This is where it all starts...

Tuesday, 2 August 2011

Kreun soos 'n ouhout deur...

Ok ok...so ekt gisteraand hierdie fiksheidsklas bygewoon, of in my geval die lack of fitness klas. Die heeltyd wat ek soontoe ry is daai liedjie van Fergie in my kop. Fergalicious. Haha. Belaglik. En eks amped hoor, reg vir die ding.

Oh my soul...het iemand al verkeerdom hande 4 voet gedoen? Ekt dit al op die tv gesien en so, maar ekt gedink dis vir double jointed mense. Toe nie...ekt nie geweet my lyf kan sulke toertjies doen nie! Dis insane. Nou moet ek al die oefeninge doen, my maag intrek...wat elkgeval nie ingetrek lyk nie al is hy...en ek moet onthou om asem te haal. Later staan die aar in my nek so dat dit vir my voel daar gaan nog 'n mens uitspring en my gesig is ROOI, hy was 2 ure na die klas nogsteeds rooi. Seker die coolste ding van oefening doen is hoe mens voel die volgende oggend...ja...alles kreun en steun en dit klink soos 'n klomp ouhout deure wat gelyke tyd oop en toe gaan. Nes daai deure in die cowboy movies. Ek hou van cowboy movies...die hoedens, die bootse en die belaglike buckels. Nogal cool. Woody is die coolste cowboy...anyway even in my slaap ek kon nie myself sover kry om om te draai nie. Ekt heelaand met my gesig in die kussing gelê.

But in the end its all worth it. Ek sal een van die dae my voete kan sien. Hahahaha. Jokes. Ten minste het ek spiere wat kan seer wees. Yay.

Eat well, exercise and die away...hahaha.

Dink so daaraan. Dis nie vet nie, dis 'n potensiële spier. Ja I know...

Ok lekker dag. Hop, skip en jump. Be kind to strangers and keep on praying.

Tadala.

=>

No comments:

Post a Comment