Deesdae stap ek so in Checkers rond vir fun...ja my lewe is vol. Ek hou daarvan om die mense te observe en te sien hoe hulle die ervaring ervaar op hulle gesig. Daar stap so ou tannie met haar trollietjie en sy clutch haar handsak onder haar arm asof iemand haar geldjies gaan vat en sy strole op haar tyd...daar kom 'n antie agter haar ingestap wat haastig is en die kind wat aan haar hand vashou vlieg omtrent soos 'n ragdoll deur die lug soos haar ma haar trek. Daai vrou sug so toe sy agter die tannie kom dat sy die tannie se hele blomkool perm opmors. Haha...lag so in my mou.
Die interessantste ding is seker die mense wat staan by die toiletries rak. Daai mense staan en staar na die shower gels asof dit 'n election is. En dan, in slow-mo, reach hulle na die een wat hulle oog vang. En dan...man is dit 'n glorious union! Die smiles breek so een vir een uit. Dan dink ek...is dit wat jou gelukkig maak? R40 seep? En die bubblebath...daar is nogal 'n verskeidenheid. En hulle staan so voor dit, nederig, so as hulle die verkeerde een kies gaan die wêreld tot stilstand kom en almal gaan groen rokke dra. En dan cross die thought my mind...dit maak nie saak watter kleur jy koop nie, die bubbles gaan WIT wees. Lyk my nie hulle besef dit nie. En moet dit ook nie sê nie...jy sal doodgekyk word. True story.
Just a simple observation. Have a great day!
Be kind. Spread the gospel. You know you want to!
Tadala.
=>
No comments:
Post a Comment