Altyd in die magazines staan daar get your free gift. Dan laat dit my wonder van wanneer af is 'n gift nie free nie? Dis presies dieselfde as 'n ronde sirkel, van wanneer af is 'n sirkel nie rond nie?
En toe wonder ek verder kan mens gecorner word in 'n ronde kamer? Hoe sal dit moontlik wees? Haha. Het gisteraand gedroom 'n ninja en 'n pirate baklei. Nou eks all for ninjas. Hulle is tonne beter as pirates, those of you that disagree, 'n ninja is capable om 'n undercover pirate te wees, maar 'n pirate kan NIE 'n undercover ninja wees nie. Hy's te vuil. Maar elkgeval in die droom jaag die pirate die ninja en hulle eindig op in 'n ronde huis. Díe dat ek nou wonder oor die corner ding. Het julle al julleself wakker gelag? Dis so lekker, die mense in my onderbewussyn is belaglik snaaks. Hulle ken goeie jokes en vra altyd legit vrae wat mens lekker aan die dink sit. Soos die ander dag raak ek wakker en die een mannetjie in my slaap het gepraat hiervan. Om idees van 1 persoon te steel is plagiaat, maar om idees van baie persone te steel is navorsing. Né? Dit maak tog sin. Daai klein cowboy het 'n punt beet.
So...dit bring my by die conclusion. Stemme in jou kop mag dalk raas en aangaan, maar hulle verskaf beslis entertainment aan die vervelige deel van my brein.
Have a nice day. Be kind. Keep on praying...He's listening.
=>
No comments:
Post a Comment