So ek’t gedink, raak visse dors? En as hulle dors raak wat
drink hulle? Dis bietjie awkward vir hulle. Ek weet as ek swem raak ek mal
dors. Nou wat van die arme vissies? Ek het al visse gehad, hulle was nooit meer
as twee weke lewendig nie, dink ek het te veel kos gegee. Maar ek het hulle net
jammer gekry en baie gegee, want geen lewende ding kan so min eet nie. Ek het
ook altyd my fiets toegemaak met ‘n kombers, sodat hy nie koud kry in die aande
wanneer hy slaap nie. Shame. Miskien moet mens min gee omdat hulle so vinnig
vergeet en dan eet hulle die heeltyd en dan ontplof hulle. Bietjie weird. Ek
het altyd gesit en kyk hoe die vis swem en sy vinne beweeg, het een dag ook met
my vis gaan stap. Nie die slimste besluit nie, die bak raak swaar en dan laat
val mens dit. Dan moet jy die vis optel en hardloop vir die huis, anders dood
die arme diertjie. Intense tye daai. En die vis is glibberig dan spring hy rond
en al sulke dinge. Not smooth. Of TE smooth...
Anyway...Visse wat dors raak. Dit sal vieslik gross wees as
hulle die water in hulle tenk drink. Dis soos ‘n mens wat sy eie badwater
drink. Nie cool nie. Wonder of die antwoord op Wikipedia is. Wikipedia het altyd
my werk gecopy toe ek nog op skool was. Die onderwysers sien dit nie so nie
though, blykbaar het ek gecopy en paste. Pff...Dit is ook ‘n saak, as jy by een
persoon inligting versamel is dit plagiaat, as jy by klomp mense inligting
versamel is dit navorsing. WIE het daai reël gemaak? Dis nie so slim
gevolgtrekking nie. Gevolgtrekking is ‘n groot woord. En mens klink slim
wanneer mens dit gebruik. Blykbaar...
Maar ek kan nie regtig ‘n gevolgtrekking maak op die
onderwerp nie, dis moeilik, ek sal self fisies met ‘n vis moet praat. Hoe doen
mens dit? Sal moet gaan navorsing doen. Miskien as Flint Lockwood, Steve se
thought translator vir my leen kan dit gedoen word. Wie weet? Nie ek nie. Lewe
is moeilik. Pff...
Ok lekker dag! Probeer om baie te smile, dit maak jou lip,
mond en wangspiere fiks. Dis nie lekker as daai spiere onfiks is nie.
Laat dit juig!
=>
No comments:
Post a Comment