So I’ve been thinking...
Elke keer wanneer ek koffie drink dan kry ek ‘n pyn in my oog. Die dokter het voorgestel dat ek die lepel uit die koppie moet haal voordat ek drink. Nogal slim. Dink so aan dokters, hulle moet nogal vrek slim wees. Om al daai medikasies so uit hulle koppe te ken en net so neer te skryf, ek sal nooit ‘n dokter kan wees nie. Ek skryf te mooi. Maar hulle sê mense met baie moesies is blykbaar slim nou ek weet nie so mooi van daai een nie, maar in die geval wat dit waar kan wees, kan ek nogsteeds nie ‘n dokter wees nie. Het altyd toe ek klein was heavy baie sproete gehad van in die son speel, maar dit tel seker nie, nè?
Anyway...
Het nou die dag iets gelees en dit het my baie laat dink, wat as die cure vir Aids in die terms & Conditions staan? Ek meen, wie lees OOIT die t&c’s? Niemand sal weet nie! En ons almal gaan aan met ons lewens, en die mense met Aids, hulle gaan nou maar elke maand kliniek toe en gaan haal hulle pilletjies en drink dit elke dag, en dit kos die regering baie geld om die pille so verniet weg te gee en al die tyd staan die cure in die terms & conditions. Sal iemand ASSEBLIEF die terms & conditions gaan lees, en die mense help uit hulle misery uit? Ek gaan dit beslis nie doen nie, dis te veel!
Dink net, as jy dit ontdek kan jy basically die wêreld red van Aids en bankrotskap. Jy sal soos ‘n stanbeeld kry daar by die universiteit van Pretoria, en die voëltjies sal op jou skouer kom sit en bessies eet.
Hoe cool sal ‘n vlieënde koei wees? Huh? Het julle al daaraan gedink? Jy hoef dan nie melk te gaan koop nie, jy bel net die boer en sê jy soek melk en hy sit vir die koei ‘n GPS aan en kom reguit na jou huis toe! Betaling sal ook nie ‘n problem wees nie, sit net ‘n sakkie om die koei se nek met die geld in, of EFT net vir die boer! Dit sal belaglik cool wees!
Ok...elkgeval.
Check julle!
Lekker dag!
Laat dit juig!
=>
No comments:
Post a Comment