This is where it all starts...

Thursday, 20 June 2013

The internet is full of cat people. Because dog people actually go outside...

Wie het al die een gehoor: Daar's baie visse in die see? Ek het nog nie baie keer nie, maar ek's seker daar is van julle wat al het. Dis een van die domste sê goed in die hele wye wêreld. Dis mos presies wat jy vir iemand moet sê wat se hart nou net gebreek is. Weet jy wats nog in die see? Haaie, seaweed en toxic waste. BP het gemaak dat daar nie meer so baie visse in die see is nie. So...van wat is daar baie in die see? Olie. So gepraat van visvang. Ek sit en wonder nou die dag so, wat sal mense se reaksie wees as ek daar na die akwarium toe gaan, en instap met 'n visstok? Jissie, ek sal mos 'n fees hê. MOS.

Ek't ook oor hierdie een gedink...ons generasie sal DIE weirdste oumas en oupas maak. Imagine gou-gou 50 jaar van nou af, dan is ek 72. Ja, dis korrek, ek's 22. Well done as jy dit uitgefigure het, jy kan wiskunde doen. Ek was in die spesiale wiskunde klas, met die juffrou wat 2 verskillende skoene in die oggend aangetrek het. Dis seker hoekom sy die spesiale klas se juffrou was. Jis, ek het skool gehaat. Wow...ok elkgeval dan is ons in ons 70's en dra foamalite klere en ry op deurskynende motorfietse, apparently. Ons sal so cool wees, want ons sal alles kan doen wat die kinders doen. Ons weet hoe om die rekenaar aan te sit, en te Google, en browser history te check. Een van die grootste issues wat die kinders in daai tyd gaan hê, gaan wees om 'n username te kry wat nog beskikbaar is. Dink gou hieroor...ek wou nou die dag 'n account maak op so stock photography site, tik my naam in. Die ding sê nee, Bertha Bresler bestaan klaar. Ek's soos ja ek weet, dis ek. En ek het dan in LO geleer ek is uniek. Tik weer Bertha Bresler in, en hy sê weer nee. Maar wat wel beskikbaar is, is: BerthaBresler18 of BerthaBresler134 of BerthaBresler158. WOW né! Is daar al 158 Bertha Breslers op daai site? Ek's toe nie so uniek soos juffrou Van der Westhuizen gesê het nie. Maar dink gou ons kleinkinders gaan soos sit en die ding gaan sê: Nee, daar is klaar 'n Sakoia van Zyl op die site. SakoiaVanZyl39878723489_12332_i_t_sdfkmlfd_2334432 is wel beskikbaar. Aanvaar jy dit so? As ek Sakoia was sou ek nie. Sterkte aan Sakoia en sy tjommies. Eerste wêreld probleme. Pff.

*Ghetto rule: Whenever you buy something expensive, put the box in your neighbour's trashcan so you don't get robbed.*

Yip.

Laat dit juig!

Die Bertha.
=>  

No comments:

Post a Comment