Do you know what gets me? Dasse. Hoekom? Nee regtig...HOEKOM?
Wie het besluit hulle nek voel nou so leeg dat hulle 'n das moet invent om hulle lewe te fullfill? En nou is dit 'n ding né...almal doen die das ding die besigheidsmense , die skole dwing kinders om die goed te dra...asof dit nie genoeg is dat hulle klaar in die hellhole moet sit nie, moet hulle nog gordels om hulle nekke ook dra. En whats up met die kleure? Het julle al die mostert geel ouens beleef? Horrible...
En as Riaan Cruywagen die sewe uur Nuus aankondig met sy mat op sy kop en sy rooi das wat hom laat lyk soos 'n termometer. Funny stuff. Daai brother wat Dikgang aanbied het altyd so groen treffer aan met 'n bruin pak.
En niemand kan ooit die goed vou nie. Dis soos 'n talent waarmee jy gebore word en as jy dit nie het nie well...tough luck!
Dis ten minste beter as 'n bow tie.
Ok...gaan eet 'n chilly.
=>
No comments:
Post a Comment