This is where it all starts...

Saturday, 23 July 2011

Die Woordfabriek en Microsoft is in Cahoots!

Sit en kyk so lekker deur die woordeboek...ja. Daar is belaglik baie woorde wat mens kan gebruik om slim te klink. En so paar om minder intelligent te klink. Die hele ding is, mens het nou al die duisende woorde, maar ons gebruik soos, as my kalkulasies korrek is, 50 van hulle...dis 'n rowwe skatting. Daar is baie goed wat 'n rol speel soos in watter dorp jy grootword, wie jou grootmaak, omring jy jouself met mense wat die woordeboek lees ensovoorts, en so aan.

But all that put aside...ekt so gesit en dink. As 'n woord in die woordeboek verkeerd gespel is, is dit dan verkeerd? En as dit verkeerd is, hoe sal ons weet? Ek dink dit is 'n geldige vraag! Die mense by die woordfabriek kan besig wees om HAT verbruikers vir 'n moewiese ride te vat. Ons dink ons spel reg, want dit staan so in die groot vet boek van woorde. Dan sit die mense by die woordfabriek en lag in hulle mou vir ons wat blog en ons statusse update. Hulle het 10 to 1 lankal Microsoft se spellchecker gehack en hulle settings verander sodat ons dink dit help ons om reg te spel. Daar is ook die moontlikheid dat die woordfabriek en Microsoft in cahoots is. Hulle wil die wêreld oorneem met hulle reg gespelde woorde. Ekt nog altyd so spesmaas gehad dat Bill Gates en sy brille het 'n verskuilde agenda.

Maar ek gooi nou maar net 'n klip in die bos. Dit kan als onskuldig wees. Or is it...? Hier is 'n slang in die gras!

Ok...geseënde dag! Have a good one!

Lekker dag vir boomklim en garage deure verf.

Spread the Gospel! Be kind to one another!

=>

No comments:

Post a Comment