop so in my kop, (dit het nie gebeur nie, ek wil net vir julle die extent van die situasie laat besef) Ek wat duck and dive to stay alive. Stop, drop and roll, leopard crawl onder ‘n veilige skuiling in, laat val my foon, gelukkig is dit ‘n Nokia en almal weet Nokia’s breek nie, die ding bons soos ‘n hopperbal tref ‘n kat en injure ‘n sprinkaan, en vlieg toe by die ruit uit, never to be found again. Ek freak uit, want sprinkane freak my uit. Hulle bene is weird, dit het sulke hakkie goed op, en nou moet ek hom na die sprinkaan dokter toe vat. En al wat ek toe uitkry op, “Hey Bertha jou hare lyk mooi vandag…is, “Happy birthday…”En dit was nie eers die person se verjaarsdag nie. So toe moes die awkward ek verjaar nie vandag nie, gesprek begin, ek sê toe net ek weet en stap nonchalant weg, soos ‘n meester, maar voel soos ‘n absolute neut. As enige iemand weet wat die disorder se naam is, dis ok, moet my nie sê nie, ek sal die gesprek net awkward maak.

*I hate taking the bus to work. Especially when I’m late. I can never find a place to park.*

That’s it.

Have an extraordinary day!!

Die Bertha
=>     

No comments:

Post a Comment