Ek sit en wonder die ander dag so lekker. Ooe dis lekker om te wonder...dis 'n freeing experience om te sit en dink aan random goed wat ander mense nie aan sal dink nie. Soos hoekom verskaf Coca-Cola nie krane in mense se huise wat koeldrank uitkom nie? Of 'n vrugtesap fabriek? What's up met dit? En in die winter krane met Cadbury hot chocolate in? Sal dit nie super wees nie? En hoekom cancel hulle nie vir Survivor SA nie? Dis tog 'n rip off...
Ek sit toe so en wonder 'n dik stuk oor troues en daai stuff, en hoe interessant dit is dat hulle ringe gebruik om ewige trou te beloof. Hoor nou daai stukkie afrikaans. Dis seker omdat dit al van die oertyd af so is. Ek wed almal as hulle van die oertyd af hangertjies gedra het of hoola hoops om hulle middel, sou mense vandag nog soos idiots gelyk het...imagine.
Hoe interessant is die Indiese troues? Dis altyd mooi kleurvol. En almal dra altyd klokkies...soos katte. Dis vir as hulle wegraak...dink ek. En daai kolletjies op die vrouens se koppe laat dink my aan panic buttons...so as jy daaraan gaan vat dan gaan ADT opdaag. Of die brandweer...press button in case of fire. Mmm...moet dit bietjie probeer.
It's taking over my brain.
Lekker hot chocolate dag né!
=>
No comments:
Post a Comment