My theorie: Jyt genoeg tyd om maer te wees wanneer jy dood is, maar jy kan nie roompoffertjies saamvat graf toe nie. So geniet hulle hier op die aarde. Weet julle waar is roompoffertjies die lekkerste? By begrafnisse. En joke nie nou nie. By elke begrafnis waar ek nog was, was die poffertjies uitstaande. Gaan koop ek dit dan in die winkel, smaak dit bleh. Daar kort net daai ietsie. Ek weet nie of daar ‘n spesiale resep is vir begrafnis poffertjies nie, maar dis belaglik lekker!
Anyway...terug by my oorspronklike punt...
Wanneer mens 20kg verloor, mag ons dalk die beste 20kg verloor wat ons het. Ons mag dalk die gewig verloor wat ons slimheid, ons menslikheid, ons liefde en eerlikheid bevat. Wat as jy dit verloor? Dan word jy ‘n barbaar. En wie wil nou ‘n barbaar wees? Ek dink dis moontlik...Want vet hou jou warm en gee vir jou ‘n sagte landing wanneer jy val en as jy dit verloor, wie/wat gaan dan jou landing sagter maak? En dis insolation vir die winter! Jy’t nie ‘n warmkombers nodig nie!!!
Just saying!
Have a splendid day!
Laat dit juig!
=>
No comments:
Post a Comment