This is where it all starts...

Friday, 7 June 2013

What do we want? A cure for diabetes. When do we want it? After dinner.


So, die week was soos vyf jaar lank. Ek dink die afgelope tyd baie aan skool, en hoe ek nie daarvan gehou het nie. Ek praat nou die dag met 'n meisie, sy's is nou in graad elf of iets, en sê dis blykbaar baie moeilik...en ons praat so oor hoe dit regtig nie soos die regte te lewe is nie.  Maar jy weet wie gee om dat die skool jou nie leer om 'n familie groot te maak, of om vir 'n werk te soek nie. Ten minste kan ek die area van 'n driehoek uitwerk...

Ek wil so bietjie ingaan op social media. Nou ek's glad nie teen dit nie. Ek's self 'n gereelde Facebooker, en het 'n Twitter account. Ek gaan kyk toe gisteraand wat op my Twitter aangaan, en jy weet, maar die gewone, niks. Ek kan regtig nie die punt sien daarin nie. Jy het net 140 characters wat jy kan gebruik...het julle al ervaar watse goed mense kan sê in 140 karaktertjies? WOW! Ek surf toe die ander dag so deur die kanale en kom op CNN, jap. En hulle het toe 'n report dat Justin Bieber se een tweet 100 000 retweets gekry het...raai gou wat hy getweet het...hy't gesê "live life full" Dis al. Net dit. Dis net 3 random woorde. That's not even a sentence! Toe dink ek miskien moet ek ook 3 random woorde vat en kyk wat gebeur, toe tweet ek, "Toaster squirrel ham" needless to say it didn't work. I only got hate mail, or hate tweets. En mense bel nie meer mekaar nie, dit ontstel my so bietjie, want ek hou van klets! Ek't nou die dag vir iemand 'n sms gestuur, wie onthou nog die dae van sms'e en polyphonic ringtones? Toe ek op 35050 vir 7de Laan gedownload het op my Nokia 2600, colour screen. Hahaha...elkgeval ek stuur die sms, die persoon, jy weet wie jy is, reply DRIE WEKE LATER, dis die antwoord, "Jammer ek reply nou eers, ek't aan die slaap geraak..." Wat? Vir drie weke??? Well, that's a long nap, dis soos ek gaan gou my oë rus vir vyf minute dan word jy wakker op 8 November 2023.

*Yeah, summer bodies are nice. But so are those brownies over there.*

Verander vandag iemand anders se lewe!!!

Laat dit juig!

Peace.

Die Bertha.
=>  

No comments:

Post a Comment