Stap die ander dag in Edgars besig om 'n broek te soek. Almal wat my ken weet ek haat shopping. Eerstens is dit in 'n stowwerige mall met 'n gekappery wat deur my brein gaan en dan staan die siel wat mens moet help daar en snuif so dat King Kong sal skaam kry. En die 2 agter die till staan en klets vir 'n vale so asof die wêreld gaan eindig as sy nie nou die storie gaan klaarmaak nie. Oh ja...net 'n voetnota, moet nooit vir die till ladies vra of hulle tee saam die klets wil hê nie. If looks could kill...
Maar elkgeval, ek loop so en in elke mall is daar aanmekaar iemand wat my hande wil was of my naels wil buff. En hulle gaan altyd aan oor mens se vel. Probeer altyd die mense dodge...but they hunt you down. En hulle is soos Jack Russelltjies kêf, kêf die heeltyd hier om mens ekt so spesmaas hulle sal enkels ook begin byt as hulle desperaat raak. En daai buisie room wat R600 kos. Rêrig? Dit word blykbaar uit die dooie see gehaal en dan praat die vroutjie met haar aksent en goue bril my so deurmekaar dat ek heel confused is. Het gevoel ek wil die pen in haar oor druk.
Die hele bank vibreer as hier 'n kar verby ry. Dis weird.
Hoekom as 'n deur oop is dan is dit ajar, maar as 'n jar oop is dan is dit nie adoor nie? En hoekom beteken fat chance en slim chance dieselfde ding?
Mmmmm...
Be kind!
=>
No comments:
Post a Comment