So ek het ‘n ding met mense wat in flippen suits rondloop
vir fun...dis creepy. Heavy creepy! Ek meen come on...dink net daaraan. Die
persoon wat daai suit dra mag dalk net nie so gelukkig wees soos wat die
buitekant van daai costume is nie. Wat as jy by Disneyland is, en jy pose saam
met Mickey, en Mickey dink jy’s die gelukkige wenner om met ‘n mes gesteek te
word? Wie sê Mickey se binnekant lag? En...wat as ek nie te goed is met body
language nie, en Mickey se body language lyk bietjie af en ek kom nie dit agter
nie en dan steek Mickey my met ‘n mes? Nie cool nie. Ek het al een keer fisies ‘n
nar aangerand. Hy’t mos gedink hy snaaks. En daai goed los jou nie uit totdat
jy vir hulle attack nie.
Ek maak ‘n wilde raai dat die mense wat so in die costumes
rond parade dieselfde mense is as wat van huis tot huis gaan en stofsuiers en
oondjies verkoop. Hulle hou mos nie op totdat jy nie jou maandelikse salaris op
hulle spandeer het nie. Baie dikvellig. Blykbaar is “I am” die langste sin in
die engelse taal. Nou wat van “I do”????
Dieselfde lengte net daar. Wat gaan aan met die mense? En hier is
waaroor ek wonder. Baie. As iemand wat besig is om deur ‘n mid-life crisis te
gaan wegkruipertjie speel...verloor hy outomaties omdat hy nie homself kan vind
nie? Of wat? En het julle al gehoor dat outomaties klink soos ou tamaties?
Nogal cool ne!! Jis! Hoekom sê “hulle”...net
so by the way, ons het uitgevind dat “hulle” is die Huisgenoot. True story.
Ok...maar hoekom sê hulle dat 60 is middle age? Hoeveel 120 jarige mense ken
jy? Want ek ken nie een nie. EK het al ‘n tannie ontmoet wat 100 is! True
story...by Karl Bremer! Pretty cool tannie gewees! Imagine al die stories wat
sy kan vertel! Wow! 100 jaar se insane stories! Dit moet nogal cool wees om in haar
brein te bly! WOW! WOW!
Anyway! Sal weer skryf!
Lekker dag!
Spread the joy. Dit kos niks!
Laat dit juig!
=>
No comments:
Post a Comment