So vanoggend ry ek werk toe...ugh...ek dink dis flippen onredelik
om dou voor dag nog in die donker te moet werk toe kom. Hulle moet soos ‘n wet
teen dit maak of iets.Ek weet nie, maar iets moet gedoen word. Ek meen, kyk net
al die karre. Hulle ligte is aan en die rede vir al die ongelukke is omdat die
mense nog almal slaap. WANT DIS AAND!!!!
Anyway, so ek stop toe by die werk, sien die arme gogga op my kar.
Shame...toe dink ek, die feit dat hy die heel pad vasgeklou het en nie afgeval
of doodgegaan het nie is super, maar nou weet hy nie waar hy is nie. En ek weet
hoe dit voel om involuntary te trek. Dis glad nie lekker nie. So nou moet hy
terug vlieg Kraaifontein toe. Ek kon sien dis ‘n Kraaifontien gogga, hy’t baie
kommin gelê. En hy’t wings. Arme ding. Dit moet suck om vir tien kilometer in
die koue, donker wind op ‘n kar te lê en vas te hou vir jou lewe nou moet jy
nog terug motor na jou huis toe ook. My hart gaan uit na die arme diertjie toe.
Ek dink dis wat met my vlieg gebeur het. Hy’s ontvoer in die donker. Not cool.
Ek sit en kyk nou die dag so die voëls by hulle voëlbak...voëlbak
is so ‘n verkeerde word, ek meen ons praat nie van ons mensbak nie. Dis ‘n bak.
Ek wonder of die Chinese mense praat van Chinese food, of is dit net food vir
hulle. Anyway. En ek sit en wonder so, raak die ander voëls kwaad as een voël badkamer toe gaan in die voëlbak? Of freak hulle
uit en gaan tekere en sê: “Dude daar is ‘n kar net daar!” Ek sou nogal daai
conversation wou hoor. Behoort heel interessant en educational te wees!
Hulle is so gelukkig om te kan vlieg. Dis net soos
flap, flap en jy hoef nie meer na ‘n vervelige gesprek te luister nie. Moet
nogal epic wees. En jy kan gaan toer as jy wil. Hoef nie in die nagtlike ure
werk toe te gaan nie.
Die interessantste ding om te wees moet verseker ‘n
lepel wees.
True that.
Geniet julle dag.
Laat dit juig!
Onthou om te smile.
=>
No comments:
Post a Comment