This is where it all starts...

Thursday, 28 April 2011

'n Spectacular Tyd...

'n Ding wat ek altyd oor wonder is plaatspelers, plate en die tyd van plaatspelers en plate...

Hoe het dit gewerk? Het elke kind 'n plaatspeler in hulle kamer gehad? En was daar 'n plaatwinkel waar al die cool kinders gehang het met hulle mullets, jean baadjies en Fresh Prince of Bell-Air skoene? Of het hulle in die middag van die hellhole afgekom, met hulle 100 broers en susters baklei en dan hulle favourite Queen plaat opgesit en gedisco, Grease style, in die living room?

Eks seker die in ding was rokke wat gelyk het soos ouma se gordyne en daai hare wat lyk of dit kan reën opvang aan die voorkant. Die tyd van pantyhose en bloomers. Waar die kinders met klippe karretjies gespeel het en skottelgoed gewas het in hulle free time en klei osse gebak het in die pizza oond.

Dink dit moes nogal 'n spectacular tyd gewees het!

Dit kos niks om te smile nie né. En moenie aan jou oë vat as jy aan 'n chilly gevat het nie.

=>

No comments:

Post a Comment