This is where it all starts...

Friday, 18 March 2011

Crocs...

Hier's 'n weird topic...Crocs. Jaaaa...CROCS.

Nou sover my kennis strek het 98.42% van alle mense 'n paar krokodille...even ek, maar ekt dit net in die Desember vakansie van 2006 gedra om die quad se gears te change, dis nogal seer net so kaalvoet. Dis geel Crocs net so by the way...

Eerste ding wat my pla oor die skoene is die naam. Dis 'n flippen weird naam vir skoene, tog embrace almal dit. Tweede ding is die verskeidenheid van kleure...WAAR IN JOU LEWE WIL JY SHOCKING ORANJE SKOENE DRA? Tensy jy 'n hippy is of na 'n dress up toe gaan in Brakpan...ok wag...jy hoef nie na 'n dress up toe te gaan om Crocs in Brakpan te dra nie. But that's besides the point...

Nog 'n ding is toe almal begin blommetjies en goggatjies in die gatjies sit. Dit het stupid gelyk...en nou is alle skoene van rubber mens kan nie by 'n skoenwinkel instap en die rubber en silicon rak miskyk nie.

Die GROOOOTSTE punt hier is...maak nie saak HOE gemaklik jou krokodille is nie of hoe lekker jou voete asem haal in jou skoen vol gate nie...Jy lyk soos 'n idiot in dit.

Just sayin...

See ya...

=>

No comments:

Post a Comment