This is where it all starts...

Tuesday, 9 August 2011

Gewaarborgde Messe en GewaarborgdeTupperware...Hoe nou?

Ek sit en dink nou so terwyl ek my lampie bou...ok, 1ste reël: moet nooit te ingedagte raak as jy met sharp objects werk nie en moet nooit met 'n broodmes deur staal probeer sny nie. You will get injured. Dit het gewerk though. Was seker nie legit staal nie. Wie weet...nie ek nie. Hoekom nie? Want eks nie 'n staalvervaardiger nie. Nog 'n ding, moet nooit koffie drink en 5 sente tel tergelyke tyd nie, die koffie gaan omval en deur die geld syfer en die reuk van koffie gemeng met koper is vieslik. Ek dink dis koper. Sal dit gaan Google.

Ok...maar dis off-topic. Terwyl ek so sit en sny dink ek aan daai Verimark ads. Ja i know...daai ou met die pan kop wat panne adverteer. Quite ironic. Soos as 'n ambulans jou omry. Anyway, so sit en figure ek. Dit mes is gewaarborg om deur ALLES te sny. Nou Tupperware is gewaarborg om NOOIT te breek nie. Nou...wat gebeur as ek die mes vat wat deur alles kan sny en die Tupperware sny? Ok, as die mes nie succeed nie dan is dit money back. Maar as hy die Tupperware breek dan kry ek money back op dit. Né? Think about it. As ek ook weer 'n tekort aan geld het sal ek dit oorweeg. Last resort. Daar is iets wat my ongelooflik pla met daai Verimark ads. Hulle sê altyd: "New and Improved!" as iets nuut is, dan is dit die heel eerste keer wat dit iewers verskyn. Dis nou so goed ek sê dis 'n nuwe ou mens. Vang julle? En as iets improved is dan dit nie meer nuut nie. Net miskien bietjie beter, want daar is lankal so iets in die openbaar. Get your story straight.

Dis wat my brein kielie vandag.

Ok! Have a good one!

Be kind en wees die lig in iemand anders se donker!

Spread the joy!

=>

No comments:

Post a Comment