This is where it all starts...
Tuesday, 4 June 2013
Seals are dog mermaids. Think about it.
Ek onthou skool, ja...dit het gesuck. Heavy. Jy gaan sewe ure skool, en asof dit nie genoeg is nie, gee hulle nog huiswerk ook. Dis nie hoekom ek nie van skool gehou het nie, maar het bygedra tot dit. Maar ek onthou, om bubblegum by die skool uit te haal, was soos om crack by 'n rehab centre uit te haal...niemand mag weet nie. Het dit altyd so ander die tafel gedoen...aaaaah goeie tye. Ok, dit was nie regtig goeie tye nie, dan net, aaaah tye.
Het julle al vir iemand 'n vraag gevra en dan gee hulle vir jou 'n vet stupid antwoord, of jy vra, "Hoe laat is dit?" dan sê hulle "Daar's 'n horlosie..." Het ek gevra hoe laat is dit? Of het ek gevra waar is die horlosie? Het julle al gewonder waar kom gesegdes vandaan...soos ek het gewonder waar kom daai een, kill two birds with one stone, was daar 'n tekort aan klippe in die ou tyd? Of was daar geweldig baie voëls? En daai een, om te suip soos 'n vis...Was die visse in die ou tyd gereeld dronk? Het hulle in brandewyn geswem? Wat? Wat? Engelse idiome is weird: Daai een, A chip on your shoulder, het mense met lays op hulle skouer rondgeloop? Want in my kop lag ek my dood. Of OF, Daar is net 'n vet gap in hulle skouer...en daai een wearing your heart on your sleeve, wow, weet jy hoe sleg dit is vir jou hart om daai te doen? Jy kan HECTIC infeksie kry. Daai ding is bedoel om in jou borskas te wees, toegemaak. Jou hele aar-sisteem gaan platval en dis net heeltemaal onnodig te veel spanning op jou liggaam. Elkgeval...so daai is my stukkie diepte vir die week. Stay healthy peeps, en moenie hierdie goed sê nie. It just doesn't make any sense.
*Our 84 year old neighbour must really like working on his car. He's been under there changing the oil for 3 days.*
Alright...that's me.
Laat dit juig.
Peace.
Die Bertha.
=>
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment