This is where it all starts...

Sunday, 17 July 2011

Hoe...Hoe...Hoekom? Just asking.

Daar is baie vrae wat rondwaal in my kop. Soos hoekom moet die drom eers oorloop voor hy uitgevat word? Hoekom druk mense die remote se knoppies harder al weet hulle die batterye is pap? Hoekom sê mense altyd as hulle iets soek: "Dis altyd die laaste plek waar mens kyk." hoekom sal jy verder soek as jy dit klaar gekry het?

Hoekom sal mense opstaan die hele huis deursoek vir die remote terwyl hulle net die kanaal kan oorsit op die tv? Hoekom is daar niks in die treasure chest onder die tv nie? Het hulle 'n naam vir die weefsel waarvan gras gemaak word? As iets fake leer is dan is dit mos nie leer nie...Hoekom is die kleur vir gevaar en liefde rooi? Is dit dan gevaarlike liefde?

Ok...het hieraan gedink. By 'n busstasie stop 'n bus, by 'n treinstasie stop 'n trein. Ek het 'n werkstasie...hoe nou? Is motte regtig van stof, want ek weet nie. Hoekom het die nuwe Shield ad opera musiek by? En waar kom die idiome: 'eks van my sinne beroof' en 'jys voor op die wa vandaan'? Hoekom is kinders nie meer kinders nie?

These are the questions that haunt me...

Spread the joy!

=>

No comments:

Post a Comment