This is where it all starts...

Tuesday, 15 March 2011

Matjies...

Hier's die ding...

Staan en kyk nou die dag so vir die stortmatjie. Die ding is flippen useless...obviously want hy het gate in en as die mense in my huis klaar gestort het lyk dit of hulle op die badkamer vloer gebad het.

En nee hulle try dit nie eers droogmaak nie...so basically doen jy ice skating die eerste 3 sekondes in die badkamer. Dis nie die punt nie...

Ek dink ekt die punt nou verloor...

Wag...

Oh ja...die punt is dat daar nie meer ordentlike badkamer matjies gemaak word nie. Wie de hel het gedink dat daai hout goedjies gaan die trick doen? Punt nommer 1: DIS HOUT! En 2 dit het huge ass gate in. Dit mag dalk nou mooi lyk en als en 3 bome het nou wel gesuffer sodat jy in styl uit jou stort kan klim, dan moet jy anyway die vloer droogmaak na die tyd, maar daai matjies is dieselfde as om suiker op 'n blinde mens se braille te gooi: confusing en onnodig.

Dink Verimark moet plan maak...NOU. Miskien 'n matjie wat van die Floorwizz se materiaal gemaak is. That thing would even suck you in.

Goodnight and big balls.

=>

No comments:

Post a Comment