Lank terug, voor Makro, moes jy geld betaal om 'n vrou met 'n baard te sien. Nie meer nie, die groot shopping plekke in Kraaifontein verskaf vir jou alles van huishoudelike produkte, flippen cool speelgoed tot vrouens met baarde. Get it all this morning...
Soooo...ek kyk nou die dag 'n fliek. Ek hou nie meer so baie van movies nie, want al die goed is dieselfde. Dit begin en dan lyk dit of die bad guy gaan wen en dit gebeur net nie...die slegte ou staan met 'n gun wat wys na die goeie ou en dan moet hy eers so 'n freakin lang storie vertel vir die goeie ou, voor hy hom skiet en dan het die goeie ou se tjommies tyd en kom red hom. Dis so clichĂ©, laat die slegte ou hom skiet, dan is almal verras of erg teleurgesteld. En wat's die deal met romantic comedies? ALMAL presies dieselfde...no jokes. En die mense het altyd sulke voorspelbare name. Die meisie se naam is altyd iets soos Sarah of Heather en sy was die popular chickie, en dan die dude wat die popular een is se naam is Heath of Blane of iets wat klink soos I'm sexy, I'm hot, I'm everything you're not...En dan die outjie wat 'n mullet en crocs het se naam is soos Guy of iets. Net eenkeer wil ek hĂȘ dit trailer moet so begin: "Tandiswa was looking for love in all the wrong places..." en dan moet dit soos wys hoe sy by die begrafplaas 'n graf oopmaak, want dis tog die verkeerde plek om vir liefde te soek. "But then she turned around and saw Sakoia standing there with a red rose, a violet violet and a yellow sunflower..." Dit sal 'n treffer wees. Ek's in die verkeerde beroep...wow. Mense moet regtig beter movies begin skryf. En almal gaan oor hoe erg die Titanic was, well, dit gaan als oor perspektief. Vir die krewe in die skip se kombuis was die feit dat die skip gesink het 'n wonderwerk. Ek't dit lank genoeg ingehou, maar ek kan nie langer nie...it's out. Deal with it.
*The kid next door challenged me to a water fight. So I thought I'll write this blog while I wait for the water to boil.*
Ok, I'm out.
Laat dit juig.
Peace.
Die Bertha.
=>
No comments:
Post a Comment