This is where it all starts...

Wednesday, 23 November 2011

Name tags...

Jis...as ek nou daaraan dink het ek mos lanklaas iets kom post! Ekt nou die dag so gery, en petrol is nogal belaglik duur, so ekt maar meeste van die tyd net gefree en net wanneer ek regtig moes, petrol getrek. Nou wanneer ek bored is like ek dit om draaie te gaan ry. Nou dis aansienlikk beter om in die Kaap draaie te ry as in Vredendal, want hier is meer as 3 strate. Toe ry ek so verby daai open house bordjies, en dit tref my. Ek MOET gaan kyk na die huis. Hulle het mos gewoonlik free food daar. En ek gaan kyk toe.

En weet julle wat is duurder as petrol? Eiendomsagente. I think it is safe to say hulle is rowers. Elkgeval ek spin toe 'n lekker storie, kry die laaste happie kos en daar skiet ek weer. Gaan stap toe in Tygervallei rond, op my eie, gaan daar by Cardies in en ek sien daai sleutelhouertjies wat mense se name op het . En ek kyk altyd na daai goedjies, want my naam is nooit daar nie. Toe wonder ek, wie besluit wie se name gaan op sleutelhouertjies geprint word en hoekom is Bertha NOOIT OOIT op daai lys nie. Nie dat ek een wil koop nie. Ek wil ook net vir 'n slag my naam daar sien.

En toe die ander dag kyk ek vir Cow and Chicken. Hoekom wys hulle nooit die ma en pa se gesigte nie? Toe dink ek daaraan, julle weet daai road runner mannetjie...wat de hel praat hy? Dis heeltyd beep, beep. Nooit sense nie. En hoekom het Tarzan nie 'n baard nie. Daai brother is al 300 en het nog nie eers puberty bereik nie. Dis bad people, waarheen gaan die nasie?

En ekt so gewonder oor daai rock, paper, scissors game. Waar in jou lewe gaan 'n papier 'n klip wen? Kom ek gooi jou met 'n klip dan keer jy met 'n papier en dan kyk ons wie wen...

Daai was net random thoughts. Ek dink nog altyd dat renosters is overweight unicorns. Watch. Its gonna be a thing!

Ok, lekker dag!

Be kind en gee soveel liefde uit as moontlik. Dis goed vir die siel!

Later.

=>


No comments:

Post a Comment