This is where it all starts...

Wednesday, 9 March 2011

Dink en Analiseer.

Lê nou die aand so en dink...Weet nie hoekom mens sê nou die aand nie, niemand gaan tog weet van watse aand mens praat nie. Dieselfde met nou die dag...anyway, ekt gelê en dink aan Dawid en Goliat. Nou soos ek dit verstaan is seker dat maak nie saak hoe klein mens is nie, as jy ons Vader aan jou kant het kan jy 'n reus dood gooi.

Dis die een kant, maar die ander kant kan mens sê is die les, jy moet koes vir klippe. Dit kan dalk net jou lewe red. Dink net aan al die kere wat 'n klip my kop getref het, dan is dit steke en jyt die res van jou lewe knoppe en duike op jou kop, so intens dat mense jou tune jy moet panelbeater toe gaan...wat ook nie sin maak nie, want my kop is nie 'n panel nie. Pff. Maar dis nie die punt nie...

Die punt is dat my grootste wens is dat mense dieper na stories moet kyk en nie sommer net moet aanneem dat wat jou ouers vir jou sê die waarheid, volle waarheid en niks behalwe die waarheid is nie. Dink en analiseer.

Sal baie help as jy in die toekoms nuwe stories hoor. Of mark navorsing vir iets moet doen...who knows. There's a world of possibilities!

Oh ja...en hou op klip gooi. Anders word mense se koppe verwar met panels.

Ciao.

=>

No comments:

Post a Comment