Jis...sit en surf nou so deur die channels. Daar is absoluut niks op TV nie. DSTV is 'n flippen rip-off. Ek onthou 'n eenvoudiger tyd van net 4 kanale hê SABC 1-4. Daai was goeie tye. Die dae van Yo-Tv, met Sipho, Carly en Sadé. Toe hulle Teletubies, Sneeuwytjie en Heidi na mekaar gewys het. Amazing tye. Waar ons reg voor die TV op die mat gesit het met ons bo-lippies wat rooi is van te veel rooi koeldrank drink. Jaaa...those were the days. Die dae van video tapes en kassette in die radio. Powerangers en Ninja Turtles. Oh yes...
Nou sit en dink ek...daai was die legit superheroes. Kyk waarna moet die kinders nou kyk. Ben 10, Pokémon, Dragon Ball flippen Z. Nie eers Barbie is meer cool nie. Haha. Ek onthou toe ek klein was het ons Tazo's versamel. Wie onthou nog Tazo's? Die grootmense het gesê dis duiwels en die seuntjie in my graad 3 klas het Ash se oë uitgekrap, hom in sy space case gesit en was oortuig daarvan Ash klop aan sy deksel. Jis ek love kinders! Blerrie gullible! But so sweet...
En dan sonder waarskuwing...bam...verander hulle in hormonal moody little adults en innocence verdwyn soos mis voor die son. Ek dink as almal net terugkeer na daai klein mensie, even die president sal die nogal 'n cool plek wees. Just my thought.
Water is darem verskriklik nat.
Ek is op 'n 90 dag dieet sover het ek al 45 dae verloor. Yes.
Have a happy day! Be kind.
Glo soos 'n kind. Keep praying.
=>
No comments:
Post a Comment