I was wondering. En die was al my Facebook status ook. Dis 'n snaakse ding, want ek kry nooit die antwoorde op my vrae nie. Ek sou dink dis oordat mense nie hou daarvan om oor kontroversiële goed te dink en praat nie. Ek kan aflei in statusse waarmee mense gemaklik is. Het ook al opgelet dat op Vrydae is almal statusse: "Dis Vrydag." of "It's Friday." Natuurlik. Daar's elke week 'n Vrydag. Die dag na Donderdag wat die dag na Woensdag is... Elke week. Letterlik. Is so. Snaaks genoeg niemand sê ooit: "Dis Dinsdag." nie. Vreemd...
But I was wondering mense wat lakens oor hulle trek...nou die normale notion is die mense gaan as spoke. Miskien, is nogal vir my weird, want dis mos presies hoe 'n spook lyk. Soos 'n laken. Dis moeilik om sarkasme in teks oor te dra. Baie. Maar kan dit wees dat die laken mense nie wil gaan as spoke nie, maar wel as matrasse? Dis tog normaal, want waar ek grootgeword het, en ek weet nie of dit oral so is nie, maar daar trek ons lakens oor matrasse. En die is nou net spekulasie. Gooi bloot 'n klip in die bos. Iewers moet die mense gehelp word. Get it right.
That's all folks.
Be kind. Keep praying. Spread the joy!
Tadala.
=>
No comments:
Post a Comment