Lees iewers dat 'n mier, wanneer dit dronk sal altyd omval op sy regterkant. Weird hé? Hoe weet "hulle" dit? Wie het dit bepaal? Hoe maak jy 'n mier dronk? En hoekom sal jy 'n mier dronk maak? Is dit diere mishandeling? Ek weet nie...
Mense is interessante wesens. Spandeer duisende rande om hulle huise insect-proof te maak, air-conditioning te install en al daai dinge en dan eet hulle in die tuin. Why? Dis altyd vir my cool om te sien hoe mense verander om by hulle tjommies in te pas. Dis vir my super lekker om in die mall te sit en na mense te kyk. Imagine hoe hulle sal lyk sonder neuse, party sonder ore. En ek moet sê party mense sal nogal daai looks af pull. Wil nog sien hoe lyk iemand met super elastic lippe. Just think. Dis hoekom ek giraffes love! Hulle het sulke lekker lippe! Ek sou graag wou weet hoe die skêr ontdek is...dit moes 'n interessante thought process gewees het. Lê en wonder nou...mense praat altyd van kamer temperatuur. Nou figure ek dit maak nie saak watter temperatuur die kamer is nie, dis kamer temperatuur. Né? Want dis 'n kamer en dis sy temperatuur. Dis mos nie die kamer se skuld as hy nie dieselfde temperatuur is al die ander kamers nie. Ons word dan altyd geleer van uniekheid en daai dinge. Kamer is nogal 'n weird woord. Sê dit baie namekaar. Insane.
Ek love taal. Gee mens iets om oor te praat. En die means om te praat. Anders het ons net heeltyd lumberjack en grotman noises gemaak. Dink net hoeveel misverstande sou daar gewees het...joh.
Anyway...happy days!
Be kind. Keep praying. The Lord knows your heart and what makes you tick.
Much love.
Tadala.
=>
No comments:
Post a Comment